Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell
Maak die kolebak vol
Vader was besig om die koerant te lees; Moeder het gesit en brei, en Tim en Tiny het by die tafel gesit, besig met hulle huiswerk.
"Dit begin koud word," het Vader gesê. "Tim sal jy nog steenkool bring vir die vuur!"
Tim het opgestaan en na die koolbak gegaan. "Dis leeg," het hy gesê, terwyl hy weer met sy huiswerk begin.
"Wel, ons sal nog steenkool moet kry, of anders sal die vuur doodgaan. Maak die bak weer vol."
"Dit is Tiny se beurt om dit te doen." Tiny het opgekyk.
"Wat sê jy daar?" het hy gevra. "My beurt? Dit is glad nie my beurt nie; dit is Tim se beurt. Ek het die bak laas volgemaak, en ek gaan dit nie nou weer doen nie."
"Maar ons moet steenkool hê," het Vader gesê.
"Maak die bak vol."
"Dit is Tiny se beurt," het Tim met nadruk gesê. "Dit is nie my beurt nie," het Tiny net so beslis gesê. "En in elk geval het ek die skottelgoed vanaand gewas; hy het maar net afgedroë, dus behoort hy die bak vol te maak."
"Ek sal dit nie doen nie," het Tim gesê. "En as jy van skottelgoed wil praat, ek het na die middagete die goed gewas."
"Gister het ek na die ontbyt die skottelgoed gewas, en dus-"
"Maar wat van die steenkool?" het Vader gevra. "Ek wag vir die seenkool. Wanneer gaan julle dit bring?"
"Dit is Tiny se beurt," het Tim weer begin. "Kyk hier, kêreltjie, dis nou genoeg. Gaan julle albei nou na buite, en besluit wie die steenkool gaan bring, en julle kom nie daarsonder terug nie. Maak gou, of die vuur gaan heeltemal dood."
Die twee seuns het mekaar aangegluur en hulle is na die deur. Buite kon Vader hoor hoe hulle mekaar oor en weer opstry.
"Dis jou beurt."
"Dit is nie, dis joune!"
"Wel, ek gaan dit nie inbring nie. Jy moet dit doen."
"Dis jou werk."
"Dis nie my werk nie. Jy moet dit gaan haal."
Na 'n rukkie is die stemme nie meer gehoor nie, en die twee is na die stoorkamer. "Ek wat nou daar aangaan," het Vader aan Moeder gesê. "Dit lyk my dat ek sal moet gaan kyk."
"Nee, moenie gaan nie," het Moeder gesê. "Laat ons wag en sien wat hulle doen."