# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Little Nashville Country Musiek Fees 6 - 8 Maart 2014 Sharky Town

Die derde 'Little Nashville Country Music Festival' vind op 6 - 8 Maart 2014 by Sharky Town in Vanderbijl Park plaas. Wat 'n Fees beloof dit nie te wees nie! Beslis een van die kulturele hoogtepunte vir die Vaaldriehoek die afgelope drie jaar. 54 Country Kunstenaars oor drie dae in 'n "Skouspel-formaat."  Volgens Marius de Vos, organiseerder groei dié fees jaarliks en beloof hierdie jaar die grootste te wees. Onder die top kunstenaars wat vanjaar deelneem is Jody Wayne, Lance James, Manie Jackson, Barbara Ray, Herby van Zyl en die Kannie Warries Country Band sal duisende besoekers vermaak met net die beste Country in Suid-Afrika. 

Hoofborge Imperial GM Vaal, IFM 102.2 en Klub Melodie bied hierdie jaar se fees aan - en ook die vyftiende SA Country Top 10 Melody Toekennings. 

Hekke open daagliks om 11:00am. 'n Feeskaartjie, vir die volle drie dae, beloop slegs R100 of, indien jy net 'n spesifieke dag kan bywoon, R50 per dag. Die fees word geopen deur Manie Jackson, wat 'n huldeblyk doen aan Jim Reeves, en Elzé wat 'n huldeblyk doen aan Cora Marie. Die afskop van die Little Nashville Country Festival is elke jaar vir my één van die belangrikste oomblikke, beaam Marius De Vos. In 2012 is hulde gebring aan Bles Bridges en in 2013 aan Charles Jacobie. Cora is dié jaar 20 jaar terug oorlede, Jim 50 jaar en Patsy laasjaar 50 jaar terug oorlede. Die opening skop af om 12:00 op die 6de Maart, en moenie misgeloop word nie. Die dag word verder ingekleur deur verskeie optredes en ook die Nasionale Country-toekennings, die Melody Awards, later die aand. Toegang vir die hele dag beloop R50 vir volwassenens en R20 vir kinders. 

Kunstenaars wat tydens die drie dae gaan optree is Jody Wayne, Lance James, Clive Bruce, Pieter Naude, Dennis East, Elsabe Rademeyer, Billy Forest, Peet Vorster, Bobby Angel, Marius de Vos, Fredi Nest, Henco du Toit, Hennie Ungerer, Jason Bradley, Jay-B, JJ Strydom, Barbara Ray, Rinel Day, Kannie Warries Country Band, Carlo Leone, Amanda Hayes, Dan Huston, Chantell Williams, Ampie Volschenk, Gerry Lee, JB van der Merwe, Andre Bezuidenhout, Lee Vaughn, Pieter Mohr, Letitia Ryno van Niekerk, Monique Leite, Paul Ferns, Natalié Green, Jodine Pelser, Maritza, Amanda Hayes, Charlotte Bennett, Elzé, Faan Rosseau, Sally Vaughn, Suzette Jacobs, Shireen Blatt, Jason Bradley, Anton Myburgh, Paul Greeff, Henri van Vuren,  Nico Booisje, Zander van Wyk, Chantel Williams, Carla en Ryno Van Niekerk, Roy Jacobs, PJ Quentin van Eyk,Stephan Visagie, en Daniel Prinsloo.

2013: Melody Awards Toekennings

Country Sanger van die Jaar: Lance James

Country Sangeres van die Jaar: Maritza

Country Groep van die Jaar: Anton Myburgh & Manie Jackson

Country Nuweling van die Jaar: Louwtjie Naudé

Country Nommer 1 Treffer van die Jaar: Mother's Love Anton Myburgh en Manie Jacskon

Country Album van die Jaar: For Tears to come Lance James

Country Gospel Treffer van die Jaar: Cowboys and Angels (Manie)

Country Top 10 Kunstenaar van die Jaar: Manie Jackson

Country Komposisie van die Jaar: Mother's Love van Anton Myburgh, Manie Jackson

Beste Verwerking van 'n bestaande Country lied: Delta Dawn deur Chantel Williams Folsom Prison Blues deur JJ Stephens (word gedeel)

Vaaldriehoek Countryster van die Jaar: Manie Jackson

Country Top 10 Treffer van die Jaar: La Luna Blue van Shireen Blatt 

Legende Status Toekenning: Barbara Ray

Platemaatskappy van die Jaar: Vonk Musiek

Nashville is die hoofstad van Tennessee in die Verenigde State van Amerika - en die hoofaar van Country musiek in daardie land. Só is Vanderbijlpark, die hoofaar van Country musiek in Suid-Afrika. Nashville huisves ook die Country Music Hall of Fame en Museum. Hank Williams word in 1961 die eerste 'Hall of Famer" gevolg deur onder andere Jim Reeves 1967, Patsy Cline 1973, Kitty Wells 1976, Johnny Cash 1980, Willie Nelson 1993, Tammy Wynnette 1998, Kris Kristofferson 2004, Don Williams 2010 en Kenny Rodgers 2013.

Klankstromers kan natuurlik inskakel op IFM 102.2 om meer van die Fees uit te vind, of Francis by 079 079 0491 skakel vir meer inligting oor kunstenaars, programme of stalletjies. Stalletjies word teen R250 vir die volle drie dae uitverhuur.

Sharky Town is bekend vir sy verskeidenheid Afrikaanse kunstenaars wat daar optree. Alle genres word akkommodeer, maar baie moeite word met Country musiek gedoen. Elke vrydagaand en saterdagaand word Afrikaanse musiek behoorlik geniet, met bekostigbare ingangsfooie en fantastiese kosse en kontant kroeg. Jy kan IFM DJ, Marius de Vos, ook persoonlik by Sharky Town ontmoet. 


SA Topsites ::
little nashville country music festival
little nashville country music festival
little nashville country music festival
little nashville country music festival