# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

...Hy hou sy lyf kokkedoor. Hy hou hom belangrik. In die Middeleeue was die kakadoris 'n kwaksalwer wat sy geneesmiddels met 'n groot geskreeu op die mark aangekondig het. Selfs menslike uitwerpsel was 'n bestanddeel van die middels. Die kakdoris het later kokedoris geword. In Suid-Afrika het die Engelse cock of the walk ook 'n invloed gehad om die huidige betekenis te bepaal as leier. Volksetimologie van die Fr. cog d'or (haan van goud) is ook moontlik.