Hertzoggies
7 k klapper
125 g margarien
2 t vanilla
2 k suiker
8 groot eiers
knippie sout
Metode:
(klappervulsel)
Room botter en suiker. Voeg eiers vanilla en sout by. Laaste die klapper.
Gebruik voormelde soetkors. Rol uit tussen plastiek. Gebruik middelslag afdrukkertjie - 6cm. Plaas in gesmeerde kolwyntjiepanne. Sit 'n half t appelkooskonfyt in die holte van die deeg. Sit klappervulsel bo-oor. Die konfyt moet heeltemal toe wees. Bak 180°C totdag deeg ligbruin is.
Joey Pienaar
Lied van Vryheid
O wanneer sal ons weer
ons lied van vryheid sing;
ons helde hulde bring,
bereid wees om te veg
vir vryheid en vir reg;
weer volk wees fier en trots,
onwrikbaar soos ’n rots?
O wanneer sal ons weer
ons volksverhaal vertel,
ons vryheidsdroom uitspel;
vereis om volk te wees,
te lewe sonder vrees;
nie meer die hoof te buig,
te trek in vreemde tuig?
O wanneer sal ons weer
ons vryheidsvlag laat waai:
ons vaandels rond kan swaai,
in Boerwees ons verheug
weer vryheidvog kan teug:
laat ons steeds aanhou waak
tot God ons weer vrymaak!