# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Donderdag middag, om 15h00 gesels ek oor Jan Spies. Het jy geweet dat as jy cappuccino drink, daar 'n aap in jou koffie is? Waarom staan 'n mens se strottehoof bekend as 'n adamsappel? Is die dahlia regtig na die Sweedse plantkundige Anders Dahl vernoem omdat die blomblare soos sy onversorgde baard en hare gelyk het?

Die vrae het almal met eponieme te make: woorde wat gevorm is op grond van mense of plekke se name. Daarom is dahlia, adamsappel en cuppuccino eponieme.In Die Aap in jou Koffie beantwoord die gewilde woordeboekmaker, Anton Prinsloo, ongeveer 2,000 van hierdie soort vrae. Die skrywer se besondere humorsin maak dit 'n andersoortige woordeboek - een wat mens met 'n glimlag lees.

Luister op jou rekenaar, jou iPhone, Tablet, jou Blackberry, iTunes, Streema of TuneIn. 'n Program wat hom toewy aan mense met 'n liefde vir Afrikaans. Dié taal is vir my kosbaar! Hier dink ons in Afrikaans. Lag in Afrikaans. Vervloek in Afrikaans. Hier vertel ek die Afrikaanssprekende se geskiedenis van 1652 tot die hede.

Speellys 3 Oktober 2016:

  • Oom Faan se plaas ♪ Refentse
  • Stop, wag, bly nog 'n bietjie ♪ Brendan Peyper
  • Dis 'n land ♪ Karen Zoid
  • Bonfire Heart ♪ James Blunt
  • 7 Jaar ♪ Jan Blohm
  • Sal jy met my dans? ♪ Kurt Darren
  • Jy is die storm ♪ Dewald Wasserfall
  • Ferme jongens, stoere knape ♪ M. Mans
  • Boemelaar ♪ Bobby van Jaarsveld
  • Op asem van Engele ♪ Arina de Wit
  • Suspicious Minds  ♪ Steve Hofmeyer
  • Die veldslag ♪ Coenie de Villiers
  • Gebed van 'n Ouers ♪ Rina Hugo