Enkel Ouer Kamp: Inskrywingsvorm

20 - 23 Desember 2019 Donkerhoek

Tent Keuses




Bring eie tent, of bewoon ons 6-man-tent teen slegs R95 ekstra. 24-26 Januarie 2019 Ouma Oupa Kleinkind Kamp

Beleef avontuur in die natuur met oorgawe! Vanaf 20 - 23 Desember 2019. Kom ontspan (alleen) of saam met jou kind(ers) gedurende die laaste naweek voor Kersfees. Moenie alleen by die huis sit nie!!

BESPREEK NOU! Slegs 30 plekke beskikbaar vir hierdie Kultuur Kamp avontuur. Geniet ‘n sonsondergang soos min – en kom besigtig ons asemrowende hemelruim om ‘n kampvuur. 'n Gebalanseerde groep behoort ongeveer 3 enkel persone, 5 enkelouers met 2 kinders asook 7 enkelouers met een kind die groep vol te maak. Donkerhoek bied skaduryke tentstaanplekke

Kultuur Avontuur Kamp bied 'n VEILIGE, bekostigbare wegbreek naweek vir Enkel-ouers met 'n kind (of kinders).

R920 (1 persoon) R1454 (1 ouer 1 kind) R1870 (1 ouer 2 kinders). Dit is die volledige koste van jou wegbreek-naweek en sluit jou verblyf (eie tent) of (kamp-tent*) en etes in.

Vrydaq 20 Desember 2019

15:00 - 19:00 Aankoms

18:05             Skemerkelkie

19:00 - 20:00 Potjiekos (+rys en roosterkoek) 

20:00 - 21:00 Vuurtjie Pak & Ysbreker

21:00 - 22:00 Ontspan om Vuur

Saterdag 21 Desember 2019

07:00 - 08:00 Beskuit & Koffie

08:00 -           Bazaar

09:00 - 10:30 Die Slag van Donkerhoek & Brunch

14:00 - 16:00 Geocaching (slegs vir kinders - ouers ontspan)

17:00 - 19:00 Wildrit stap (11 bok spesies)

19:00 -           Braaivleis (+braaibroodjie, pap en 1 slaai)

21:00 - 22:00 Kitaar Kampvuur Kuier

Sondag 22 Desember 2019 

08:30 - 10:30 Die Boskombuis Ontbyt

09:00 - 10:00 Vrywillige bywoning van Kerk in Gemeenskapsaal

12:01 -           Middagete

14:00 -           Bergfiets Roete (slegs vir kinders - ouers ontspan)

19:00 - 20:00 Aandete


Maandag 23 Desember 2019


08:00 - 09:00 Die Boskombuis Ontbyt

09:00 - 11:00 Staproete

12:00 -           Kamp Amptelik klaar

12:01 -           Handig Kampkaart in ***

13:00 -           Oorskiet Kos oppak kuier! 

13:30 -           Jukskei 


Omgewing: Kampterrein en Plaas

Selfoon Opvangs: Ja

Warm Water: Ja

Stort en Bad: Ja

Taal: Afrikaans

OTM: Absa Bank


Die Fauna en Flora van Kleinfontein (nl. wild, voëls, rante, grasvlaktes, bome, vlei gebiede)

*Addisionele Koste R95 sien Inskrywingsvorm

** Geen Koste Opsioneel

*** Wenner ontvang 'n gratis ete vir 2 ter waarde van R300 by Die Boskombuis

Warm water en skoon ablusie-blokke vir beide mans en vrouens is beskikbaar. 24 Sekuriteit. Ten volle toegerusde winkel (kafee) is beskikbaar tot 17:30 Vrydag 19 Desember 2019 en 07:00 tot 15:00 op Saterdag 20 Desember 2019.  Geen diere word toegelaat.

Wat moet jy saambring? Eie tent (maar hier is twee 6 man-tente) as jy bereid is om te deel. Eie slaapsak en eetgerei. Verversings.Ordentelike stapskoene. Kampstoel.Tennis rakette en balle. Sonskerm. Hoed. Verkyker. Muskiet-goed. Reenjas. Swemhandoeke. FUN Attitude. Lagspiere. 

Respekteer asseblief inwoners en die Wildkamp deur nie harde musiek te speel nie. 'n Deposito van R600 (enkel) en R950 (meer as 1) moet jou aansoek vergesel om kamp toekenning te bevestig. Balans teen 3 Desember 2019. *Vra vir Early Bird prys (volle betaling teen 10 Oktober 2019).

Kultuur Avontuur Kamp 

Vra gerus vir verwysings van enkel ouers wat al bygewoon het.

Mede Gashere: John James Webber (51): Shamwari Veld Gids Opleidingsakademie (FGASA), ADDP Waarnemer vir die voëllewe Suid-Afrika. Overland Safaris: Suid-Afrika, Swaziland, Tanzania, Zambia, Botswana en Mozambique.

Paul Joubert (49): Kamp Voog Die Voortrekkers 27 kampe, Redakteur My Volk, Erfenis Aktivis, Omroeper en 'Content Writer' Radio Kuber Kontrei, Kulturele Streeksgids Gauteng - NQF4 (deur Drum Beat Academy)*

*in proses

Hoep-Hoep Roep - Kleinfontein.mp3

Radio Omroeper Kort Kursus ♦  # Jou hart. My taal. Ons stem! ♦ Ons het jou stem nodig. Skryf nou in! ♦ Volledig aanlyn ♦ Woensdae 19h00 tot 20h00 ♦ Facebook079 219 6735 ♦ Kliek hier vir meer inligting tov kursus ♦ trotsafrikaans@myvolk.co.za
Enkel Ouer Kamp 19 - 22 Desember 2019