# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Karringmelk Beskuit

1               kg              bruismeel

300           g                suiker

5               ml              sout

7               ml              bakpoeier

250           g                botter

400           ml               karringmelk

2                                  eiers, geklits

Metode:

Sif droë bestanddele saam en vryf botter daarin tot fyn gekrummel. Klits 400ml karringmelk en eiers saam, voeg by meelmengsel en meng tot 'n sagte deeg. Voeg nog karringmelk by indien nodig. rol bolletjies en pak in gesmeerde beskuitpanne. Bak 30 minute by 180°C en nog 30 minute by 150°C. Keer uit, laat effens afkoel en breek in stukke. Droog uit. Lewer 2 middelslag-panne beskuit.

As liefde eers in jou hart
kom nes skrop
en soos ‘n lente blomtuin bloei,
bly beddings tog nooit vergete
selfs al sou die winter ryp
die son opsluit
en jou siel se vreugde skroei.


Dan sit jy op die voorstoeptrap
En wals met gister se skim
Om deur koggels van vervloë vreug
weer fleur in beddings bring.


As liefde dan eers in jou hart
kom stil word
en die droom in grys verwelk,
sweef jou siel
oor skemer misvlae
as die Swerwer van die veld

© Boerius