6 Maart 2014 - 8 Maart 2014 Little Nashville Country Festival
4 September 2015 - 5 September 2015 Tekkie Fees Vereeniging
DIE ROWERS
Hulle het ons land gevat,
Ons goud behoort hul ook,
Hul neem ons kwalik dat
Ons in die wêrl’d nog spook.
Met ons diamanteskat,
Van ons deur lis geneem,
Word hul nog ryk en sat -
Ons bly ‘n huis van leem.
Hul brand ons huise uit.
Ons vrouens en ons kind’
In kampe weggesluit.
Hul neem wat hul kan vind!
Hul spot oor ons geloof,
Hul gee ons al die skuld.
Ons eer het hul geroof,
Ons taal word nie geduld.
Maar onse Boerehart,
Ons troue gees en siel
Ondanks ons wee en smart
Sal hulle nooit kan keel!
,,Hul brand ons huise uit.”
© Pieter Cohen Hamburg
Fees Om By Te Wees.mp3