Galjoen Braai
1 vars Galjoen (1,5kg)
45 ml gesmelte botter
45 ml kookolie
45 ml growwe sout
30 ml vars lemoensap
Metode:
Kooktyd is 15 minute. Spalk galjoen en haal binnegoed uit. Skubbe af, vel op. Maak goed skoon, binne en buite. Meng bestanddele (sonder suurlemoensap). Vryf in/oor vel. Braai met vel onder oor medium kole. Gooi suurlemoensap op vleis. Draai slegs een maal om. Heerlik met vars gebakte bruin brood en druiwekonfyt.
*Dit is nou onwettig om galjoen in Suid-Afrika te koop of verkoop sonder 'n permit. Galjoen mag slegs gevang word vir persoonlike gebruik met 'n geldige permit.
Johan Badenhorst