My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
STERFTES IN 2019

Nag ou Grote!

 

Johan Claassen

 Johan Claassen

Johan Claassen (gebore op 23 September 1929 in die Prins Albert-distrik, sterf 6 Januarie 2019, Pretoria) was 'n Springbokrugbyspeler en Suid-Afrika se ses-en-twintigste Springbokkaptein. Hy was ook die Springbokafrigter gedurende 1968 en 1971. Hy was na sy spelersdae 'n professor aan die PUK waar hy ook in Wes-Transvaal rugby afgerig en geadministreer het.


Sydney Brenner

 Sydney Brenner

Sydney Brenner (13 Januarie 1927 – 5 April 2019) was 'n Suid-Afrikaanse molekulêre bioloog en Nobelpryswenner. In 2002 wen hy die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde saam met H. Robert Horvitz en John Sulston vir hul ontdekkings oor die genetiese regulering van orgaan-ontwikkeling en geprogrammeerde seldood.


Dr. Carol Ann Thomas

 Carol Thomas

Dr. Carol Ann Thomas (20 Maart 1961 - 12 April 2019) was 'n ginekoloog wat bekend geraak het met haar baanbrekerswerk oor polisistiese eierstol-sindroom (POS) en vroue se hormonale wanbalans tydens menopouse. Carol het in Elsiesrivier grootgeword en aan die Hoërskool Athlone gematrikuleer. Sy het by die Universiteit van Kaapstad aansoek gedoen om medies te studeer. Sy is afgekeur weens 'n kwotastlesel (net 'n sekere aantal bruin en swart studente is in die veld toegelaat) maar sy begin by die Universiteit van Wes-Kaapland met 'n BSc. graad en is toe later by die Universiteit van Kaapstad vir studies in die medisyne aanvaar. 

Pam Golding

 Cliff Saunders

Clifford Gervase Saunders (* 1939 – † 2019) was 'n Suid-Afrikaanse TV-nuusjoernalis en propagandis van die destydse Nasionale Party-regering. Hy is op 22 Oktober 1939 in Pretoria gebore. Na skool het hy 'n B.A.-graad aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf en by die SAUK begin werk. Hy was op 26 die jongste nuusredakteur, en was vir 33 jaar by die SAUK werksaam. Hy het ontken dat hy vir die Nasionale Intelligensiediens gewerk het.


Frederick Gordon (Fred) Brownell

 Frederick Brownell

Frederick Gordon (Fred) Brownell (8 Maart 1940 – 10 Mei 2019) was 'n Suid-Afrikaanse heraldikus, vlagkundige en genealoog. Hy het onder andere die vlae van Namibië en Suid-Afrika  ontwerp, asook heraldiese advies aan die ontwerper van die vlag van Lesotho verleen. Hy is in 2000 met die Orde vir Voortreflike Diens bekroon.


Murray Bernard Hofmeyr

 Christine Basson

Christine Basson (9 Junie 1941 – 10 Junie 2019) was 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Basson is in Bloemfontein gebore, en behaal haar matriek aan die Hoër Meisieskool Oranje, waarna sy aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Hier voltooi Christine haar graad in Drama, onder leiding van Fred Engelen. Onder haar klasmaats was Franz Marx, die skepper van Egoli.

James Small

 James Small

James Terence Small (10 Februarie 1969 – 10 Julie 2019) was 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler, wat Suid-Afrika in die eerste jare na sportisolasie verteenwoordig het. Hy het van 1992 tot 1997 (ouderdom 23 tot 28) vir die Springbokke in vleuelposisie gespeel, en was ook in die span wat die Rugbywêreldbeker 1995 ingepalm het. Hy het 60 keer vir die Springbokke uitgedraf (insluitend 47 toetse) en 27 drieë gedruk (insluitend 20 toetsdrieë). 


Johnny Clegg

 Johnny Clegg

Johnny Clegg (OIS; 7 Junie 1953 - 16 Julie 2019) was 'n Britsgebore Suid-Afrikaanse mbaqanga- en Afropop-musikant en voormalige anti-apartheidsaktivis. Hy was 'n lid van die musiekgroepe Juluka en Savuka. Hy is ook bekend as Le Zoulou Blanc (Die wit Zoeloe). Sy treffers sluit in "Scatterlings of Africa", "Impi" en "Spirit of the Great Heart".

Chester Mornay Williams

 Chester Williams

Chester Mornay Williams (8 Augustus 1970 – 6 September 2019) was 'n Springbokrugbyspeler en die eerste gekleurde speler van Suid-Afrika wat 'n Wêreldbeker kon wen nadat hy deel was van die 1995-span.


Cobus Visser

 Cobus Visser

Cobus Visser (2 April 1949 - 28 Oktober 2019) was 'n Suid-Afrikaanse teater-, televisie-, en rolprentakteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Fiela se kind (1988), Hond se dinges (2009), en Susanna van Biljon (2010). Hy sterf op 28 Oktober 2019 in die ouderdom van 70 aan hartversaking.


Allan Gray

 Allan Gray

Allan Gray (8 April 1938, Oos-Londen, Suid-Afrika – 10 November 2019, Bermuda) was ’n Suid-Afrikaanse filantroop en sakeman wat in 2013 as die tweede rykste mens in Afrika beskryf is. Sy welvaart is in Oktober 2013 op VS$8,5 miljard (destyds sowat R85 miljard) geraam, wat hom aansienlik ryker gemaak het as bekende welgesteldes in Suid-Afrika soos Nicky Oppenheimer, Johann Rupert en Christo Wiese.

Rashied Staggie

Rashied Staggie

Rashied Staggie (Mei 1956 - 13 Desember 2019) was 'n Suid-Afrikaanse misdadiger en 'n stigterslid en leier van die Hard Livings-bende. In 2003 is Rashied Staggie tronk toe nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van 'n 17-jarige meisie wat as staatsgetuie teen hom getuig het. Staggie is tot 15 jaar gevonnis vir ontvoering en verkragting. In 2004 is hy skuldig bevind aan huisbraak deur die Faure-polisie en tot 13 jaar gevangenisstraf gevonnis

Loket Treffers 2019

Loket Treffers vir hierdie jaar

20 Januarie 2019 Dominee Tienie

25 Januarie 2019 Stille Nag

27 Januarie 2019 Vat 'n Kans

3 Februarie 2019 Boesman my Seun

10 Februarie 2019 Liewe Lisa

14 Februarie 2019 Bottervisie

17 Februarie 2019 Playboyz

24 Februarie 2019 Aantrekkingskrag

3 Maart 2019 Die Skandaal

10 Maart 2019 Die Seemeeu

15 Maart 2019 Die Stropers

15 Maart 2019 Droom man

17 Maart 2019 Draadloos

24 Maart 2019 Oorlewing C-Blok

31 Maart 2019 Soek jy 'n lift

7 April 2019 Die Dag is bros

14 April 2019 Skemerson

3 Mei 2019 Fiela se Kind

13 September 2019 Racheltjie de Beer

18 Oktober 2019 Ander mens