# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Ouer Alleen

Radio Omroeper, Foto-Joernalis, Skrywer,Storie Verteller en Lewensafrigter. My boodskap bring hoop. My hart is vir die onsigbare, die onuitgesproke, die gebroke. My hele lewe is toegewy aan Jesus.Ek het ‘n stem en ek sal dit gebruik vir die glorie van God. Ek sien skoonheid in die mees onverwagte plekke.Ek sal alles laat glans. Dit is my lewe, want alles wat glans is beautiful!

My program, OuerAlleen, word weekliks lewendig uitgesaai op Radio KuberKontrei, elke Sondag, 13h00 tot 14h30. Kontak my op my Facebook blad OuerAlleen, stuur ‘n vonkpos na karen@radiokuberkontrei.co.za vir spesiale versoeke, of volg my op Twitter @AlleenOuer. Ek bring ‘n boodskap van hoop, informasie en ondersteuning vir AlleenOuers, met baie humor, onderhoude, kennis en ook lekker musiek. Die fokus is op AlleenOuers, maar ons gaan ook vrae beantwoord en informasie deel oor ouerwees, huwelike, egskeidings, buite egtelike kinders, tienerswangerskappe, misbruik, afhanklikheid, trauma en vermengde families, iets waar in ek alles self ook ondervinding het.

Laat ek myself eers gou-gou bekendstel met ‘n paar interressante feite: Ek is bekend as Konigskind Karen hier by Radio KuberKontrei, want my pa is die Koning en ek Sy prinses. My naam beteken eintlik “Sy Geliefde” en die bybelversie vir my naam is Nehemia 8:10 – “Hierdie dag word gewy aan die Here julle God. Moenie treurig wees nie, moenie huil nie”; my grootste toets in my lewe. Ek is op Geloftedag gebore, 16 Desember, in 1972. Ek is nou 43 jaar oud, en ek het 3 kinders van twee verskillende pa’s meesal alleen grootgemaak, 2 seuns, Steven, my saghartige stil rots, die oudste, is nou 23, Michael, my enigste sportsheld en bogemiddelde presteerder, word binnekort 19 en ‘n dogter my engelkind wat net liefde bring, Krysstel Rosemary is 12. Ek word binnekort ouma van my eerste kleinkind, ‘n seun, Declan Asher, en ek weet al klaar dat hy my baie gaan laat lag. Ek is amper twee jaar terug weer getroud met die liefde van my lewe, die een wat ek my hele lewe lank voor gesoek het in die verkeerde plekke, die man wat die Here voor my geboorte al vir my gekies het, Glen Grant, soos die whiskey, behalwe dat hy glad nie alkohol drink nie.

My noem naam is Pikkie die Meerkat, omdat ek kan pik met ‘n perfekte akkuraatheid en absoluut niks mis nie, al kom ek naief voor. Die Here het my geseen met ‘n bo-natuurlike intelligensie en massiewe kapasiteit, maar as gevolg van dit lewe ek gereeld in my kop, en spreek my man my gereeld aan “You’re too serious. Get out of your head and into your heart!”  Iets waaraan ek werk.Ek is ekstra kort met’n ekstra lang man en kinders. Ek terg gereeld wanneer mense my vra hoe ek sulke eislike kinders in die wêreld gebring het “That I grow my own body guards!” Maar hulle se mos dinamiet kom in kleinpakkies. Dit is ek ja.

Met ‘n Regsgraad, Finansiële Diploma, MBA en Diploma in Self leierskap en bestuur ,en ‘n baie kreatiewe gees het ek ‘n interressante en kleurvolle lewe tot dus vergelei, bietjie soos ‘n gypsy. Van dogter, suster, moeder, vrou, werksnemer, entrepreneur met 7 van my eie besighede deur die jare het ek al ‘n draai gemaak in die korporatiewe wêreld, die kreatiewe wêreld, die musiek-industrie, die spirituele wêreld. Ek het al regoor die wêreld, en meesal alleen, gereis. Ek is ‘n aktivis vir vroueregte met ‘n passie vir alleen en misbruikte mammas. My natuur is ‘n visionêre grootprentjiemens, alhoewel ek ‘n oog het vir detail.

Tot onlangs het ek my eie suksesvolle besigheidskonsultasie maatskappy, Energy Connexion, gehad,meesal in die finansiële industrie waar ek ‘n groot impak op mense se lewens in die besigheidswêreld gemaak het, om hulle eie ritme en energie in die werksplek te vind,na aanleiding van die proses. Ek was ietwat van ‘n hart sjirurg vir besigheid, my fokus op proses, mense en doel – die hartklop van die organisasie. Ek het van bo tot onder en weer bo gewerk, met ‘n doel om te dien en mense aan die brand te kry vir die strategie van die organisasie. My spesiale talent is in individuele en groepdinamika, kultuur en subkultuur en hoe die aspekte mekaar beinvloed in verhoudings vir effektiewe besigheidsbestuur, asook veranderingsbestuur. Dit was my passie. Ek het ‘n baie spesiale talent om die onuitgesproke te hoor en dit by tevoeg in my ontleding van organisasiestruktuur vir die ontwerp van effektiewe netwerke van leer en kennis deel.  My geskenk aan die wêreld is dat ek skoonheid op ‘n sellulêre vlak kan interpreteer en daardeur lewe bring op ‘n manier wat waardering en genote is. Die belangrikste karaktereienskap is egter dat ek ‘n intense liefde het vir alle mense, en fokus op die beste wat hulle kan wees. As gevolg hiervan was ek ‘n mentor en lewensafrigter vir hoof uitvoerendebeamptes en bestuurders asook klerke en skoonmakers.

My lewe het drasties verander toe ek twee jaar teruggetrou het, en ek besluit het om van die korporatiewe wêreld af weg te loop en my lewenswerk te begin. Ek werk nou saam met my man en doen al die administrasie vir en bemark saam met hom ons industrieleskoonmaakbesigheid, Clean-co, in die Dainfern en Fourways area. Dit gee my baie vrytyd, en kan ek meer fokus op my hart snare, om ‘n joernaliste wees vir Jesus,deur my fotografie, skrywers en spraaktalente. Ek is baie opgewonde oor wat die Here deur my beplan, en ek hoop dat jy deel sal wees om te sien hoe die Here my gebruik vir Sy glorie, deur liefde vir ‘n gebroke wêreld te bring, ‘n stem te wees vir die onuitgesproke, en oog vir die ongesiende. Ek hoop om jou ook eendag te ontmoet.

OuerAlleenKaren.2016-03-13.mp3

OuerAlleenKaren.2016.03.06.mp3