# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

...Hier kom ou Kaspaas weer aan! Hier kom die man wat so lekker kan jok of oordryf, weer aan. Hy was 'n fiktiewe figuur wat die spotprenttekenaar, TO Honiball in 1939 geskep het. Kaspaas het in 'n reeks spotprente saam met Nefie opgetree, en is geteken as 'n ou bebaarde en grootpraterige Bosvelder. Die onmoontlikste dinge is deur sy ongeëwenaarde vernuf, krag en geluk moontlik gemaak. Op lagwekkende wyse is hierdie prestasies elke keer neergehaal deur sy vrou, Engeltjie, met haar besemstok.