# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Die ANC se kommissie oor grondhervorming het die onteiening van grond sonder vergoeding verwerp. Die ANC se kommissie oor grondhervorming het die onteiening van grond sonder vergoeding verwerp. Daar sal ook nie aan die Grondwet gepeuter word om grondhervorming te versnel nie. 

"Daar is geen manier waarop ons wit boere sal destabiliseer nie" het Tina Joemat-Pettersson, minister van Landbou, gister aan die media gesê ndat die kommissie by die ANC se beoleidskongres in Midrand vergader het. Ons is vasberade om voedselsekerheid te verseker. Ond het nie nodig om die Grondwet te verander nie.

Dit is wel bekend dat Joemat-Pettersson en verskeie ander ministers maande lank al 'n klipharde stryd voer teen radikale elemente wat grond bloot wil afvat of nasionaliseer. Die beginsel van gewillige koper/verkoper sal nie meer die voorste bepaler van grondpryse wees nie. Artikel 25 vna die Grondwet se bestaande bepalings oor onteiening sal eer gebruik word as 'n dispuut oor grondpryse ontstaan. In die finale instansie sal die hof dan besluit wat 'n redelike bedrag vir die grond is. 

Joemat-Pettersson het gesê daar is baie druk op die ANC om voor die einde van die beleidskongres 'n plan te beraam oor hoe om grondhervoring te bespoedig. "Ons het nie 'n keuse nie. Ons moet voor die einde van die kongres besluit." Die land se ekonomiese stabiliteit hang af van ons vermoë om 'n plan in te stel. 

Landbou is 'n ekonomiese hulpmiddel en die kern van die land se ekonomie, het sy gesê. "Dit is 'n historiese kwessie en sentraal tot Suid-Afrika se toekoms". Tot dusver was die kommissie se debatte "goed, sober en verantwoordelik", het sy gesê. "Ek is vol vertroue dat daar integriteit sal wees in wat ook al ons besluit. Daar is geen rede tot kommer nie" Joemat-Pettersson het die nuus gister persoonliik aan Agri SA oorgedra. Johannes Moller, president van Agri SA het gesê dit is 'n reuse verligting, maar hulle sal eers werklik gebrus wees wanneer 'n finale besluit by Manguang geneem word. "n Mens aanvaar die aanbevelings sal na Manguang gaan en dan eers konkreet wees, maar hoe minder radikale besluite hier geneem word, hoe beter lyk dinge vir ons vir die res van die jaar."

President Jacob Zuma het self ook 'n draai by Agri SA se stalletjie in Gallagher Estate in Midrand, waar die kongres gehou word, gemaak. Hy het Agri SA die versekering gegee dat landbou enveral die verskaffing van voedselsekerheid ivr die ANC 'n prioriteit it.  

                                                                                                                                                                - Beeld Redaksie