# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Erens is Jy 

hier waar ek nou skrywe

weet ek dat jy êrens is

dat jy ook nou lê onder die oop venster

en uitkyk na die donsige maan op die werf

ek is al drie jaar lank op soek na jou

en waar jy ookal is

ek sal jou vind

en as ek voor jou staan

sal ek weet: ek is vir jou gemaak

na jou liggaam is ek geskape

na jou maat gevorm

ek is gesny uit jou been

jou denke sal myne omhels

jou begin sal my begin wees

jou einde my einde

jy sal my bestyg soos 'n gier

en in my maagdelikheid jou nes kom bou

want na jou liggaam is ek gemaak

na jou maat gevorm

en as ek die dag my hand in joune sit

sal ek my padkaarte bêre  met die wete:

my reise op soek na jou is nou verby 

Antjie Krog