# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Gered uit 'n Aardbewing

Hier is 'n ware verhaal van hoe Jesus Sy kinders bewaar selfs in die grootste rampe. Dit het in Japan gebeur tydens die groot aardbewing daar in 1923. Miskien het julle gehoor van daardie vreeslike gebeurtenis, toe twee groot stede verwoes, byna 'n kwart miljoen mense gedood, en duisende beseer is in die aardbewing wat die huise op die mense laat instort het.

In daardie tyd het daar net buitekant Tolio 'n sendingesin gewoon. Vader was die predikant van 'n Christengemeente, en Moeder, sy was omtrent alles, ook orreliste.

Omdat hulle gewoonlik elke dag werk by die kerk gehad het, het hulle hulle baba by die huis agtergelaat gedurende die kerkdienste. Sy was 'n baie soet baba, want sy het gewoonlik in haar waentjie geslaap totdat Vader en Moeder weer tuiskom.

Op die oggend van die groot aardbewing, wou die baba nie slaap nie. Sy was rusteloos en lastig, en niks kon haar tot bedaring bring nie. Toe dit tyd was vir die diens, het Vader ne Moeder nie geweet wat om te doen nie. Vader moes die preek lewer, en Moeder moes as orreliste optree; die vraag was wat om met die baba te maak? Hulle kon haar nie in die huis huilend agterlaat nie, en hulle kon haar ook nie kerk toe neem, terwyl sy so rusteloos was nie.

Toe dit feitelik tyd was vir die diens, het hulle besluit om haar maar saam te neem en vir die beste te hoop.

Hulle het dit gedoen, en die diens het soos gewoonlik voortgegaan totdat die laaste lied gesing moes word. Toe is die eerste gedreun gehoor van die naderende aardbewing. Almal het na buite gehardloop, en het gesien hoe die gebou net oorkant die straat ineenstort. Toe hulle na die stad kyk, was daar al honderde huise aan die brand. En net waar hulle kyk het huise omgekantel.

Vader en Moeder het natuurlik aan hulle eie huis gedink. Wat sou daar gebeeur het? Hulle het gehardloop om te gaan kyk. Die huis het nog gestaan, net die skoorsteen het omgetuimel.  Vader het na binne gegaan om die baba-waentjie te haal om die kind in te sit.

Eers kon hy dit nie sien nie, en hy het gewonder wat daarvan geword het in hulle afwesigheid. Toe het hy iets gesien wat sy gelaat laat verbleek het. Die skoorsteen het op die waentjie geval en dit het so plat soos 'n pannekoek gedruk!

As hulle dogertjie daardie oggend daarin was, sou sy oombliklik gedood gewees het.

Ek kannie help om te dink dat die engele daardie dag oor die kindjie gewaak het nie. Dit was hulle wat die kindjie nou wou laat slaap het nie! En hoe bly was hulle seker nie toe Vader en Moeder die kind saamgeneem het kerk toe!

Jesus beskerm Sy kinders, nie waar nie?

Ek weet dat hierdie verhaal waar is, want jou die dag het ek daardie baba ontmoet - sy was toe 'n aanvallige jong meisie. Terwyl ek haar so betrag het, het ek gewonder watter werk die Here vir haar het, aangesien Hy haar so spesiaal bewaar het in daardie aardbewing?

Alle kinders het die beskerming van die Here nodig. Laat ons vanaand hierdie gebedjie tot Hom bid:

"Jesus, Vriend van kindertjies,
Wees 'n vriend vir my;

Neem my hand en hou my altyd
Aan U sy.

"Lei my voorwaarts stap vir stap,
Tot ek groter word;
Wyser, sterker, altyd sterker
In U Woord.

"Verlaat my nooit nie, liewe Heer,
Wees my goedgesind;
Ek het leding altyd nodig
Tot die end."

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell