# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Loretta Lynn

Loretta Lynn is gebore op 14 April 1932 in Butcher Holler, Kentucky. Die verhaal van 'n swak opgevoede vrou, uit die steenkool-heuwels van Kentucky. Wat getrou het op 13-jarige ouderdom en geboorte gegee het aan haar eerste kind op 14-jarige ouderdom. Ingelyf in 1988 in die Country Hall of Fame in die V.S.A as een van haar geliefste dogters.

Loretta Web is gebore in 'n een-vertrek 'wood cabin log' as die tweede van agt kinders. Op 13-jarige ouderdom woon sy 'n sosiale funksie by waar sy 'n 'baked pie' moes inskryf. Die wenner (hoogste bot) kry die pastei, en ook die voorreg om die bakster te ontmoet. In plaas van suiker, gooi sy sout by in die resep. Die wenner was Mooney Lynn, wat pas teruggekeer het nadat hy in die weermag gedien het. 'n Maand nadat hulle ontmoet het, drie maande voor haar 14de verjaarsdag is Loretta en Mooney getroud.  

'n Jaar later besluit Mooney om na Washington te verhuis, omdat hy verneem het dat werksgeleenthede beter daar was. Vir die eerste keer verlaat Loretta haar tuisdorp. Teen haar agtiende verjaarsdag, was sy swanger met haar vierde kind. Loretta het grootgeword met Country musiek. Mooney het haar aangemoedig om te sing, en koop ook haar eerste kitaar. Hy reël ook dat sy by Grange Hall, 'n plaaslike uithangplek, gaan sing. Mooney brag by die eienaar dat sy vrou mooier as enige iemand kan sing wat hy ken, uitgesonder Kitty Wells. Gou word sy deel van 'n groep, en 'n paar maande later vorm sy haar eie groep. 

In Februarie 1960 teken 'n klein platemaatskappy - Zero Records - haar, en stuur haar na Los Angeles om vier liedjies op te neem. Die plate is gedruk en sy en Mooney reis na elke radio stasie deur die land wat bereid is om haar liedjies te speel. Haar liedjie "I am a Honky Tonk Girl" bereik #14 op die musiektrefferslyste in 1960. Tydens haar besoek in Nashville besoek sy die Wilburn broers en word geskryf deur Decca Records.  

Haar gewildheid neem toe en sy wen die CMA se Vroue Sangeres van die Jaar Toekenning in 1967, 1972 en 1973. Sy verskyn op verskeie TV programme. Haar signature song, Coal Miner's Daughter - een van haar grootste treffers word in 1970 opgeneem. Haar eerste liedjie saam met Conway Twitty vind ook in 1970 plaas - die begin van een van die mees suksesvolste duet-pare in die geskiedenis van Country Musiek. Hul lied - After the Fire is Gone - word 'n  #1 treffer op al die trefferslyste. Lynn en Twitty wen die CMA Duet paar van die Jaar vanaf 1972 - 1975, ongekend in die musiekbedryf.  

Van hul vele treffers is onder andere Lead me on, Louisiana Woman en As Soon as I hang up the Phone. In 1976 verskyn Lynn se outobiografie, getiteld Coal Miner's Daughter - en word 'n blitsverkoper. 'n Treffer film spruit ook uit die boek, met Sissy Spacek wat die hoofrol vertolk. Haar tweede outobiografie, Still Woman Enough, verskyn in 2002.  

Out of my Head and back in My Bed, I've Got a Picture of Us on My Mind, en 'n beskrywende titel van haar lewensverhaal - We've Come a Long Way, Baby, hou haar op die treffersparades reg oor die wêreld.  

In 1988 word Lynn verkies tot die Country Music Hall of Fame in Amerika. Die eer en hulde word haar toegeken vir sowel haar loopbaan, as haar invloed op vroue wat deur haar musiek geraak is. In Desember 2003 word sy vereer met die Kenny Center Honors. Na haar man se dood in 1996 keer sy terug na solo opnames na meer as 'n dekade van duette saam met Twitty. Still Country verskyn in 2000. Haar liedjie - op die album - Country in my genes, word haar 78ste liedjie wat die treffersparade haal.

Lynn werk steeds so dikwels as sy wil en kan, en gehore omhels nog steeds die gunsteling Country dogter met haar juweel stem en persoonlikheid. Lynn se krities-bekroonde album, Van Lear Rose, wat deur White Stripes se Jack White vervaardig is, wen twee Grammy Awards in 2004.    

Loretta Lynn

 CD's Op Die Rak

37. Van Lear Rose 2004

36. Still Country 2000

35. Making more memories 1994

34. Who was that Stranger 1988

33. Just a woman 1985

32. Lyin', Cheatin', woman 1983

31. Making love from Memory 1982

30. I lie 1981

29. Lookin' good 1980

28. Loretta 1980

27. We've come a long way Baby 1979

26. Out of my head and back in my bed 1978

25. I Remember Patsy 1977

24. Somebody, Somewhere 1976

23. When the tingle becomes a chill 1976

22. Home 1975

21. Back to the Country 1975

20. They don't make 'em like my daddy 1974

19. Love is the Foundation 1973

18. Entertainer of the Year 1973

17. Here I am again 1972

16. One's on the Way 1972

15. You're looking at Country 1971

14. I wanna be free 1971

13. Coal Miners' Daughter 1970

12. Wings upon your Horns 1970

11. Woman of the World 1969

10. Your squaw is on the Warpath 1969

 9. First City 1968

 8. Singin' with feelin'  1967

 7. Don't come home a drinkin' 1967

 6. You ain't woman enough 1966

 5. I lie 'em Country 1966

 4. Blue Kentucky Girl 1965

 3. Songs from my Heart 1965

 2. Before I'm over You 1964

 1. Loretta Lynn Sings 1963

As Soon As I Hang Up the Phone.mp3