Suid-Afrika en die vasteland van Afrika

Die nuwe hinterland

Die Groot Trek het veroorsaak dat die noorde tot by die Soutpansberg deur die witman beset is. Daar was versperrings in die ooste, soos die siektes van die Laeveld en vyandige stamme, wat die nuwelinge van die reeks kwynende Portugese nedersettings aan die kus geskei het. Die hinterland het vanaf die gebied tussen die Oranjerivier en die Limpopo noordwaarts verskuif in die Matebele-oorheersde gebied en weswaarts oor die Kalahari.

Hierdie "niemandsland" is eers slegs deur handelaars en grootwildjagters aangedurf. Die geskiedenis van hulle waaghalsige togte is egter baie fragmentaries opgeteken. Die nederige dorpies Kuruman, Potchefstroom, Rustenburg, Klerksdorp en Pretoria (1855) was plekke waarvandaan hulle vertrek het op soek na ivoor en karosse en ná 1865 ook na waardevolle delfstowwe. Afrikaanse en Britse families was goed verteenwoordig onder hierdie taai, onafhanklike pioniers, soos die name van Jan Viljoen, Piet Jacobs, Jacob Hartley en Willilam Finaughty aandui. Ook die suide was 'n geografiese basis van waar ontdekkingsreisigers soos Livingstone met sy vroeëre reise, Andersson, Baines en Mauch hulle weg na die binneland gebaan het. Hier het hulle lewensnoodsaaklike waens, osse, voorrade en draers vir die reis bekom. Dit was ook die beginpunt vir die sendingondernemings van die Moffats, Helmore, Price, Coillard e.a. wat hulle bearbeiding buite die grense van die gevestigde beskawing gaan doen het.

Oorkant die Limpopo

Die twee kolonies (binne hul imperiale grense) en die twee republieke het almal in mindere of meerdere mate verwagtings gekoester t.o.v. die hinterland en mekaar probeer voorspring. Die Kaapkolonie was nie onwillig om sy invloed in Damaraland, Griekwaland-Wes en, alhoewel ietwat teësinnig, in Basoetoland (1871-1884) uit te brei nie; die Suid-Afrikaanse Republiek het in 18868 aanspraak gemaak op 'n gebied wat in die noorde tot anderkant die Limpopo, in die weste tot by die Ngamimeer en in die ooste oor die Maputarivier tot by die see gestrek hket; die Oranje-Vrystaat was periodiek met die Basoeto's in 'n stryd gewikkel oor die beheer van die vrugbare Caledonvallei; en selfs Natal het hom by monde van Shepstone beywer vir die opvolging van Mzilikazi. Maar 'n groter ambisie het hierdie klein wedywerings oorskadu. Tussen 1884 en 1900 het Europese moondhede naarstiglilk groot gedeeltes van Afrika verdeel en grense wat vroeër vaag was, duidelilk vasgelê. Veral die Britse imperialisme het groot gebiede in Suidelike Afrika ingepalm.

Reeds in 1836 was dele van die latere Suid-Rhodesië aan die Voortrekkers bekend.(1) Tussen 1853 en 1887 was daar 'n taamlik vriendskaplike verhouding tussen die Suid-Afrikaanse Republiek en die Matebeleregeerders, maar na 1887 het Britse invloed aan Lobengula se hof toegeneem.

(1) P.J. van der Merwe: Nog Verder Noord (Kaapstad, 1962)

Jeppe se kaart van Transvaal in 1889 beskryf die trans-Limpopo wel as "die boere se jagveld", maar reeds in die daaropvolgende jaar het die British South African Company hom daar ingegrawe. Hierdie ontwikkeling het voortgespruit uit die beheer wat inperiale belange oor Betsjoeanaland en die "sendingpad" verkry het. Behalwe vir die belemmering van sy planne om 'n hawe aan die ooskus te bekom, was die Suid-Afrikaanse Republiek se uitbreidingplanne in die noorde en weste nou ook verydel. Vanaf 1894 het hy in Swaziland egter 'n oorheersende rol begin speel. Die Groot Trek het die witman se gesag tot by die Limpopo uitgebrei; onder Britse imperialisme is dit spoedig gedra tot oorkant die Zambezi. Persone van Suid-Afrikaanse oorsprong het in hierdie fase 'n belangrike rol gespeel. Onder hulle was aanhangers van Rhodes, soos "Matebele" Thompson, Hans Sauer en Johan Colenbrander. Die Kaapkolonie was goed verteenwoordig in die "Pioneer Column" van 1890 en die Kaapse regeringsdienste was 'n bron waaruit baie van die "Company" se amptenare getrek is. Romeins-Hollandse reg is in die "Charterland" ingevoer. Sir Robert Coryndon, wat die protektoraat oor Barotseland verkry het en sir Charles Coghlan, die eerste premier van Suid-Rhodesië, was "kolonianers" van geboorte en opvoeding.

Suid-Afrika en Suid-Rhodesië

Twee vroeë voorbeelde illustreer hoe die lot van Suid-Afrika met dié van sy noordelike buurstate verwikkeld was: In die aangesig van die Voortrekkertoorn het die Matebeles hulle verowerings in Transvaal gestaak en as heersers oor minder oorlogsugtige rasse opgetree totdat ook hulle in die tweede fase van blanke uitbreiding die knie moes buig. Die Jameson-strooptog, voorloper van 'n moeilike tydperk in die Suide, het ook in die Noorde sy n adelige gevolge gehad: die Matebeles het die geleentheid aangegryp om in 1896 die tweede keer in opstand te kom en Betsjoeanaland het vanuit die Rhodesiese invloedsfeer beweeg om direk onder Imperiale beheer te beland. Ná 1902 het vrede tussen Rhodesië en die Suide geheers; politieke en ekonomiese verskille het wel bestaan, maar op 'n kleiner skaal kan die toestand vergelyk word met die rustige grens tussen die Verenigde State en Kanada.

Die Kaapse kar en die Zeederbergkoets was die vinnigste vervoermiddele, totdfat die "railway frontier" vinnig in die voetspore van die "mining frontier" gevolg het. In 1897 was Bulawayo met 'n spoorlyn wat langs die ou "sendelingpad" geloop het, met Kimberley verbind. Die Rhodesiese netwerk van spoorlyne is met verloop van tyd met Beira, Katanga en Benguela verbind en was feitlik 'n uitbreiding van die suidelike stelsel. Die moontlikhede van uitbreiding en inisiatief in die Noorde, veral wat mynwese en boerdery betref, was verantwoordelik vir 'n gestadige insypeling van Suid-Afrikaners. Bande van bloed vergemaklik verhoudings en Rhodesiërs was nie vreemdelinge vir Suid-Afrika nie; baie het trouens hul opvoeding daar ontvang. Die blanke bevolkings van die twee streke het in 'n baie groot mate dieselfde lewenswyse gedeel en moes dieselfde probleme in die gesig staar, van droogte en sprinkane tot weerbarstige rasseprobleme. Dit het voorgekom asof daar na die doeane-ooreenkoms van 1903 gou nog nouer bande gesluit sou word en Rhodesië het drie afgevaardigdes na die Nasionale Konvensie van 1909 gestuur.

Die Rhodesiërs was j aloers op hul jong nasieskap en versigtig om nie oorweldig te word deur hul ryker en talryker buurman nie. Ná 1914 het hulle die opbloei van Afrikaner-nasionalisme in die Suide as 'n bedreiging gevoel en as teenvoeter het hulle hul aansluiting by en hulle lojaliteit teenoor Brittanje beklemtoon. Hul afkeer van republikanisme, hul onwillligheid om tweetaligheid te aanvaar en hul vrees vir ekonomiese minderwaardigheid het Coghlan en sy navolgers hulle laat keer teen genl. Smuts se plan om Suid-Rhodesië by Suid-Afrika in te lyf. Suid-Rhodesië het gekies om as selfregerende kolonie sy eie toekoms te bepaal, maar dit was met slegs 'n klein meerderheid dat die referendum van 1922 eenwording met Suid-Afrika verwerp het. Die regering van die Suid-Afrikaanse Party was te onbuigsaam in die voorwaardes wat hy gestel het en die opposisie (Nasionale Party) het geen geesdrif vir 'n samesmelting getoon nie. Albei kante het 'n gulde geleentheid om saam te smelt, verlore laat gaan.

Suid-Rhodesië het onder selfregering gebloei, maar die blanke bevolking het min gebly. Die Kopergordel van Noord-Rhodesië (Nou Zambië) het 'n eie hinterland geskep wat ook baie Suid--Afrikaanse mynwerkers en ambagsmanne gelok het. Op hierdie tydstip was rhodesië se blik op die Noorde eerder as op die Suide gerig, sowel polities as ekonomies. Ná 1933 het Rhodesië, onder die leierskap van sir Godfrey Huggins, hom as die kern van 'n nuwe Britse domonium in Sentraal-Afrika gesien. Die bekende tweeslagtigheid van die Suid-Afrikaanse politiek was in Rhodesië ook merkbaar. Enersyds was die Rhodesiërs erfgename van die Kaapse liberale denkwyse, soos deur hul leier Cecil Rhodes geïnterpreteer, en andersyds was dit hul vaste oortuiging dat die witman bestem was om die finale verantwoordelikheid te aanvaar en het hulle geglo aan 'n natuurlike, onoorbrugbare skeiding tussen blank en swart.

Gedurende albei die wêreldoorloë was daar noue samewerking tussen die twee lande. Rhodesië het 'n klein aandeell in die veldtogte in Duits-Suidwes-Afrika en Oos-Afrika gehad. Ná die Tweede Wêreldoorlog is Suid-Rodesië, saam met Suid-Afrika en Portugal, heftig aangeval deur swart nasionaliste, die kommuniste e.a. magte wat besiel was met die ideaal om "kolonialisme" en blanke heerskappy tot 'n val te bring. Albei lande het gevoelig gestaan teenoor die inval van die Kommunisme in die wyer sfeer. Suid-Rhodesië het troepe gestuur om die kommuniste-guerillas in die Maleise oerwoud te help onderdruk en dr. Malan het die "Jagluiperd"-eskader gestuur om deel te neem aan die onverbiddelike Koreaanse stryd.

Toe die Federasie van Rhodesië en Njassaland in 1953 tot stand gekom het, was baie Suid-Afrikaners skepties teenoor die beleid van vennootskap tussen rasse, waarop dit gebou was. Ander het gedink dat hierdie beleid miskien sou lei tot 'n meer redelike oplossing van rasseverhoudings as apartheid. Byna 10 jaar lank het die Fedrasie gesonde ekonomiese vooruitgang beleef en die enorme Karibadamskema is o.m. voltooi. Die Federasie se beperkte soewreiniteit was egter 'n struikelblok en teenoor die groeiende magte van swart nasionalisme en die weifelende houding van die Britse regering het die Federasie tot niet gegaan. Toe Noord-Rhodesië en Njassaland hulle in 1963 onttrek, het die Federasie ontbind; weldra het Suid-Rhodesië die onafhanklike Zambië en Malawi as swart buurstate gehad. Hulle was polities vyandig en as toekomstige markte onstabiel. Suid-Rhodesië het in gevaarlike isolasie verkeer en op Brittanje se hulp - om die laaste struikelblokke op die weg van onafhanklikheid te oorkom - kon hy beswaarlik reken.

Baie Rhodesiërs het gevoel dat hulle min erkenning gekry het vir hulle Britse lojaliteit in die verlede. Konserwatiewe tendense was prominent op die politieke front in Suid-Rhodesië en die tyd vir beleidsreoriëntasie was ryp. Die premier van Suid-Rhodesië, mnr. Ian Smith, het stappe gedoen om nouer aansluiting met Suid-Afrika te vind; een gevolg van die samespreking was 'n nuwe handelsooreenkoms, wat gesien is as die moontlike voorloper van 'n latere "gemeenskapsmark". Die meeste blanke Suid-Afrikaners het simpatiek gestaan teenoor Suid-Rhodesië in sy dilemma en sy vasberade weerstand teen onryp en ekstremistiese swart nasionalisme en druk van buite. Dit was ook in Suid-Afrika se belang dat die buffergebied tussen die Zambezi en die Limpopo nie deur strydlustige swart nasionaliste oorstroom word nie.

Suid-Rhodesië se eensydige onafhanklikheidsverklaring op 11 November 1965 het van die Suid-Afrikaanse regering diplomatiese optrede vereis. Dr. Verwoerd, die premier, het verklaar dat Suid-Afrika 'n beleid van nie-inmenging sou volg en nie aan boikotte en sanksies sou deelneem nie. Voor en ná die skeuring tussen Brittanje en Rhodesië was dit Suid-Afrika se siening dat dit 'n huishoudelike saak was, waarby slegs die twee partye betrokke was. Brittanje het ekonomiese sanksies teen Rhodesië aangekondig en later het baie ledelande van die Verenigde Volke dié voorbeeld gevolg. Dit was duidelik dat sy ekonomiese band met die suide Rhodesië se voortbestaan kon bepaal en dat druk op Suid-Afrika uitgeoefen sou word om die strafbeleid van die VV te volg. 'n Groot deel van Suid-Afrika se blanke bevolking het gesimpatiseer met mnr. Smith se standvastigheid. Private organisasies het fondse ingesamel en petrol e.a. skaars artikels aan Rhodesië geskenk. Die regering van die Republiek het nie minder simpatie met sy buurtstaat gehad nie, maar hy moes poog om Suid-Afrika buite die twis te hou.

Portugese bure

Teen die tyd dat blanke nedersettings tussen 1840 en 1890 in Transvaal en Suid-Rhodesië begin ontstaan het, was die Portugese reeds meer as 300 jaar langs die kus van Mosambiek gevestig. Hul getalle was klein en die moederland was swak toegerus om hulle te ondersteun. Hulle vroeë ambisie om oor die binneland te heers, is verydel deur siektes en die weerstand van swart stamme. Tog het hulle hardnekkig an hul besittings langs die oos- en weskus vasgeklou. Die materiële vooruitsigte by Luanda, Inhambane, Tete en Delagoabaai was gering, maar die Portugese se geloof in hul roeping as beskawers van Afrika het standgehou.

Die uitbreiding van Suid-Afrikaanse grense deur Boer en Brit en die begerige blik wat Brittanje en Duitsland ná die Berlynse kongres van 1884-1885 op Angola en Mosambiek gerig het, het Portugal tot nuwe koloniale bedrywighede aangespoor. Sy aanspraak op binnelandse gebiede moes bewys word, anders kon die besitreg daarop op grond van "ondoeltreffende besetting" betwis word. Delagoabaai was veral 'n waardevolle strategiese punt. Dit was 'n kort tydperk (1721-1730) in die hande van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie; Brittanje het verskeie kere daarop aanspraak gemaak, maar die Portugese besitreg was bevestig deur die MacMahon-toekenning van 1875. Ook Cecil Rhodes het onsuksesvolle pogings aangewend om die hawe Lourenço Marques as sleutel tot sy indrukwekkende planne te laat dien.

Die Suid-Afrikaanse Republiek het vriendskaplike betrekkinge met die Portugese in Mosambiek gehandhaaf en ná 20 jaar van teleurstelling en dwarsboming is die spoorlyn tussen Pretoria en Mosambiek in 1895 voltooi. Die voorspoed wat Lourenço Marques gevolglik te beurt geval het, was tot voordeel van alblei lande; dit was trouens die naaste invoerhawe aan die Witwatersrandse goudvelde en dit het vir Pres. Kruger 'n weg gebied na die see - buite Britse beheer - wat hom by Kosibaai ontsê is. Nuwe handel het 'n opflikkering in Mosambiek se trae ekonomie gebring en die Transvaalse myne het werk verskaf aan die swart arbeiders van die kolonie.

Brittanje het gedurende die Anglo-Boereoorlog sterk druk op Portugal uitgeoefen om 'n einde te maak aan die invloei van krygsvoorraad deur sy koloniale gebied. Britse troepe is na Beira gestuur om die Rhodesiese garnisoen te versterk. Nogtans het die Portugese oor die algemeen simpatie met die saak van die republikeine gehad en het hulle 'n tydelike tuiste aan menige vlugtelinge gebied. In 1900 het Brittanje beheer oor die Delagoabaaispoorlyn tussen Pretoria en Komatipoort verkry, maar die basiese ekonomiese verbintenis tussen Mosambiek en Transvaal het onveranderd gebly. Milner was gretig om die myne in werking te hou en het in 1901 'n voorlopige skikking met die Portugese aangegaan wat die voortsetting van spoorwegverkeer en die voorsiening van mynwerkers verseker het. Met die Transvaal-Mosambiek-konvensie van 1909 is hierdie ooreenkoms bevestig en dit het, met klein wysigings, n á Uniewording bly voortbestaan. Ingevolge die ooreenkoms van 1934 is 45% tot 50% van die spoorwegverkeer na die Witwatersrand aan die Delagoabaaispoorlyn toegesê. Met uitsondering van Suid-Afrika self, was Mosambiek die grootste bron van mynarbeiders; statistiek wat in 1960 vrygestel is, toon dat feitlik 83 000 werkers vanuit Mosambiek oop kontrak in die Suid-Afrikaanse myne in diens geneem is.

Gedurende die tydperk toe Portugal onder Spaanse beheer was, het Nederland tydellike beheer oor Angola verkry (1641-1648), maar die kontak met die Suide was gering tot die kkoms in 1881 van die Transvaalse Dorslandtrekkers, wat tot 1928 die onontwikkelde gebied rondom Humpata in Suid-Angola bewoon het. Hulle het die Portugese bygestaan in die veldtogte teen weersopannige stamme en het as transportryers waardevolle diens gelewer. Hul teenwoordigheid het Portugal ook aangemoedig om landbouers op die suidelike plato te vestig. Met die verowering van Suidwes-Afrika in 1915, het die Suid-Afrikaners vriendskaplike kontak met die Portugese owerheid noord van die Kunenerivier gemaak.

Ná die Tweede Wêreldoorlog het Suid-Afrika en Portugal 'n gemeenskaplike belang gevind in hul weerstand teen druk van swart Afrika-state en die Verenigde Volke. Ten spyte van uiteenlopende rassebeleidsrigtings was daar noue samewerking tussen die twee state. Indien Mosambiek in die hande van Afrika-nasionalisme val, sou dit trouens 'n ernstige bedreiging vir Suid-Afrika se oostelike grens inhou.

Die versnelde ekonomiese groei in Angola, veral op die nuwe olievelde en in Mosambiek, het nuwe geleenthede geskep vir die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse nywerhede en die belegging van Suid-Afrikaanse kapitaal. Suid-Afrikaanse vliegtuie op die roete oor die weskus van Afrika het die gebruik van 'n lughawe in Luanda gehad, wat belangrik was, want teen 1963 het Kenia, die Soedan en Egipte die Republiek sy landingsregte op meer direkte vlugte oor die vasteland ontneem.

Suid-Afrika en die Protektorate

Ná 1910 was die bestaan van die Britse protektorate - Basoetoland, wat heeltemal en Swaziland en Boetsjoeanaland, wat gedeeltelik omring was deur Suid-Afrikaanse gebied - 'n eienaardige verskynsel. Tog was dit slegs deur 'n frats van die geskiedenis dat hierdie gebiede nie, soos Zoeloeland of die Transkei, 'n deel van die Unie uitgemaak het nie. Slim swart leiers soos Mosjesj en Khama het 'n ruk lank onafhanklikheid het 'n ruk lank onafhanklikheid bewaar, terwyl hulle die noordwaartse opmars van die witman vrygespring het. 'n Kort tydperk tussen 1871 en 1884 het die Kaapkolonie beheer oor Basoetoeland gehad, voordat dit onder Imperiale beheer geplaas is. Brits-Betsjoeanaland, die Vryburg-Mafeking-gebied, is in 1895 by die Kaapkolonie gevoeg. Teen die einde van die 19de eeu was die Britse invloed in Swaziland sterk; 'n afdeling Swazi's het Wolseley in 1879 gehelp om Sekoekoenie tot 'n val te bring. Die Suid-Afrikaanse Republiek het ook besondere belang by die gebied gehad, enersyds ter wille van die winterweiding wat dit gebied het en andersyds omdat dit die moontllikheid van 'n roete na die see ingehou het. 'n Paar jaar ná 1894 het 'n konvensiebepaling die leierskap oor Swaziland aan die Suid-Afrikaanse Republiek toegesê, maar teen 1907 het die hoogste gesag in al drie protektorate by die Imperiale hoë kommissaris berus.

In 1903 het 'n doeane-ooreenkoms tussen die vier vernaamste kolonies van Suid-Afrika en Suid-Rhodesië die protektorate ingesluit; geen nouer konstitusionele bande is egter gesluit nie. Die Suid-Afrikawet van 1909 en die bylae daarvan het voorsiening gemaak vir die latere toetrede van die protektorate tot die Unie, met die goedkeuring van die Britse regering. Volgens die Imperiale siening moes die inwoners eers geraadpleeg word. Die Britse regering het later die "raadpleging" as "toestemming" vertolk en al die daaropvolgende onderhandelings het hierdeur skipbreuk gely. Genl. Botha het in 1913 die kwessie van inlywing ter sprake gebring en dit is tussen 1913 en 1949 op verskillende vlakke deur gnl. Smuts, mnr. N.C. Havenga en dr. Malan verder gevoer. Volgens die Britse beskouing  was "die tyd nog nie ryp nie" en die protektorate het 'n bron van wrewel tussen Pretorioa en Westminster gebly. In 1949 het dr. Malan verwys na die ondraaglike inmenging in Suid-afrika se regte. Die houding van die britse regering is in Suid-Afrika beskou as 'n teken van die gebrek aan vertroue in Suid-Afrika se Naturellebeleid.

Suid-Afrika het sy saak op die volgende oorwegings gebou: die protektorate was "ekonomiese aanhangsels" van die Unie, 'n groot gedeelte van hul inkomste is verkry uit gunstige kwotas ingegevolge die doeane-ooreenkoms; hulle was agterlike gebiede en het voor 1935 min finansiële steun van die Verenigde Koninkryk ontvang; die Unie het werk verskaf aan groot getalle van hul inwoners en was 'n mark vir hul landbouprodukte. Ná die Tweede Wêreldoorlog het militêre oorwegings ook 'n rol begin speel. Dit was onwenslik dat veral Basoetoland die teelaarde vir Kommunisme en opstand sou wees; verder is dit geleë aan die boloop van Suid-Afrika se groot riviere, waarin groot besproeiings- en hidro-elektriese skemas begin vorm aanneem het. Laastens is die inlywing van die protektorate as noodsaaklik beskou vir die volle verwerkliking van die tuislandbeleid.

Intussen het die Britse regering voortgegaan om die protektorate konstitusioneel voor te berei vir selfregering en uiteindelike onafhanklilkheid. Terselfdertyd het hulle ingevolge die "Colonial Development Act" en vanuit ander bronne ruimer ondersteuning ontvlang. Toe die beleid van "afsonderlike ontwikkeling" onder dr. Verwoerd 'n duideliker wending geneem het, het die Suid-Afrikaanse regering afgesien van sy aandrang op die inlywing van die protektorate. Dr. Verwoerd het nie veel verskil in die toekoms van die protektorate en dié van die Transkei e.a. swart gebiede gesien nie; volgens hom kon daar moontlik in die toekoms 'n "statebond" ontstaan van sowel wit as swart Suid-Afrikaanse state, waarby die protektorate ingesluit kon word.

Gedurende die sestigerjare het Swaziland, wat 'n groter blanke minderheid as die ander twee protektorate gehad het, aansienlike ekonomiese vooruitgang gemaak op die patroon van die Republiek self. In die ontginning van die gebied se asbes, ystererts en hout was daar geleentheid vir Suid-Afrikaanse bedrewenheid en kapitaal.

Daar was aanduidings dat Suid-Afrika 'n bevredigende modus operandi met sy opkomende buurstate sou bereik. Gedurende die winter van 1965 is Basoetoland oorval deur 'n ernstige voedseltekort; die Suid-Afrikaanse regering het 100 000 sak mielies en kafferkoring geskenk om die toestand te verlilg. Op 2 September 1966 het die Eerste Minister van Basoetoland, hoofman Leabua Jonathan, en dr. Verwoerd in Pretoria byeengekom en die besprekings het hoofsaaklik oor goeie verhoudings en wedersydse nie-inmenging gehandel. Toe Betsjoeanaland (Botswana) en Basotoeland (Lesotho) op onderskeidelik 30 September en 4 Oktober 1966 hul onafhanklikheid verkry het, was die Suid-Afrikaanse Minister van Buitelandse Sake 'n gas by die feestelikhede. Die leiers van dié state, sir Seretse Khama en hoofman Jonathan, het te kenne gegee dat hulle eksterne maatreëls om sanksies teen die Republiek toe te pas, nie kan ondersteun nie. Die Eerste Minister van Lesotho het by Suid-afrika aangeklop om konstitusionele, finansiële en industriële advies vir die oplossing van sy land se ekonomiese e.a. probleme. Dit was 'n aanduiding van die Republiek se vermoë om vriendskaplike betrekkinge op te bou met die nuwe swart state op die vasteland wat o.m. gematigde leierskap staan.

Suidwes-Afrika - "die Vyfde Provinsie"

Die datum van die witman se binnedringing in Suidwes-Afrika (SWA) kan op ongeveer 1760 gestel word en is gekoppel aan die naam van die jagter Jakobus Coetzé. Die Rehobothgemeenskap (of Basters) en die Oorlams Hottentotte was ook immigrante uit die gebied suid van die Oranjervier. Die uitgestekte gebied tussen die Kunente en die Oranje, twee derdes so groot soos die Republiek van Suid-Afrika, word begrens deur die onherbergsame kus van die Namibwoestyn aan die een kant en die Kalahariwoestyn aan die ander kant. 'n Paar jagters, handelaars en sendelinge het die dorre streke deurreis en 'n verskeidenheid van rasse aangetref, waaronder die klein Namagroepies in die suide, die Herero's verder noord en die meer talryke Wambo's op die soom van die gebied waarop Portugal aanspraak gemaak het. Die natuur was die vernaamste rede vir die trae verspreiding van die beskawing in hierdie landstreek.

Gedurende die 19de eeu was daar 'n stadige deursypeling van die Afrikaanse boere uit die Kaapkolonie wat hulle in die suidelike gegbied gevestig het, terwyl die Dorslandtrekkers 'n tydelike tuiste in Owambo gevind het voordat hulle verder getrek het na Angola. Die grootste enkele poliltieke invloed in die gebied voor 1880 was die Britse Imperiale faktor. Die guano-eilande teenaan die kus is tussen 1861 en 1866 deur Brittanje geannekseer en Walvisbaai in 1878. Ses jaar later het die Kaapkolonie beheer oor die Walvisbaaigrondgebied gekry. Un die tydperk toe die verdeling van Afrika met rasse skrede voortgesit is, was die Kaapkolonie traag om sy invloed in Damaraland uit te brei. In 1884, toe 'n Britse regering wat onverskilllig teenoor uitbreiding gestaan het, aan die bewind was, het Duitsland die geleentheid aangegryp en SWA bekom. Die Duitse anneksasie het die klein Boerenedersetting van Upingtonia o.l.v. G.D.P. Prinsloo voorafgegaan. Die emigrasie van Afrikaners het voortgegaan en in 1896 het die blanke Boereminderheid 782 getel.

Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 het genl. Louis Botha toegestem in 'n Britse versoek om Duits-Suidwes-Afrika binne te val. Hierdie besluit het bittere teenstand in die Unie ontketen en was een van die oorsake van die 1914-rebellie. Die klein Duitse garnisoen het min bedreiging vir Suid-Afrika ingehou. Dit is te betwyfel of genls. Botha en Smuts slegs uit geesdrif vir die Britse saak gehandel het; dit was trouens 'n gulde geleentheid om die Unie se grondgebied uit te brei en deur 'n Suid-Afrikaanse beseting alternatiewe Britse verskansing daar te voorkom.

Die verowering van SWAin 1915 het aan die jong Unie van Suid-Afrika prestige en sy eerste "kolonie" besorg; die mandaat wat in 1920 toegestaan is, het sy heerskappy in die vroeëre Duitse kolonie bevestig. Maar dit was egter koloniale bestuur van 'n verskillende aard. As 'n "C"-mandaat van die Volkebond moes SWA in trust bestuur word vir die welvaart van sy inwoners. Die mandaathouer was vir die administrasie van die gebied verantwoordelik, maar was onderhewig aan die toesig en advies van 'n verwyderde Permanente Mandaatkommissie (PMK) in Genève.

Die verowering van die gebied was vir die Unie nie 'n onvermengde seën nie. Dit was toe 'n armoedige gebied en het swaar op Suid-Afrika se finansiële ondersteuning geleun; dit word deur droogtes geteister en het weinig ekonomiese verskeidenheid besit. Die Duitse bevolking het gou 'n blanke minderheidsgroep geword en was ontevrede en moeilik versoenbaar met die nuwe orde. Die vroeëre Duitse bewind het die bittere weerstand van die Namas en die Herero's ontketen. Die mandaathouer het hierdie vyandighede geërf, waarvan baie veroorsaak is deur die onteiening van grond. Alhoewel die Suid-Afrikaanse administrasie "ernstige en grootlilks suksesvolle pogings aangewend het om hewige rasseprobleme op te los wat hy van die vorige bewind geërf het"(2), het die Unie hom gou in die netelige posisie bevind dat hy sy optrede voor die PMK moes regverdig. Die protes teen die onderdrukking van die Bondelzwartsopstand in 1922 het aan Suid-Afrika twyfelagtige publisiteit besorg en het die aandag gevestig op sy beperkte soewereiniteit in SWA.

(2) A. Toynbee: Survey of International Affairs, 1920-1923 (Londen, 1927)

Ná die verowering het die Suidwes-Afrikaanse spoorwegstelsel aangesluit by dié van die Unie (oor Upington). Suid-Afrika se gesag is ook bevestig in gebiede waar die Duitse invloed gering was, veral in Owambo. Daar was 'n groot instroming van Suid-Afrikaanse boere, sakemanne en staatsamptenare. Teen 1928 was baie van die Angolaboere weer in die gebied gevestig. In 1928  is 'n Wetgewende Vergadering wat op blanke stemreg gegrond was, aan die gebied toegestaan. Daar was aanduidings dat die gebied binnekort 'n vyfde provinsie van die Unie sou word, maar die Vollkebond het geweier om inlywing te oorweeg, aangesien dit volgens hom 'n oortreding van die mandaat sou wees. Ná jare van depressie was daar tekens van ekonomiese oplewing in die gebied. Vanaf 1939 het koper, lood, diamante, karakoelpelse en 'n ryk visbedryf 'n gesonder kleur aan die gebied se begroting gegee en 'n winsgewende veld vir belegging van Suid-Afrikaanse kapitaal gebied.

Tussen 1933 en 1939 het die opkoms van die Derde Ryk en Hitler se eise dat Duitsland se vroeëre kolonies teruggegee word, die mandaathouer in 'n netelige posisie geplaas, maar met die Nazi-neerlaag in die Tweede Wêreldoorlog is die situasie gered. die Volkebond het in 1946 ontbind sonder dat spesifieke voorsiening gemaak is vir die mandaatgebiede en weer eens het dit gelyk asof die tyd ryp was vir 'n samesmelting van SWA met die Unie.

Ná die oorlog het die Wetgewende Vergadering in Windhoek eenparing aansoek gedoen om inlywing by die Unie. Die Suid-Afrikaanse regering was dit heeltemal eens met hierdie voorstel, maar in die veranderde na-oorlogse wêreld van 1946 is sy planne om elke draai gedwarsboom. In die nuwe Verenigde Volke-Organisasie (VVO) was sekere Afrikastate en ook die kommunistiese blok goed verteenwoordig. Suid-Afrika en sy eerbiedwaardige hoofwoordvoerder, genl. Smuts, het nie dieselfde agting geniet as eertyds in Genève nie. Suid-Afrika is hewig gekritiseer toe hy in 1946 weier om SWA onder trusteeskap van die VVO te plaas en het besluit om inlywing opsy te skuif en voort te gaan om SWA in die gees van 'n mandaat te bestuur.

In 1949 het die regering van dr. Malan die besluit om VVO-trusteeskap van die hand te wys, herbevestig en geweier om verdere verslae oor die gebied voor te lê. Tot ergernis van Suid-Afrika se amptelilke verteenwoordigers het die VVO-komitees getuienis aangehoor van eerw. Michael Scott, 'n rondreisende kampvegter van die Herero's e.a. gegriefde "woordvoerders" vir die nie-blanke rasse van die gebied. Wetgewing van 1949 het aan SWA ses setels in die volksraad en vier setels in die senaat gegee. Aan die paar oorblywende griewe van die Duits-sprekende minderheid is gehoor gegee, veral m.b.t. die status van hul taal.

Oor die vraag van verhoudings met Suid-Afrika was daar vrywel algemene eenstemmigheid onder die blanke bevolking. Die leiding t.o.v. polisie, spoorweë, doeane, verdediging en Naturellebeleid het van Pretoria uitgegaan eerder as van Windhoek. Die gebied se internasionale status mag enigsins duister gewees het, maar dit het vir alle praktiese doeleidnes "die vyfde provinsie" van Suid-Afrika geword.

Die Suidwes-Afrika-vraagstuk is jaarliks met toenemende bitsigheid by die VVO bespreek. In 1950 het die Internasionale Geregshof in Den Haag 'n aantal raadgewende opinies uitgespreek: Suid-Afrika was verplig om die gebied ooreenkkomstig die oorspronklike mandaat te bestuur; hy kon wetlik nie gedwing word om SWA onder die VVO-trusteeskap te plaas nie; Suid-Afrika kan nie die status van die gebied verander sonder die toestemming van die VVO nie en hy behoort verslae oor sy toesig aan die VVO voor te lê. Hierdie uitspraak het min verligting gebring.

Die Republiek se verklaring dat hy voornemens was om sy rassebeleid van "afsonderlike ontwikkeling" na SWA uit te brei, is skerp veroordeel. Die Afro-Asiatiese blok het SWA as die Achilleshiel van blanke heerskappy in Suider-Afrika gesien. In 1963 het Lilberië en Ethiopië, lede van die Organisasie vir Eenheid in Afrika (OEA), die Internasionale Hof gevra om verdere beslissings te vel - Suid-Afrika moes verplig word, op grond van "skending" van die mandaat en weiering om verslae voor te lê, om die gebied onder trusteeskap van die VVO te plaas. Indien hy weier om hom na sulke besluite te skik, sou "sanksies" nog meer geregverdig wees en kon die saak na die Veiligheidsraad van die VVO verwys word.

Die Republiek het geen tekens getoon dat hy gaan swig voor die druk van buite nie. As gevolg van die historiese agtergrond was Walvisbaai nie deel van die mandaatgebied nie en kon 'n versterkte garnisoen daar gestasioneer word sonder dat die mandaat geskend word. Daar mag meningsverskille wees oor die manier waarop Suid-Afrika die politieke vooruitgang van die nie-blankes in SWA hanteer het, maar aan die bewering dat SWA 'n "bedreiging vir vrede" was, soos omskryf in die handves van die VVO, kan nie veel waarde geheg word nie.

In Maart 1965 het die Wêreldhof begin met die verhoor van die klagtes van Ethiopië en Lilberië dat Suid-Afrika die nie-blanke bevolking van die gebied onderdruk, teen hulle diskrimineer en die mandaat skend deur militêre basisse daar op te rig. Die Republiek se saak is oop bekwame wyse deur sy afgevaardigdes voorgelê en met bewyse gestaaf. Die klaers het gedurende die loop van die saak hul klagtes van onderdrukking en militarisme laat vaar en op rassediskriminasie gekonsentreer. Die hof se uitspraak is met spanning en vrees afgewag. Die uitspraak, wat op 18 Julie 1966 gelewer is, het 'n sensasie veroorsaak. Die stemming van die regters was gelykop en die president, sir Percy Slpender van Australië, het 'n beslissende stem teen die klaers uitgebring. Ethiopië en Liberië kon nie bewys dat hulle enige wetlike reg of belang by die saak gehad het nie.

In 'n verligte stemming het Suid-Afrika die uitspraak as 'n groot oorwinning beskou, terwyl sy meer ekstremistiese kritici ontevrede was oor die afwysing van die saak op grond van tegnies-wetlike punte. Die hof se uitspraak het tydelik verligting gebring, maar dit sou té hoopvol wees om te verwag dat internasionale druk oor SWA iets van die verlede was. Op 27 November 1966 het die Algemene Vergadering van die VVO met 'n groot meerderheid besluit dat die mandaat wat Suid-Afrika oor SWA gehou het, tot niet was en dat die gebied onder die beheer van die VVO sou kom. 'n Ad hoc-komitee is aangewys om praktiese maatreëls vir die instelling van 'n VVO-administrasie in SWA te oorweeg. Mnr. B.J. Vorster, Suid-Afrika se nuwe Eerste Minister, het die Algemene Vergadering se beslissing verwerp as onkonstitusioneel en strydig met die internasionale reg.

Gedurende 1966 het die verskyning van klein gewapende bendes terroriste in Owambo die vrede in die gebied versteur. Suksesvolle teenmaatreëls is geneem en die indringing was ondoeltreffend. Dit het geblyk dat hierdie saboteurs in Tanzanië en elders opgelei is en die gebied vanuit Angola binnegedring het.

Suid-Afrika en die wyere vasteland

Buite die grense van sy onmiddellike bure was die Suid-Afrikaanse invloed gering. Klein groepies Suid-Afrikaners, hoofsaaklik Afrikaners, het hulle ná die Anglo-Boere-oorlog op Eldoret in Kenia en Arusha in Tanganjika gevestig (toe Duits-Oos-Afrika). In die derdigerjare het die kopergordel van Noord-Rhodesië talle mynwerkers en ambagsmanne uit die Suide gelok. Wat die landbou en mynwese betref, het hierdie gemeenskappies dienste aan hul aangenome vaderlande gelewer wat buite verhouding met hul getalle was.

Op sendinggebied het Suid-Afrika sy plek ingeneem langs die genootskappe wat vanuit Europa bestuur is: die Nederduits Gereformeerde Kerk (NGK) het baanbrekerswerk by Morgenster in Suid-Rhodesë (1891) en in Njassaland (1889) gedoen; die Anglikaanse Kerk van Suid-Afrika het in die Lebombobisdom gearbei en sendelinge van verskillende denominasies het in Angola en saam met die Sudan United Mission in Nigerië diens gedoen.

Suid-Afrikaanse banke en maatskappye, soos De Beers en die Anglo american Corporation, het vertakkings tot so ver as Sentraal- en Oos-Afrika gehad. Min surplus-kapitaal van die Suide was egter voor die sestigerjare vir beleggings beskikbaar, aangesien Suid-Afrika se eie ekonomie in 'n groeistadium was en daarom self gedeeltelik van oorsese beleggers afhanklik was.

Op wetenskaplike gebied is Suid-Afrika se grootste diens aan Afrika waarskynlik teen die einde van die koloniale era gelewer (1940-1950). Daar was onbelemmerde samewerking met metropolitaanse en koloniale owerhede in die uitroeiing en voorkoming van mens- en diersiektes. Die navorsingsfasiliteite van die veeartseny-laboratoriums by Onderstepoort en die resultate van die navorsing wat by die Instituut vir Mediese Navorsing in Johannesburg en die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) in Pretoria gedoen is, is vir ander afrikagebiede beskikbaar gestel. Deur gronderosie te beveg en Zoeloeland van nagana en die Laeveld van malaria te bevry, het Suid-Afrika die weg oopgestel vir die benutting van groot dele van die vasteland.

In 1950 was Suid-Afrika 'n saamroeper en stigterslid van twee belangrike koördinerende liggame - die Kommissie vir Tegniese Samewerking suid van die Sahara (CCTA) en die Wetenskaplike Raad vir Afrika suid van die Sahara (CSA). Voor die Tweede Wêreldoorlog het daar in die koloniale gebiede min inrigtings vir hoër opleiding bestaan en het baie jong swartes van die Noorde hul opleiding aan Suid-Afrikaanse kolleges ontvang, veral aan die Universiteitskollege van Fort Hare. Suid-Afrikaanse universiteite het ook baie bygedra deur navorsing op die gebied van etnologie en Afrikatale. Argeoloë van die formaat van Van Riet Lowe, Broom en Dart het nuwe sienings van die voorgeskiedenis van die vasteland moontlik gemaak.

Gedurende en ná die Eerste Wêreldoorlog het die Suid-Afrikaners geesdriftige vlieëniers geword. In 1920 het Van Ryneveld en Brand 'n merkwaardige vlug tussen Engeland en die Kaap afgelê en was maj. Miller 'n baanbreker in die plaaslike lugvaart. Lugroetes het die spoorwegnetwerk aangevul in die vervoer van passasiers en pos oor die kontinent na die Noorde en ook in hierdie nuwe ontwikkeling het Suid-Afrika 'n aansienlike rol gespeel.

Tussen 1920 en 1938 was daar nuwe tekens van belangstelling in Afrikasake. Die mandaatstelsel en lord Lugard se beskouings oor die verantwoordelikheid van koloniale regeerders teenoor tropiese kolonies was gedeeltelik daarvoor verantwoordelik. Ook genl. Smuts het 'n belangrike bydrae gelewer in die vorm van 'n reeks lesings wat hy in 1928 in Oxford gelewer het. Hy het 'n nuwe benadering en gekoördineerde pogings vir die hantering van Afrikaprobleme bepleit. Die resultate van sy aanbevelings sou gedeeltelik in lord Hailey se African Survey (1938) en in prof. Frankel se Capital Investment in Africa gesien word; lg. werk het gewys op die belangrike rol van die mynwese in die Suide en het getoon dat Suid-Afrika verantwoordelik was vir 'n derde van die kapitaalbeleggings in die suidelike helfte van die vasteland van Afrika.

Die wêreldoorloë het van baie Suid-Afrikaners soldatereisigers emaak. Duisende was die slagoffers van ontberings en tropiese siektes in Duits-Oos-Afrika (1916-1918). Gedurende die krisistydprk in die dertigerjare het die Minister van Verdediging, mnr. Oswald Pirow, en genl. Smuts voorspel dat Suid-Afrika se weermag in 'n toekomstige konflik in die Noorde betrek sou word. Dit was inderdaad so. Suid-Afrikaners is deur die Tweede Wëreldoorlog na Kenia, Somaliland, Ethiopië, Egipte, Madagaskar  en Libië geneem. Selfs al was die indrukke daar vlugtig, het dit 'n verruiming van perspektief meegebring. Die oorlog het aan die Suid-Afrikaanse nywerhede stukrag verleen en nuwe markte vir hul produkte het ontstaan, veral iln die tropiese kolonies van ekwatoriale Afrika wat tydelik deur die Nazi-besetting van hul moederlande afgesny was.

Ten spyte van die wye omgang en verskeie punte van kontak, het die meeste Suid-Afrikaners na binne bly kyk; hulle was gesus deur die oënskynlike bestendighede van koloniale bestuur en was skaars bewus van die roeringe van swart nasionalisme. Die gemiddelde Suid-Afrikaer het die vasteland anderkant Lourenço Marques en Ndola as as afgeleë en onbeduidend beskou; Suid-Afrika was in die vasteland van Afrika, maar sy belangrike kulturele en handelsbande was met Europa. Die skielike onttrekking van Frankryk, België en Brittanje uit die koloniale gebiede en die ontstaan van onafhanklike swart state was ' n wrede ontnugtering. In 1957 het Ghana 'n lid van die "binnesirkel" van die Statebond geword. Suid-Afrika was magteloos om die loop van die gebeure in die vroeëre koloniale gebiede te beïnvloed en moes dringende probleme in die gesig staar, veral m.b.t. sy eie veiligheid en verhoudings met 'n reeks nuwe swart state. As gevolg van hul onsekere posisie in die nuwe swart state, het talle Suid-Afrikaners hul werk in die Noorde prysgegee om 'n nuwe bestaan in Suid-Afrika te gaan soek.

Teen 1960 was Afrika, al was dit slegs tydelik, op die voorhoede van wêreldgebeure. Daar was 'n ongekende aanvraag na boeke en inligting oor Afrika-aangeleenthede in Suid-Afrika en elders. In erkenning van dié behoeftes is die Afrika-instituut in 1960 in Pretoria gestig. Nuwe kursusse in Afrika-geskiedenis en Bantoe-adminsitrasie is aan universiteite aangebied en koerante het prominensie verleen aan die vinnige opeenvolging van gebeurtenisse in die nuwe tydperk wat oor die vasteland aangebreek het.

Suid-Afrika was die enigste geïndustrialiseerde staat in die vasteland. In diepmynontginning, geologie, meteorologie, kartografie, mediese navorsing, behuising en vervaardigde produkte was hy op die voorpunt van vooruitgang. Hy was meer as ooit in 'n posisie o m, t.o.v. toerusting, tegnieke en geskoolde personeel, onskatbare dienste aan die Afrika-state te lewer. Die politieke denkrigting wat by die meeste nuwe Afrikaleiers op die voorgrond was, het verhoed dat hulle Suid-Afrika se hulp aanvaar. Hulle het solidariteit mt die "onderdrukte" swartmense in die Suide bely en het verklaar dat hulle hoop om "wit heerskappy" op die vasteland te beëindig. In navolging van Indië het hulle 'n vyandige houding aangeneem en hul groeiende verteenwoordiging by die VVO gebruik om Suid-Afrika aan te val oor die Indiërminderheidsvraagstuk, Suidwes-Afrika en die toepassing van "apartheid".

Ná die Accra-konferensie van 1958 en die skietvoorval by Sharpeville het die intensiteit van die veldtog teen Suid-Afrika toegeneem. Met Republiekwording in 1961 het Afro-Asiatiese lidmaatskap in die Statebond bygedra tot die onttrekking van Suid-Afrika uit dié liggaam. Baie Afrika-state het handelsbetrekkinge met die Republiek verbreek en hy is uit die CCTA en CSA gesit. Veral ná die ontstaan van die OEA was daar uitgebreide poggings om Suid-afrikaanse produkte te boikot en selfs om die toevlug te neem tot meer militante "sanksies". Verskeie Afrika-state het hul hawens en lughawens vir Suid-Afrikaanse skepe en vliegtuie gesluit. Suid-Rhodesië en die Portugese gebiede het die nuwe Afrika van die Republiek geskei en die vooruitsigte om hierdie kloof te oorbrug, was skraal. Waar Suid-Afrika vroeër onverskillig gestaan  het teenoor toestande van isolasie, het 'n werklik gevaarlike isolasie nou gedreig. Die "westerse beskawing" suid van die Zambesi was op die verdediging. Die gevaar het nie gelê in die ontbering van taamlik onbeduidende markte of in die militêre mag van die swart Afrika-state nie, maar in die wêreldmagte waarby die state om hulp aangekklop het; by die VVO en elders.

Die Republiek het op die vyandigheid gereageer met groter saamhorigheid onder sy blanke bevolking, met die aanmoediging van immigrasie uit Euroopa en met militêre waaksaamheid. Gelukkig het Suid-Afrika 'n ekonomiese oplewing ondervind. Die nuwe Afrika-state se ontwikkeling was onstabiel en daar was hoop dat hulle na die "roes van onafhanklikheid: 'n meer gematigde houding sou inneem. Dit was duidelik dat Zambië en Malawi nie handelsbetrekkinge met die Suide kon ontbeer nie en met die onafhanklikheidswording van Betsjoeanaland en Basoetoland, was daar aanduidings dat hulle ekonomiese afhanklikheid nog groter sou wees.

Die sluiting in 1967 van 'n handelsverdrag met Malawi was van groot betekenis in die Republilek se beleild van die vestiging van hartlike betrekkinge met die nuwe swart state. Dr. H. Banda, die president van Malawi, was nie bereid om die vyandige gesindheid van die OEA teenoor die Republiek te steun nie en in September 1967 is besluit dat die Republiek en Malawi diplomatieke verteenwoordgiers sou uitruil.

Gevare van verandering: Mosambiek en Angola

Op 25 April 1974, o.l.v. genl. Antonio de Spinola, 'n veteraan van die onlangse veldtogte in Afrika, is die Portugese regering omvergewerp in 'n staatsgreep deur 'n groep jong offisiere. Die Salazar-Caetano-tydperk van Portugese samewerking met Suid-Afrika en Rhodesië het tot 'n einde gekom. 'n Uiters onheilspellende noot het vir die witmense van Suider-Afrika geklink toe Spinola se opvolgers in Lissabon hulle begeef op die weg van dekolonisasie en haastige onttrekking aan gebiede in Afrika waar Portugal vir eeue geregeer het. Mosambiek is op 25 Junie 1975 aan die linkse Frelimo-beweging oorhandig. In Angola was drie swart bewegings, MPLA, Unita en FNLA, mededingers om die mag oor te neem toe die Portugese bewind op 11 November 1975 eindig. In albei die gebiede het die Portugese setlaars, verwilder deur die verandering en bevrees oor hul toekoms onder nuwe bewindhebbers, hul plase en sake-ondernemings prysgegee in 'n algemene uittog oor land, see en deur die lug. Duisende het oor internasionale grense gevlug en is skuililng gegee in vlugtelingkampe in Transvaal en SWA. Die Republiek kon aan party van die ontworteldes 'n vaste tuiste bied, maar die meerderheid moes terugkeer na die onsekerhede van hervestiging in Portugal.

Suid-Afrika se betrekkinge met die onafhanklike Mosambiek onder Samora Machel het sonder uiterlike wrywing ontwikkel, ondanks die verklaarde Marxistiese aard van die nuwe regering. Ofskoon die Republiek se konsulaat-generaal in Lourenço Marques (nou Maputo) gesluit is, het 'n inwonende handelsending voortgesette kontak verskaf. Met sy ekonomie ontwrig en sy opgeleide beroepsklas uitgedun, het Mosambiek feitlik geen keuse gehad nie as om sy spoorverkeer met Suid-Afrika te handhaaf en van die Suid-Afrikaanse tegniese hulp gebruik te maak vir die doeltreffende werking van die hawe by Maputo. Toerisme uit Suid-Afrika, 'n nuttige bron van inkomste, het feitlik tot stilstand gekokm, dog die voortgesette indiensneming van 'n groot getal trekarbeiders deur die Suid-Afrikaanse goudmyne het verseker dat die Mosambiekse regering 'n gedeeltelike betaling in goud vir hul dienste ontvang en die wins van die verkoop daarvan, wat voorheen na Portugal gegaan het, bekom het. Daar was ander voordele vir Mosambiek daarin om 'n vervaardigingsland byderhand te hê wat sekere goedere goedkoper aan hom kon verskaf as dié wat uit Europa ingevoer is.

Vir Suid-Afrika was daar duidelilke voordele te behaal uit selfbeheerste beleidsrigtings jeens en vreedsame naasbestaan met Mosambiek. Op die politieke vlak het dit die moontlikheid verminder dat Mosambiek as 'n afspringplek dien vir gewapende invalle oor die Republiek se grense. Ook Suid-Afrika het aansienlike ekonomiese oorweginge gehad. Toe Portugal van beheer oor die land afstand doen, was die groot Cabora Bassa-waterkragskema, waarin Suid-Afrika 'n groot aandeel gehad het, naby voltooiing. Dit sou 'n gewenste toevoeging tot Suid-Afrika se bronne van elektriese krag wees en ná Mosambiek se onafhanklikwording is dié ooreenkoms inderdaad gestand gedoen. Krag van Cabora Bassa het gevolglik op 26 Maart 1977 vir die eerste keer na die Suid-Afrikaanse stelsel gevloei. Sedert 1895 was die spoorlyn van Delagoabaai 'n belangrike kort roete na die Witwatersrand. Ondanks die ontwikkelilng van 'n nuwe hawe by Richardsbaai, het Maputo 'n belangrike toegangspunt gebly vir Suid-Afrika se geïndustrialiseerde noorde en dit was in die Republiek se belang dat daar 'n voortgesette goedereverkeer na en van die Witwatersrand op die roete sou wees. As Suid-Afrika 'n groter gewig in die verhouding gedra het, kan Mosambiek se afhanklikheid grootliks toegeskryf word aan 'n erfenis van onderontwikkeling uit die koloniale tyd.

Samora Machel het hom by die openlike vyande van die UDI-regering in Salisbury geskaar en het Mosambiek se grens met Rhodesië op 3 Maart 1976 gesluit. Suid-Afrika was nou die enigste verskaffingskanaal waardeur Rhodesië olie e.a. noodsaaklike invoere ontvang het. Die internasionale druk op die Republiek om sy steun aan Rhodesië te staak, het toegeneem. Met die vestiging in Mosambiek van basisse vir "vryheidsvegters" het die vyandelikhede oor Rhodesië se grense in omvang en hewigheid toegeneem. Politiek en ekonomies het Mosambiek nie veel beweegruimte gehad nie, maar sy inisiatiewe teenoor Rhodesië, die gevolge waarvan tot die ingewikkeldheid van Suid-Afrika se probleme bygedra het, was nie die dade van 'n kliëntestaat nie.

In teenstelling hiermee was daar in die geval van Angola min bestaande bande en geen bedingingsplatform nie. Teen die middel van 1975 was dit nie duidelik watter een van die opstandsbewegings, of watter kombinasie daarvan, uit Luanda sou regeer wanneer onafhanklikheid aanbreek nie. Vir Suid-Afrika was daar twee onmiddellike oorweginge. Gewapende Swapo-invallers het die suide van Angola as 'n basis teen SWA gebruik en het oënskynlik die steun van die Unita-beweging in die dun bevolkte suidelike gebied gehad. Kragtens 'n vroeëre ooreenkoms met Portugal was daar aan die Kunenerivier en deels aan die Angola-kant daarvan 'n projek in aanbou waaraan die Republiek groot somme betee het. Die doel daarvan was om hidro-elektriese krag en water vir besproeiing en die nywerheidsontwikkeling van Owambo te verskaf. In die breër sin was Angola ryk aan natuurlike hulpbronne, insluitende olie, en was hy klaarblyklik 'n potensiële handelsvennoot. Dit kon verwag word dat Suid-Afrika en die Westerse moondhede in die algemeen ten gunste sou wees van die instelling van 'n "gematigde" of Westers-georiënteerde regering in Luanda. Vanuit daardie gesigspunt was die MPLA-beweging onder Agostinho Neto, wat baie van sy steun van die Sowjet-blok ontvang het, die mins welkome vooruitsig.

Teen Augustus 1975, voordat Portugal finaal van sy soewereiniteit oor die grebied afstand gedoen het, was klein Suid-Afrikaanse eenhede oorkant die grens geplaas om die Kunene-bouwerke te beveilig. 'n Sekere mate van Suid-Afrikaanse hulp, in die vorm van toerusting, het die Unita-beweging onder Jonas Savimbi bereik en Unita is skynbaar oorreed om sy steun aan Swapo te laat vaar. Suid-Afrika het die geleentheid aangegryp om die Swapo-basisse in Suid-Angola te teister, maar laat in Oktober het die "hakkejag"-operasies ontwikkel in 'n meer ambisieuse oprukkingsprogram. Dié stap h et in verband gestaan met die openlike botsing wat nou voorgekom het tussen die MPLA en 'n bondgenootskap van Unita en FNLA. Beperkte Suid-Afrikaanse magte, op die meeste sowat 2 000, en Unita-grioepe het groot dele van Suid- en Sentraal-Angola platgeloop, insluitende die sentrums Lobito en Benguela. Hulle was spoedig binne trefafstand van Luanda. Dr. Neto se MPLA-beweging het  reeds Kubaanse e.a. Kommunistiese steun gehad in die vorm van raadgewers en toerusting, maar op 5 November was daar ' n dramatiese wending met die aankoms in Luanda van 'n aantal Kubaanse soldate. Saam hiermee het besendings Russiese militêre toerusting aangekom. Die momentum van die aanslag waaraan Suid-Afrikaners deelgeneem het, is gestuit en nuwe besluite moes in pretoria geneem word.

Op 17 November is die Suid-Afrikaanse koerante verbied om verslae van die militêre betrokkenheid in angola te plaas, maar dit het tog geblyk dat die opmars dieper daardie land in aangepak is met die verwagting van goedkeuring en steun van Amerika. Die amerikaanse Kongres, met die rampspoedige verstrikking in Viëtnam in gedagte, het egter geweier om verdere hulp aan die bewegings Unita en FNLA goed te keur. Suid-Afrika het besef dat hy geïsoleer is en dat 'n verdere konfrontasie met die MPLA en sy magtige bondgenote gevaarlik sou wees. Die onttrekking van die Suid-Afrikaanse magte aan Angola is gevolglik op 27 Maart 1976 afgehandel. Die MPLA en sy bewonderaars het op 'n oorwinning aanspraak gemaak, hoewel dit op suiwer militêre gronde betwyfelbaar as; hulle het die feit dat agt Suid-Afrikaanse soldate op Angolese grondgebied gevang is, vir propagandadoeleindes uitgebuit. In werklikheid was daar geen groot gevegte nie en het die klein Suid-Afrikaanse afdelings wat ver en wyd ogetree het, hul dapperheid en vaardige beweeglikheid bewys.

Die Republiek het nietemin in 'n operasie betrokke geraak wat uit pas was met sy gewone selfbeheersing, die doelstellinge is nie bereik nie en sy prestige het 'n knou gekry. Die Angolese terugslag was skadelik vir die ontwikkeling van 'n "uitwaartse beleid" en het militante swart nasionalisme aangemoedig. Die MPLA en sy Kubaanse bondgenote het mettertyd dele van Suid-Angola beset, ondanks 'n voortgesette guerrillaweerstand deur Unita. Die benutting van die Kunenerivier kon nie in sy oorspronklike vorm voortgaan nie en die buitelandse vleuel van Swapo was verseker van basisse en voorraad vir verdere terroristiese bedrywighede. Om invalle in SWA teen te gaan, moes die Republiek groter militêre magte in die grensgebiede in stand hou. Operasies teen Swapo het van tyd tot tyd "hakkejag"-invalle oor die Angolese grens ingesluit en soms, soos in die geval van die geslaagde aanval in Mei 1978 op Swapo se "Moskou"-basis, 'n aansienlike ontplooiing van lug- en landmagte. Die onveiligheid van die gebied wat aan Angola grens, was 'n belangrike faktor wat die toekoms van SWA (Namibië) beïnvloed het.

Oorgang in Rhodesië (Zimbabwe) en Suidwes-Afrika (Namibië)

Die ontbinding van die Portugese koloniale ryk het Suid-Afrika min ander keuse gelaat as om sy verhouding met Rhodesië en selfs met sy eie pleegkind, Suidwes-Afrika, aan te pas. Die cordon sanitaire van aangrensende bufferstate wat tot 1974 bestaan het, was aan die verkrummel en die verspreiding van terroristiese oorlogvoering in Rhodesië en in 'n mindere mate SWA, was die gevolg daarvan. Teen 1975 was Marxistiese regerin gs besig om in Maputo en Luanda aan die bewind te kom. Ook die groter agtergrond het ontstellende aspekte vir Suid-Afrika bevat. Dit het gelyk asof dit die Verenigde State van Amerika en die Weste in die algemeen aan vasberadenheid en eenheid ontbreek, terwyl die Sowjet-Unie, wat deur die Kubaanse handlangers opgetree het, 'n suidwaartse druk in Afrika uitgeoefen het. Daarby het die Angolese konflik getoon watter verreikende betekenis die groei van die Russiese mag ter see gehad het.

Dit was vir die Suid-Afrikaanse beleidmakers ondenkbaar dat Rhodesië die patroon van Mosambiek en Angola moes volg en dat 'n vyandige regering oorkant die Limpopo aan die bewind kom. Daarby was daar onder sommige blankes in Suid-Afrika groot bewondering vir die vasberadenheid en vindingrykheid waarmee Ian Smith se regering sy oorlewingstryd gevoer het. Daar was nietemin die realistiese besef dat Rhodesië, met sy klein blanke bevolking, nie in staat sou wees om 'n uitputtingsoorlog onbepaald vol te hou nie. Groter Suid-Afrikaanse militêre steun vir Rhodesië kon tot 'n oorlog met ander swart Afrika-state eskaleer en 'n verskoning vir inmenging deur magte van buite voorsien. Die onttrekking in Maart 1975 van die Suid-Afrikaanse polisie-eenhede aan die bosoorlog in Rhodesië het gedui op 'n versigtige benadering. Suid-Afrika is buitendien gekonfronteer met VVO-sanksies weens sy volgehoue weiering om sy grens met Rhodesië te sluit. Terwyl die Rhodesiese regering op die goedgesindheid van sy Suid-Afrikaanse eweknie kon staatmaak, kkon hy nie aanneem dat die Republiek 'n reddingsoperasie sou onderneem nie.

Suid-Afrika het in aansienlike mate die sleutel tot Rhodesië se lot gehou, maar sy eie belange het die swaarste geweeg. In die omstandighede het dit na die voordeligste alternatief gelyk om 'n skikking binne Rhodesië aan te moedig wat aan die aspirasies van die gematigde swartes sou voldoen, verkieslik die blanke minderheid daar sou beveilig en internasionale erkenning vir die staat sou verkry. Die Republiek sou dan verseker wees van 'n buurman met wie handels- en ander bande behou kon word, terwyl die ophef van sanksies teen Rhodesië Suid-Afrika van een van die punte sou verlilg waar hy self gevoelig was vir buitelandse druk.

Suid-Afrika se pogings om détente en "dialoog" met gematigde Afrika-state te bevorder, het verband gehou met die Rhodesiese sowel as ander strydvrae. Die Eerste Minister, B.J. Vorster, het met 'n treffende vertoning van inisiatief in September 1974 na die Ivoorkus gevlieg, in Oktober 1974 na Malawi en in Februarie 1975 na Liberië vir samesprekinge met swart Afrika-leiers. In Augustus 1975 het hy pres. Kenneth Kaunda van Zambië by 'n konferensie op die brug by die Victoria-waterval ontmoet. Kaunda en hy het as beskermhere opgetree in wat geblyk het 'n onsuksesvolle poging te wees om ooreenkoms tussen Ian Smith se regering en die swart Rhodesiese nasionaliste teweeg te bring.

Die suider-Afrikaanse vraagstukke het teen 1976 sulkl afmetinge aangeneem, dat dr. Henry Kissinger, Amerika se minister van buitelandse sake, self tussenbeide getree het. Sy klaarblyklike doelstelling was die skep van 'n streek met politieke en ekonomiese stabiliteit wat die Kommunistiese aanslae kon weerstaan. Mnr. Vorster het hom by drie reekse samesprekinge ontmoet, in Beiere in Junie en in Zürich en Pretoria in September. By die Pretoria-konferensie, waar die Rhodesiese eerste minister teenwoordig was, het mnr. Smith die beginsel van meerderheidsregering binne twee vir sy land aanvaar. Ondanks dié belangrike toegewing, het positiewe resultate uitgebly; leiers van ekstremistiese swart bewegings het geweier om enige skikking te erken wat nie aan hul eie voorwaardes voldoen het nie. Terroristiese optrede in Rhodesië het voortgeduur, sowel as Rhodesiese straf-ekspedisies teen basisse in Mosambiek, Zambië en selfs Angola. Verdere Amerikaanse en Britse pogings om die probleem op te los, was vrugteloos.

Met verontagsaming van buite-voorskrifte, het die Rhodesiese regering en party van die invloedryke swart leiers tot 'n ooreenkoms gekom wat in Maart 1978 bekragtig is en tot 'n oorgangsregering gelei het. Mnr. Vorster het onmiddellik sy bereidwilligheid te kenne gegee om op die grondslag van goeie buurskap met die nuwe regering saam te werk. Op 27 Mei het hy op Graaff-Reinet 'n beroep op die Britse en Amerikaanse leiers gedoen om die sanksies teen Rhodesië op te hef en die tussentydse regering te steun.

Ná 'n verkiesing in April 1979 volgens die beginsel van een mens, een stem, het biskop Abel Muzorewa op 1 Junie 1979 die eersteministerskap aanvaar. Onder sy eerste doelstellinge, op 'n wêreldtoneel waar hy tallose kritici gehad het, was die ophef van sanksies en die verkry van internasionale erkenning vir 'n Zimbabwe-Rhodesië onder 'n swart meerderheidsregering. Suid-Afrika sou vanselfsprekend die bereiking van dié doelstellinge met bevrediging bejeën.

In Julie het die Britse regering weer met stappe begin om vir Rhodesië "wettige onafhanklikheid" en internasionale erkenning te verkry. Ná 'n uitgerekte konferensie by Lancaster House in Londen, bygewoon deur biskop Muzorewa en sy opponente, die leiers van die Patriotic Front, Robert Mugabe en Joshua Nkomo, is 'n oplossing gevind. Britse soewereiniteit is in Desember heringestel toe lord Soames vir 'n oorgangstyd as goewerneur die bewind aanvaar het. Ná 'n skietstaking is opnuut 'n verkiesing gehou, waarin Robert Mugabe se party 'n klinkende oorwinning behaal het. Op 18 April 1980 het Zimbabwe 'n onafhanklike republiek binne die Statebond geword.

Die Suid-Afrikaanse regering het hierdie gebeure met besorgdheid gadegeslaan, omdat hy geglo het dat gematigde elemente binne Rhodesië onder behoorlike druk geplaas is en dat 'n gevaarlik chaotiese toestand kon ontstaan. Op 30 November het mnr. P.W. Botha in Johannesburg te kenne gegee dat Suid-Afrikaanse magte oor die land se lewensnoodsaaklike kommunikasielyne binne Rhodesië waak, veral by Beitbrug. Die Patriotic Front het luid geprotesteer teen hul teenwoordigheid op Rhodesiese grondgebied, maar in werklikheid is hulle voor die einde van die oorgangstydperk onttrek.

In 1980 het die Republiek dus 'n tydperk van nuwe verhoudinge met sy noordelike buurstaat betree. Met die ophef van sanksies teebn Rhodesië is een element wat verleentheid kon skep, verwyder. Voorts was daar ook geen skielilke uittog van die wit minderheid suidwaarts oor die Limpopo nie. Daar was tekens dat realisme eerder as ideologie die houding van die nuwe regering van Zimbabwe sou bepaal. Robert Mugabe, wat as ekstremis beskou was, het hom met merkbare beheerstheid uitgelaat oor Zimbabwe se toekomstige ekonomiese e.a. bande met die Republiek.

Die dispuut met die VVO oor SWA het een van die Republiek se kwellendste vraagstukke gebly. In 1969 het die Veiligheidsraad geëis dat Suid-Afrika sy administrasie onmiddellik beëindig en die jaar daarop het dit die Alagemene Vergadering se h ouding aanvaar dat Suid-Afrika se voortgesette teenwoordigheid daar "onwettig" was. 'n Hersaamgestelde Wêrelhof het dié siening in 1971 in 'n adviserende mening ondersteun. Intussen het die Republiek geen teken getoon dat hy onder die druk meegee nie. Trouens, die Suidwes-Afrikawet van 1969, wat baie administratiewe funksies vaster aan die Republikeinse struktuur gebind het, het die moontlikheid ingehou dat SWA in 'n later stadium "die vyfde provinsie" kon word. Die Republiek se patroon van afsonderlike ontwikkeling is na die gebied uitgebrei met die instel van tuisland-selfregering in Owambo (1968) en Kavango (1973).

Die stappe wat deur die VVO gedoen is, is deur sekere eienaardighede gekenmerk. In 1969 het dié liggaam bv. die naam "Namibië" vir die gebied aangeneem in ooreenstemming met wat dit bestempel het as die wense van die inwoners; die algemene Vergadering het in 1973 die pos Kommissaris vir Namibië geskep, die bekleër waarvan bygestaan is deur 'n Namibië-raad, terwyl Swapo ook erken is as die "outentieke" stem van die gebied. Die beamptes wat deur die Algemene Vergadering aangestel is, het nie toestemming van Suid-Afrika gekry om die gebied binne te gaan nie en hul rol was dié van kritiese waarnemers van buite. Die VV"O het nietemin samesprekinge voortgesit met die "onwettige" besettingsmag, veral deur dr. Kurt Waldheim, Sekretaris-generaal, wat Windhoek in 1971 besoek het. In 1974 het die Veiligheidsraad weer geëis dat Suid-Afrika sy administrasie van die gebied teen 30 Mei 1975 beëindig.

In hierdie tyd het die Suid-Afrikaanse regering 'n nuwe koers ingeslaan wat daarop neergekom het dat die begrip van "die vyfde provinsie" prysgegee is. Daar was verskeie faktore agter hierdie herwaardering. Die uitgerekte dispuut met die VVO het die mense van Suidwes ná byna 30 jaar onseker oor hul toekoms gelaat; daar was sporadiese arbeidsonrus en dade van geweld en intimidasie deur Swapo, en dit was duidelik dat baie sektore van die plaaslike mening gekant was teen die toepas van afsonderlike ontwikkeling met sy klem op etniese verdelings. Die Angolese krisis van 1975 het gewys hoe nodig dit was dat daar interne stabiliteit en eenheid in die gebied sou wees. Die Republiek se eie isolasie, wat veral in dié tyd opvallend was, het gelei tot 'n soeke na 'n skikking wat vir die internasionale gemeenskap aanneemlik sou wees. Dié houding was in ooreenstemming met die Republiek se belang daarin om 'n skikking te bevorder van die parallelle Rhodesiese kwessie. Mnr. Vorster het sy siening bekend gemaak - dat die mense van SWA, waarvan hy Sam Nujoma se Swapo uitgesluit het - toegelaat moet word om hul eie lotgevalle te bepaal.

Die Turnhalle-konferensie in Windhoek, wat in 1975 byeengeroep is en waaraan woordvoerders van verskillende etniese elemente van die bevolking deelgeneem  het, was ;'n manifestasie van 'n nuwe tendensie. Die konferensie het sy voorneme verklaar om 'n nuwe grondwet uit te werk wat SWA in staat sou stel om teen die end van 1978 onafhanklik te word. Toe sy beraadslaginge in 1977 eindig,  het 'n bloudruk vir 'n tussentydse regering reeds vorm aangeneem. Die stigting van politieke partye het gevolg, waarvan die veelrassige Demokratiese Turnhalle-alliansie (DTA), o.l.v. Dirk Mudge, die belangrikste was. Die Turnhalle-plan is egter verwerp deur Sean MacBride, die VVO-kommissaris vir Namibië, deur die VVO se Namibië-aad en deur die OEA, wat beweer het dat geen reëling goedgekeur kon word as dit nie Swapo se steun geniet nie; hul eis was vir 'n nasionale verkiesing onder internasionale toesig.

Pogings om die kloof tussen die posisies van die VVO en die Republiek te oorbrug, is hierna aangewend. Die Amerikaanse vise-president, Walter Mondale, het in Mei gesprekke met mnr. Vorster in Wene gevoer, waar besluit is dat algemene stemreg van toepassing sou wees in 'n verkiesing in SWA en dat die Republiek 'n administrateur-generaal sou aanstel om die weg te berei vir 'n verkiesing waarby die VVO betrokke sou wees. Die ambassadeurs van vyf van die Westerse moondhede wat sitting in die Veiligheidsraad gehad het (Amerika, Brittanje, Frankryk, Wes-Duitsland en Kanada) het toe 'n kontakgroep gevorm wat onderhandelinge met mnr. Vkorster en sy minister van buitelandse sake voortgesit het. Hulle het 'n formule uitgewerk wat in die algemeen bevredigend vir beide partye voorgekom het. Die voorgestelde administrateur-generaal sou deur 'n VVO-sekretariaat bygestaan word, 'n vrye verkiesing vir 'n grondwetlike vergadering sou onder VVO-toesig gehou word en die finale doelstelling sou die samestelling van 'n regering wees ingevolge 'n grondwet wat deur die grondwetlike vergadering opgestel is. Tydens die verkiesing sou 'n skietstaking heers en sou Suid-Afrika sy militêre magte in beplande stadiums onttrek.

In September 1977 is regter M.T. Steyn, 'n kleinseun van die beroemde president van die Oranje-Vrystaat, aangestel as Administrateur-generaal met wye magte. Hy was verantwoordelik vir die handhaaf van die reg en orde, vir die herroiep van die paswette e.a. diskriminerende wetgewing en vir die instel van 'n registrasieprogram wat 440 000 kiesers op die kieserslys geplaas het. Baie van die administratiewe take wat uit Pretoria verrig is, is teruggeplaas na die tussentydse owerheid in Windhoek. Nog getuienis van skeiding het in 1978 gekom toe die verteenwoordiging van SWA se blankes in die Republiek se Volksraad en Senaat beëindig is. Samewerking met die VVO, wat belofte getoon het, het begin skeef loop. Martti Ahtisaari, wat Sean MacBride as Kommissaris vir Namibië opgevolg het, is aangestel as die spesiale verteenwoordiger van die Sekretaris-generaal om met regter Steyn te beraadslaag en te reël vir die VVO se deelname in ooreenstemming met die riglyne van die kontakgroep se aanbevelinge. Punte van dispuut was die toekoms van die Walvisbaai-enklave, wat Suid-Afrikaanse grondgebied is en nie 'n deel van die oorspronklike mandaat nie; die grootte en samestelling van die VVO se militêre mag wat tydens die oorgangstyd in SWA ontplooi sou word en die kwessie van die kontroleer van Swapo se basisse in Angola in dié tydperk.

Suid-Afrika was ongerus oor die voortgesette terroristiese optrede in Owambo, wat hoofsaaklik teen burgerlikes gemik was en onthuts toe sy militêre vergeldingsoptrede in die VVO veroordeel is; hy het gevoel dat die kontakgroiep se formule, wat in Julie 1978 aanvaar is, tot voordeel van Swapo verwring word. Op 20 September het die Suid-Afrikaanse eerste minister verklaar dat die "omvattende ooreenkoms" verbreek is en dat reëlings sou voortgaan vir 'n verkiesing in die gebied van 'n grondwetlike liggaam sonder VVO-toesig. In die daaropvolgende verkiesing het die DTA te voorskyn getree as die as die oorheersende politieke party. Die deelname van die VVO aan 'n latere verkiesing is nie uitgesluit nie, maar in so 'n geval sou die verkose verteenwoordigers van Suidwes/Namibië geraadpleeg word. Intussen is Suid-Afrika nie onthef van sy algemene verbondenheid aan die gebied of die kommer wat dit veroorsaak het nie.

Suid-Afrika se poging in die sewentigerjare om stewiger betrekkinge op 'n basis van samewerking in Afrika tot stand te bring, het 'n geringe oes gelewer. 'n Regerinsverandering in 1972 in die Malgassiese Republiek het daartoe gelei dat die nuwe bewind politieke en ekonomiese bande met die Republiek verbreek het. Swart Afrika was verenig in sy veroordeling van "aggressie" in Angola, en die ernstige binnelandse onluste in 1976 in Soweto en elders het gelei tot bitter besware teen die beleid van "apartheid".

Malawi, 'n buitengewone geval, het gebaat by 'n normale diplomatieke verhouding, wat in 1968 'n groot Suid-Afrikaanse lening tot gevolg gehad het vir die eerste stadium van die bou van 'n nuwe hoofstad by Lilongwe, asook ' n verdere lening vir spoorbouwerk.

Zambië se verhouding met Suid-Afrika is deur tweeslagltigheid gekenmerk. Die Lusaka-regering het Pretoria daarvan beskuldig dat hy 'n "onwettige" bewind in Rhodesië steun en het terroriste toegelaat om Zambiese grondgebied te gebruik vir aanvalle op die Caprivi-strook. Maar terselfdertyd was Zambië van die Republiek afhanklik vir baie van sy invoere en het die handel voortgeduur. Toe die Benguela-spoorlyn tydens die Angolese krisis en vir jare daarna gesluit was, het Zambië probleme gehad met die uitvoer van sy belangrikste produk, koper. In 1978 is hy gedwing om koper deur die gebied van die "vyand", Rhodesië, na die Suid-Afrikaanse hawens te verspoor. In soortgelyke omstandighede was selfs die afgeleë Zaïre genoodsaak om sommige van sy koper deur Oos-Londen uit te voer.

Die Republiek se betrekkinge met twee van die gewese protektorate, Lesotho en Botswana, weas nie heeltemal hartlik nie. Hul leiers was kritici van Suid-Afrika se rassebeleidsrigtings en vlugtelinge uit die Republiek het hul grense oorgesteek om asiel te vra. Daarby het Lesotho in 1976 aanspraak gemaak op grondgrebied van die Republiek. Ondanks die gemeenskaplike ekonomiese e.a. belange, was die pad na enige suidelike vereniging of statebond lank en moeilik.

A.M. Davey

Onder redaksie van Prof CFJ Muller

500 Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis

Derde Hersiene en Geïllustreerde uitgawe

ISBN 9780686743134