# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Jan Spies


Johannes Petrus (Jan) Spies † 30 Junie 1936 - 4 Januarie 1996 was 'n bekende storieverteller en skrywer. Hy was saam PG du Plessis die aanbieder van die gewilde televisieprogram Spies en Plessie – met permissie, waardeur persoonlikhede soos Tolla van der Merwe,  Koos Meyer, Danny Pretorius, Nico Nel en Pyp de Villiers in die volksmond bekend geword het.  Gebore op die Plaas Sekretarispan. 

Jan Spies ontvang die Rapport Ryers Prys vir sy werk Spieserye in 1992. Sy Monitor-vertellings (Radio Sonder Grense of RSG) oor die radio het hom feitlik oornag tot in die verste buitehoeke van die land beroemd gemaak 

Wanneer die sangeres Arina de Witt oor die gevierde storieverteller Jan Spies praat, dink sy nie aan sy pittige grappies of sêgoed oor koffie nie. "Ons het hom geken as iemand met 'n belangstelling in 'n wye verskeidenheid onderwerpe - van die mitologie tot die sterrekunde," vertel sy. Dié sangeres onthou hoe hy geworstel het met sy vrae oor geloof, sy liefde vir Namibië en sy gedigte oor alleenwees. De Witt het Spies leer ken toe hulle saam vir die Nambiese koerant, Die Republikein, gewerk het. "Maar dit is deur musiek wat ons vriende geword het," sê sy. Spies het die lirieke vir De Witt se eerste groot treffer, Rietjiesfluit geskryf en ook vier liedjies op haar eerste album geskryf. "Ek is bly dat hy daardie kant van my kon wakkerskud."

"Hy was nie net 'n storieverteller nie, maar ook 'n filosoof, letterkundige, grapmaker, sterrekundige en argeoloog." Só beskryf sy goeie vriend, Ollie Viljoen vir Jan Spies. "Hy was beslis die merkwaardigste mens wat ek ooit geken het". Hy onthou hoe sy sekretaresse vir hom kom sê het as Spies op die telefoon is. "Doktor". sou sy sê, "dis Dr. Spies op die lyn." "Sal ek maar al die ander afsprake vir die dag kanselleer?" Jan sou nie 'n ding los as hy eers begin het nie. 

Spies se boeke: