In sy voetspore

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Die Browns het op 'n plaas daar bo in die noorde van Engeland gewoon waar dit in die winter soms baie koud word en die sneeu diep oor die aarde lê.


Een oggend toe hulle uit die slaapkamers in die kombuis kom, het hulle opgemerk dat dit baie donker was. Iemand het die blinders opgetrek, maar dit het nie baie verskil gemaak nie.

"Wêreld," het een van die seuns gesê, "die kapok lê tot bokant die vensters!"

En dit was ook so. Hulle het na die ander vertrekke gehardloop, maar het gevind dat die vensters aan die een kant van die huis almal toe was en dat die sneeu aan die ander kant ook baie diep geê het.

John en Bessie wat daar gekuier het, het begin bang word.

"Hoe sal ons vanmôre by die skool kom?" het John gevra. "Ons sal mos nooit deur hierdie kapok kan loop nie."

"Ons sal nie eens die voordeur kan oopmaak nie," het Bessie gesê. Maar die ander het net geglimlag.

"O ja, ons sal," het Mnr. Brown gesê., "maar ons sal almal hard moet werk om 'n pad vir ons skoon te maak.

Elkeen het 'n graaf geneem en aan die werk gespring en nie te lank nie of hulle het 'n paadjie van die voordeur af oopgegrawe. Om hulle was alles spierwit so ver as die oog kon sien en net hier en daar het 'n boom of 'n buitegebou uitgesteek. Omtrent 'n myl daarvandaan kon hulle net die dak van die skooltjie sien uitsteek.

"Ek kan nog nie sien hoe ons daar gaan kom nie," het John gesê. "Die kapok is te sag om in te loop. Ons sal tot by ons nekke insak."

"Wag maar, jy sal by die skool kom. Moenie sleg voel nie, dis nie die eerste keer dat dit hier kapok nie," het Mnr. Brown gesê.

Hulle het toe besluit om weens die kapok 'n bietjie vroeër as gewoonlik skool toe te gaan.

"Volg my, trap presies net waar ek trap en julle sal  niks oorkom nie. Nou toe kom!" het hy gesê.

Hy het toe ook sommer dadelik begin aanstap. Sy groot skoene het diep in die kapok weggesak en sodoende het hy 'n harde pad gemaak waarop die kinders veilig kon loop.

John en Bessie en die ander het hom gevolg. Hulle het hul klein voetjies in die gate wat deur Mnr. Brown se skoene gemaak is, gesit en so aangestryk skool toe. Natuurlik het hulle maar stadig gevorder omdat die gate so diep was dat dit moeilik gegaan het om weer daaruit te kom, veral as die bene maar aan die kort kant was. Maar Mnr. Brown het maar aangestap en die kinders het gevolg tot hulle eindelik by die skool was.

"Ons het darem hier gekom, kinders," het Mnr Brown gesê toe die laaste kind daar aankom. Ja, hy het 'n plan gemaak.

"Dit was darem 'n vreeslike eent!" het Bessie uitasem gesê, want sy was nie gewoond om so swaar skool toe te stap nie.

"Ek het net bly dink ek gaan omval en onder die kapok toe raak," het John bygevoeg.

"Nou kan  julle seker sien hoe belangrik dit is om net in 'n Pappa se voetspore te volg," het Mnr. Brown laggend gesê.

"Ja," het John en Bessie tegelyk geantwoord.

"Kinders, en dit is hoe ons die Here jesus meot volg," het hy verder gesê. "Jesus het voor ons uitgeloop en 'n pad vir ons gemaak. Solank ons Hom versigtig volg en trap net waar Hy getrap het, sal  ons nie omval en onder die sonde versmoor nie."

"Dit laat my dink aan die teksvers wat ons geleer het," het John gesê. "'Want hiervoor is julle geroep, omdat ook Christus vir julle gely het en 'n voorbeeld vir julle nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg'." (1 Petr. 2:21)

"Dis presies so. Volg altyd in Jesus se voetspore." het Mnr. Brown gesê. "En ek is seker julle sal dit nie weer vergeet nie."

"Nee, ons sal nie," het die kinders geantwoord.


SLAAPTYD STORIES

DEEL DRIE


deur Arthur S. MaxwelL

"A 

Die antwoord was net so bekend. 

"Net 'n rukkie, Moeder!"

"Dus het sy alweer klaar vergeet," het Moeder gesê. 

"Ek sal haar moet leer."

Weer het die minute verbygegaan - vyf minute, tien minute, vyftien minute. 

Geen teken van Annie nie. Maar intussen het Moeder vir haarself opgeskep, klaar geëet en die tafel afgedek. Sy het half spyt gevoel oor haar besluit toe sy 'n ongewone geluid hoor. 

"O, Moeder, Moeder! kom gou! kom gou! Die water het op my omgeval!"

Meteens het Moeder 'n blink gedagte gekry. Oortuig daarvan dat niks ernstigs gebeur het nie, het sy geroep:

"Net 'n rukkie, Annie!"

"O, kom gou! kom gou!" het Annie gehuil; "my skoene is vol water!"

Maar Moeder het nie geroer nie. Sy het net weer vir Annie geroep"

"Net 'n rukkie, Annie!"

Op daardie oomblik het die arme Annie om die hoek verskyn. Hoe het sy nie gelyk nie! Toe sy van die stoel afgespring het, nadat sy haar pop se rok aan die lyn opgehang het, het sy die hele balie water op haar omgekeer. 

Moeder kon nie help om te lag nie. 

"Hoekom het Moeder nie gekom toe ek geroep het nie?" het Annie baie kwaai gevra. "Kan  Moeder nie sien hoe nat ek is nie?"

"Ek kon nie;" het Moeder gesê, "ek was te besig. Ek moes die tafel afdek na ete."

"Is dit al so laat?" het Annie verbaas gevra. 

"Ja," het Moeder gesê. "As jy gekom het toe ek jou geroep het, sou jy nie so gelyk het nie."

Annie het begin verstaan. En dit was dan die einde van Moeder se gesukkel met haar.