# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

 Markus, Pasop vir die groot slag

Vrek lekker en skreeusnaaks, (veral as jy 'n toeskouer is). Word deur twee persone gespeel en twee vadoeke en 'n waslap word benodig.  Die twee persone word geblinddoek.  Hulle staan op hulle knieë met hulle gesigte na mekaar en hou 'n waslap styfgetrek met hulle linkerhande op die grond vas.  Een speler sê vir die ander "Markus, pasop vir die groot slag!" en slaan dan na die ander speler  met die vadoek wat hy in sy regterhand hou.  Dan kry die ander speler weer kans om na sy opponent te slaan, maar hulle moet mekaar waarsku deur te sê "Markus, pasop vir die groot slag!"

Dit is gewoonlik baie snaaks, omdat die persone mekaar nie kan sien nie.  Ek weet ons het altyd in die plek van vadoeke, opgerolde koerante gebruik as slaanding. (terug)