# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie


 

BALLADE

Klein seuntjie, klein seuntjie waarvandaan kom jy?

Jou gesig is so bleek, jou liggaam so skraal!

Tannie, ag tannie, ek woon langs die wei

En my ma’t gesê ek moet hout gaan haal.

Maar seuntjie, lief kind, dis gevaarlik daar buit’,

Die pad is verlate, die lug is reeds vaal.

Tannie, dis hoe hul hardkoppigheid stuit

En nou moet ek swoeg om daarvoor te betaal.

Maar kindjie, daar’s bloed op jou hals en jou hand!

Jou blond’ haar’ is verwar en rooiagtig gevlek!

Die Heer sal my nog in die vuur laat brand

As die straf nie eers hier en nou word voltrek!

My kindjie, O hemel! Jy’s klein en jy’s maer!

Jy’s onskuldig, te jonk om verdriet te moet draag!

Maar tannie, ek maak hul die lewe swaar –

Ek is ongenooi, vir hulle ‘n plaag!

O hemel! Soet kind! Dis ‘n wrede onreg!

Jy’s ‘n tere kind – en tog moet jy ly?

Tannie – die lig het nou heelwat versleg

Daar’s baie te doen: Mag ek verby?

,,My ma’t gesê ek moet hout gaan haal.”

(Die klein seuntjie is ‘n allegoriese voorstelling van die jong Boerenasie. Die volwassenes - die ma en die tannie - verteenwoordig die koloniale moederlande.)

                © Pieter Cohen Hamburg