# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Hoe Jesus vir Tommie genees het

Tommy was vir drie dae al in die bed, en nog kon niemand vasstel wat hy makeer nie. Moeder het verskeiemaal sy koors gemeet en gevind dat dit byna honderd-en-vier grade was; dit het haar ontstel. Tommy was die jongste kind, en almal was baie lief vir hom. 

Die dokter het hom kom ondersoek, en tog het niemand geweet wat hy makeer nie. Hy het Tommy se pols gevoel, met sy vingers op sy borskas geklop, en met die gehoorbuis geluister. Hy het Tommie se tong ondersoek, in sy ore gekyk, en ook in sy keel. Eindelik het hy sy kop geskud en gesê: "Ek kan niks verkeerd vind nie. Laat hom maar in die bed bly tot more, en dan sal ons sien."

"Dit kan nie masels wees nie," het Moeder gesê, "want hy het twee jaar gelede masels gehad. Kan dit moontlik skarlakenkoors wees?"

"Ek glo nie dis skarlakenkoors nie," het die dokter gesê, "maar ons sal more sien." 

Wel, toe moes almal maar geduldig wag; en in die tussentyd het Tommy baie sleg gevoel. Hy wou met niks en niemand speel nie. Hy het so stil gelê dat Vader en Moeder baie onrustig geword het. Daardie aand, terwyl Pappie besig was om te skryf, het Tommy na hom geroep.

"Pappie, kom bietjie hier."

"Wat is dit?" het hy gevra, want hy sou enigiets doen as dit sou help om Tommy weer gesond te maak. 

"Pappie, het hy gesê, "Jesus is seker besig om my gesond te maak."

Dit het Pappie baie verleë laat voel en hy het nie geweet wat om te sê nie. Hy het natuurlik nie gedink dat Jesus ooit besig kon wees om iemand te help nie. 

"Nee," het Pappie geantwoord, "Juesus is nie te besig om jou te help nie."

"Maar Hy moet wees," het Tommy gesê. "Daar is seker so baie siek kinders wat Hy moet probeer help, dat Hy nie tyd het om my te help nie."

"Maar, Tommy," het Pappie gesê, Jesus het baie tyd, net soveel tyd as wat Hy nodig het, en ek weet Hy sal jou weer gesondmaak. Kom ons vra Hom sommer nou."

Hulle het.

Pappie het gebid: "Liewe Jesus, hier lê arme Tommy siek; hy dink dat U te besig is om hom te kom help. Natuurlik is U nie te besig nie. U is nooit te besig om mense te help wat u liefhet nie. Maak dan asseblief vanaand nog vir Tommy gesond."

Die volgende oggend was Tommy baie beter, om die waarheid te sê was hy soveel beter dat Moeder die dokter oor die telefoon gevra het om nie weer te kom nie. Die dokter kon die hele affêre nie verstaan nie, want hy het gemeen dat Tommy die volgende dag 'n uitslag sou hê. Maar Tommy het alles verstaan. En Pappie ook, en die engele. 

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell