# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Mejuffrou Suid-Afrika

Winnie Comyns van Kaapstad het in 1926 'n Mejuffrou SA-titel gewen in 'n landwye wedstryd wat deur die SA Lady's Pictorial georganiseer is.  Die Vrystaatse koningin was Blanca Borchenhagen; Erthel Jagger was koningin van die Kaap, Gyn Hathorn koningin van Natal, en Blanca van der Hoven koningin van die Transvaal. Kaapstad se stadsraad het in 1927 besluit om skoonheidskompetisies te verbied, want 'dit is sonder waardigheid en nie tot voordeel van die stad nie'.

Avelyn "Tootie" Macaskill van Bloemfontein is in 1948 by 'n seremonie in die Johannesburgse stadsaal as Mejuffrou SA gekroon, deur niemand anders nie as Generaal Jan Smuts.

Catherine Higgins, 'n snelskriftikster van Johannesburg, is in 1952 gekies om Suid-Afrika by die eerste Mejuffrou Heelal kompetisie in Long Beach, Kalifornië, te verteenwoordig. Sy was sewende, en die ander deelnemers het haar as 'Mejuffrou Vriendelike Gesindheid' aangewys. Die eerste amptelike Mejuffrou Suid-Afrika kompetisie is eers in 1956 gehou. 

Van 1970 tot 1976 het Suid-Afrika twee verteenwoordigers na Miss World toe gestuur. Een wit, en een swart verteenwoordiger. Die blanke skoonheid se serp het "Suid-Afrika" gesê, terwyl die swart skoonheid se serp "Afrika-Suid" gespel het. 

  • 1956 Norma Vorster
  • 1957 Adéle Kruger
  • 1958 Penelope Ann (Penny) Coelen
  • 1959 Moya Meaker
  • 1960 Denise Muir
  • 1961 Yvonne Hulley
  • 1962 Yvonne Ficker
  • 1963 Louise Crous
  • 1964 Vedra Karamites
  • 1965 Carol Davis
  • 1966 Joan Carter
  • 1967 Disa Duivenstein
  • 1968 Mitzi Stander
  • 1969 Linda Collett
  • 1970 Jillian Jessup
  • 1971 Monica Fairall
  • 1972 Stephanie Reynecke
  • 1973 Shelly Latham
  • 1974 Anneline Kriel
  • 1975 Vera Johns
  • 1976 Lynne Massyn
  • 1977 Vanessa Wannenburg
  • 1978 Yolanda Kloppers
  • 1979 Karen Sickel
  • 1980 Sandra McCrystal
  • 1981 Linda Phillips
  • 1982 Sandra de Meyer
  • 1983 Leanne Hosking
  • 1984 Lorna Potgieter
  • 1985 Andrea Stelzer
  • 1986 SAndy McCormack
  • 1987 Wilma van der Bijl
  • 1988 Janine Botbyl
  • 1989 Michelle Bruce
  • 1990 Suzette van der Merwe
  • 1991 Diana Tilden-Davis
  • 1992 Amy Kleinhans
  • 1993 Palesa Jacqueline Mofokeng
  • 1994 Basetsane Julia Makgalemele
  • 1995 Bernalee Daniel
  • 1996 Peggy-Sue Khumalo
  • 1997 Kerishnie Naicker
  • 1998 Sonia Raciti
  • 1999 Heather Joy Hamilton
  • 2000 Jo-Ann Cindy Strauss
  • 2001 Vanessa Do Ceu Careirra
  • 2002 Cindy Nell
  • 2003 Joan Ramagoshi
  • 2004 Claudia Henkel
  • 2005 Nokuthula "Thuli" Sithole
  • 2006 Megan Coleman
  • 2007 Tansey Coetzee
  • 2008 Tatum Keshwar
  • 2009 Nicole Flint
  • 2010 Bokang Montjane
  • 2011 Melinda Bam
  • 2012 Marilyn Ramos
  • 2013
  • 2014 Rolene Strauss
  • 2015 Liesl Laurie
  • 2016 Ntandoyenkosi Kunene
  • 2017 Demi-Leigh Nel-Peters