# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

... Die Switsers was die eerste bekende huursoldate en sou by enige leër aansluit as die besoldiging reg was. In teenstelling met hulle neutrale beeld van vandag as koekoekklokmakers was hulle kranige krygers wat gevrees is vanweë hulle onverskrokkenheid. Om hierdie beeld verter te bevorder, het hulle woeste snorre gekweek wat hulle lippe grotendeels verberg het, sodat dit gelyk het asof daar hare op hulle tande is. Dit het die vyand laat besluit dat niemand wat hare op sy tande het, nie vir die duiwel sou stuit nie.