My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Leon se geheim

"Pappie," het Leon geroep vanwaar hy daar op die tapyt voor die kaggel sit.

"Ja, wat is dit?" het Pappie daar agter sy koerant geantwoord.

"Pappie, het Leon weer vir die hoeveelste keer gesê binne die afgelope halfuur.

"Wat is dit?" het Pappie moedeloos geantwoord, want omtrent elke minuut vandag hy begin lees het, was dit "Pappie!"

"ek het 'n geheim om vir Pappie te vertel."

"O het jy? Dit is gaaf," het die stem daar agter die koerant gesê.

"Moet ek vir Pappie nou kom vertel?"

"vertel dit maar vir die kat, Leon. Hy sal dit graag wil hoor."

"Goed Pappie."

Met 'n harde fluisterstem het Leon toe die geheim aan die kat vertel.

"Pappie!"

"Jaaa Leon."

Ek het die kat vertel. Mag ek nou vir Pappie vertel?"

"Vertel dit maar aan jou beertjie," het Pappie gesê, hopende dat hy nou 'n paar minute vrede sou hê.

"Goed, Pappa."

Toe is die geheim stilletjies aan die beertjie vertel. Maar ongelukkig vir Pappie het dit nie so lank geneem soos hy gehoop het nie.

"Pappa!"

"Hê."

"Pappie!"

"Wát is dit Leon?" het Pappie ongeduldig gevra.

"Ek het die kat en die beertjie vertel. Mag ek nou vir Pappie vertel?"

"Vertel die kaboutertjie," het Pappie gesê as 'n laaste uitweg, om sy koerant rustig verder te kan lees.

"Goed Pappa."

Net so plegtig is die waardevolle inligting nou aan die kaboutertjie vertel en teen daardie tyd ook het Leon taamlik behendig geword in die kuns om geheime te vertel en hy het sommer gou klaargespeel met die kaboutertjie.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

"Pappie!"

"Wat is dit nou weer, Leon?"

Ek het die geheim aan die kat en aan die beertjie en aan die kaboutertjie vertel. Mag ek dit NOU vir Pappie vertel?"

"Kom vertel tog maar," het Pappie desperaat en sugtend gesê.

"Dan moet Pappie die koerant neersit," het Leon gesê, want hy wou sy Pa se onverdeelde aandag hê.

"Ek sal, nou is ek gereed vir jou."

"Luister," het Leon gesê, met sy lippies teen sy Pa se oor. Toe het hy weer sy koppie teruggetrek en gesê: "Dis 'n geheim Pappie en Pappie moet belowe om dit aan niemand te vertel nie."

"Goed, ek belowe."

"Luister jy Pappa?"

"Ja, ek luister."

"S-j-u-u-t."

"Is dit die geheim?" het Pappie gevra.

"Nee, ek sal dit nog vertel."

"Wel, wat is dit dan?"

"Pappa, ek het jou vrééslik lief."

"Is dit nou die geheim?" het Pappie verbaas gevra.

"Ja, dit is die geheim."

"Jou dierbare ding! Dit is beter as ál die nuus in hierdie koerant. Dankie Leon!"

< >