# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Chad Guy Bertrand le clos is op 12 April 1992 in Durban gebore. Hy is 'n Suid-Afrikaanse swemmer wat tans die Statebondspele-kampioen en rekordhouer in die 200 meter vlinderslag is.

Le Clos swem al van jongs af en het op die ouderdom van 10 begin om aan kompetisies deel te neem. In 2010 amtrikuleer hy van die Westville Boys' High School in Durban. Hy wen die Daily News Spar Sports persoon van die jaar toekenning in sy matriekjaar, waartydens die top sportiewe skoliere vereer word. Hy maak sy Internasionale debuut by die Swem Wêreldkampioenskap van 2009 in Rome. Hier behaal hy die 17de plek in die 200m vlinderslag en 16de plek in die 400m wisselslag. In 2010 wen hy vyf medaljes tydens die Jeug Somerolimpiade in Sangapoer, waaronder goud in die 200 meter wisselslag. Tydens die 2011 Swem Wêreldkampioenskap in Sjanghai eindig Le clos in die vyfde plek in die 200 meter vlinderslag. In die 100 meter vlinderslag word hy tydens die halfeindronde uitgeskake.

Hy wen 'n goue medalje in 200 meter vlinderslag tydens die Olimpiese Somerspele van 2012 met 'n tyd van 1.52.96 sekonders. Micheal Phelps van die VSA moes met 'n tweede plek tevrede wees. Daarna ontrek hy homself van die 200 meter individuele wisselslag om op die 100  meter vlinderslag te konsentreer. Le Clos en Evgeny Korotyshkin van Rusland eindig beide tweede in die finaal (silwer medalje) met 'n tyd van 51.44 sekondes terwyl Phelps met die houe medalje wegstap.