# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Katie, Chris en die Kersboom

Dit was die dag voor Kersfees, en daar was nog geen kersboom in die eetkamer soos gewoonlik nie.

Dag na dag het Katie en Chris gekyk, en gehoop om die Kersboom daar te sien soos in vorige jare, maar daar was geen boom nie. Hulle het gewag en gewag, en verwag om dit enige oomblik daar te sien, maar hulle het tefergeefs gekyk.

Dit was nou al die heel laaste dag, en hulle het gevoel dat hulle nie langer kon wag nie. Hulle sal verplig wees om Mammie te spreek oor die saak, en hulle het.

"Mammie," het Chris gevra, "gaan ons dan nie vanjaar 'n Kersboom hê nie?"

"Dit is al Kersaand," het Katie gesê.

Moeder was baie verleë; sy het hierdie oomblik gevrees.

"Kinders, ek is baie jammer," het sy gesê. "Ek is bevrees dat ons vanjaar nie een sal hê nie. Ek het vir Pappie gevra om een te bring, maar hy was so besig dat hy heeltemal vergeet het. Hy het my gisteraand vertel, en nou is dit te laat. Ons woon so ver van die dorp af dat ons nooit een betyds sal kan kry nie."

"Ag Moeder!" het Chris gesê, "ons hou dan so baie van 'n Kersboom daar in die hoek. Ons kan nie Kersfees vier sonder 'n boom nie."

"Dit is baie jammer," het Moeder gesê. "Ja, ons wil 'n boom hê," het Katie ook gesê.

Die twee kinders is baie hartseer daar weg. Maar kon niks aan die saak gedoen word nie. Ten minste, so het dit gelyk.

Die twee kinders het saam raadgehou, en Katie het gesê, "Chris, dink jy dat Jesus ons 'n Kersboom sal stuur as ons Hom vra?"

"Moontlik sal Hy," het Chris gesê.

Sonder om Moeder daarvan te vertel, het hulle neergekniel en Jesus van hul teleurstelling vertel, en hoe graag hulle 'n Kersboom wou hê.

Julle mag sê dat dit lawwigheid is om Jesus om 'n Kersboom te vra! Wel, dit is 'n bietjie vreemd. Maar Jesus verstaan kinders, en Hy wil graag hê dat hulle Hom moet vertel van hulle begeertes. Hy hou daarvan om kinders te verras! Ek weet dat dit so is.

Daardie aand, nadat Katie en Chris reeds gaan slaap het, is daar aan die deur geklop. Dit was hulle buurman op die ander plaas, en hy het 'n snaakse verhaal vertel.

Hy sê toe hy daardie aand van die dorp af kom, het hy 'n vreemdeling langs die pad teëgekom, wat hom gevra het of hy iets sal saamneem na die huis van Katie en Chris. "Ek het die man goed beskou," het die buurman gesê, "maar ek het nie geweet wie hy was nie; dis nie iemand wat ek al ooit tevore gesien het nie, en ek woon my hele lewe lank al in hierdie buurt."

"Dis baie snaaks," het Moeder gesê. "Wat het hy u gegee om vir ons saam te bring?"

"Dit is nog die snaakste van alles,"het die buurman gesê. Hy het my 'n kersboom gegee, en ek is seker dat julle alreeds een het."

"Maar ons het juis nie," het Moeder uitgeroep. "En die kinders wil so graag een hê. Wie kan dit wees wat vir ons een gestuur het?"

"Ek weet nie," het die buurman gesê, "hier is dit en dis 'n baie mooi boom."

Toe Katie en Chris - hulle het hulle ore gespits om te hoor wat aangaan - die woord 'Kersboom' hoor, het hulle albei voordeur toe gehardloop waar Moeder en hulle buurman staan.

En daar was die Kersboom, seker die mooiste een wat hulle nog ooit in hulle lewe gesien het. "Wat 'n mooi boom!" het hulle altwee tegelyk uitgeroep.

"Ek het geweet dat Jesus dit sou stuur!" het Katie gesê.

"En en ook," het Chris gesê.

Katie - sy en Chris is nou altwee groot - het my self vertel dat sy nog nooit daardie wonderlike nag vergeet het nie, en hoe opgewonde sy daardie aand was.

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell