My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Mabel help haar Pappie

Pappie was onder in die tuin besig om ertjies te plant. Hy het die rye sorgvuldig gemaak, sodat die ertjies in mooi, reguit rye kon staan.

Mabel het gestaan en kyk wat haar Pappie doen, en toe het sy besluit om ook ertjies te plan. Sy het haar grafie gevat en 'n gat in die grond gegrawe. Daarna het sy na haar Pappie gegaan en gesê: "Pappie, gee my asseblief ook ertjies om te plant."

Haar Pappie het toe van die saad vir haar gegee, en Mabel het hulle in die groot gat gegooi wat sy gegrawe het, en toe het sy hulle met die grond teogegooi. Pappie het omgekyk om te sien wat sy maak, en hy het gesê; "Nee, kindjie, jy het daardie ertjies te diep geplant; hulle sal nooit kan opkom nie."

"Hulle sal opkom," het sy gesê, "maar ek sal nog meer plant vir geval hulle miskien nie opkom nie." Maar haar Pappie het toe reeds al sy saad geplant, en Mabel was baie teleurgestel. En hoe dink julle wat het sy toe gedoen? Julle sal nooit raai nie.

Wel, toe haar Pappie nie gekyk het nie, het sy gegaan na die ry wat hy klaar geplant het, en van die ertjies uitgegrawe. Op daardie oomblik het Pappie omgekyk en gesê; "Jou stoute kind! Wat maak jy daar?"

"Ek haal die ertjies uit," het Mabel gesê, "want ek het nie genoeg gehad nie."

"Wil jy nou meer!" het Pappie gesê. "Sal sy nie mooi my ertjies gaan opgrawe nie. Jy is baie stout, Mabel."

"Maar hulle sal hier net so goed groei as daar," het Mabel gesê, terwyl sy nog 'n diep gat grawe en die ertjies wat sy uit haar Pappie se ry gegrawe het, daarin gooi.

"O nee, hulle sal nie," het Pappie gesê. "Jy moet noit weer goed neem wat nie aan jou behoort nie. As jy die saad laat staan het waar hulle was, sou hulle baie mooi gegroei het, maar nou sal hulle nie groei nie."

'n Paar weke later was Mabel en haar Pappie weer in die tuin. "Wat 'n mooi ry ertjies," het Mabel gesê. "Ja", maar dit is bederf deur daardie gaping, is dit nie?"

"Ja," het Mabel gesê, "is dit waar ek die saad uitgegrawe het?"

"Dit is", het Pappie gesê, "en waar is daardie ertjies nou?"

"Ek kan hulle nêrens sien nie," het Mabel gesê. "Nee," het Pappie gesê, "en jy sal hulle ook nooit sien nie. 'n Mens win nooit iets as jy stout is nie. Ek dink het het onder toe gegroei."

En hulle het ook.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Natuurlik het hy die sleutel morsaf in die slot gedraai. "Nou het hy dit! Nou sal ek dit glad nie kan oopkry nie," het hy huilend gesê.

"Skielik het hy die hamer daar sien lê.

"Nou sal ek hom oopmaak," het hy gesê, "kom wat wil."

Hy het die kissie met die hamer begin slaan dat dit so dreun.

"Oop is hy", het hy geluister, toe hy die slot heeltemal stukkend geslaan het. "Wat het jy nou gedoen?", het Moeder gesê, "en jy sal dit nooit weer kan toemaak nie. Hy het dit so gebreek dat dit nie reggemaak kan word nie. En daardie kissie het R2 gekos."

"Het dit?" het Henry verbaas gevra.

"Natuurlik het dit," het Moeder gesê, "en jy sal mooitjies 'n nuwe een moet koop."

Nou was Henry baie spyt oor wat hy gedoen het. "En wat lê hier op die vloer?", het Moeder gevra terwyl sy buk en iets optel. "Wat is hierdie?"

"Dit is my kissie se regte sleutel," het Henry baie skaam gesê. "Ek het al die tyd met die verkeerde sleutel gesukkel. Waarom het ek dit tog nie agtergekom nie? Dan sou my kissie nie nou heeltemal stukkend gewees het nie."

"Weet jy," het Moeder saggies gesê, "dit is nooit goed as 'n mens ongeduldig word nie. 'n Mens begaan altyd foute wanneer jy kwaad word."

Henry het niks gesê nie, maar onderweg na sy vriend het hy baie ernstig nagedink. Hy sal nie gou weer so 'n dwase ding doen nie.

< >