DKK se EOK#1 : Inskrywingsvorm

Kan jy 'n tou knoop? Het jy al 'n nagmars gedoen? Al ooit op 'n perd of 'n wildrit? Lief vir die natuur maar soek 'n veilige kamp plek? Het jou kind al in 'n tent geslaap en behoorlik gekamp? EOK#8 is uiteindelik hier...met hope kultuur, avontuur en kamp. En jy kan al bogenoemde afmerk op jy 'bucket-list'.
BESPREEK NOU! Slegs 36 plekke beskikbaar vir hierdie Kultuur Kamp avontuur. Geniet ‘n sonsondergang soos min – en kom besigtig ons asemrowende hemelruim om ‘n kampvuur. 'n Gebalanseerde groep behoort ongeveer 5 enkel persone, 7 enkelouers met 2 kinders asook 9 enkelouers met een kind die groep vol te maak. Die kamp vind plaas op 'n privaat-jagplaas met moderne, luukse kamers.
Ons het die bespreking 'n maand vroeër as gewoonlik oopgemaak vir besprekings. Dit gee jou tyd om jou begroting te laat klop! Eind (Des-Feb) bied jou DRIE maande om die VAKANSIE vir jou en jou kind(ers bekostigbaar te maak! Beleef avontuur in die natuur met oorgawe! Vanaf 30 April tot 2 Mei 2021. Kom ontspan (alleen) of saam met jou kind(ers).
Kultuur Avontuur Kamp (soek ons Facebook Bladsy met dieselfde naam en gee ons 'n LIKE om so op hoogte te bly van wat ons alles aanvang!) bied 'n VEILIGE, bekostigbare wegbreek naweek vir Enkel-ouers met 'n kind (of kinders).
R1359 (1 persoon) R1590 (1 ouer 1 kind) R2130 (1 ouer 2 kinders) of R2670 (1 ouers met 3 kinders) of R3210 (1 ouers met 4 kinders). Dit is die volledige koste van jou wegbreek-naweek en sluit jou verblyf (eie tent) of (kamp-tent*) en 8 etes in.
Ons handhaaf 'n balans tussen groep aktiwiteite, ek-en-my-familie-tyd**, en 'n bietjie "me-time".
~ iNDIEN hierdie uitnodiging jou as getroude persoon bereik het, deel asseblief met 'n vriend of kollega wat kan baatvind by ons lekker-naweek-kuier-kamp vir Enkel Ouers (dankie by voorbaat).
Vrydag, 30 April 2021
15:00 - 19:00 Aankoms (Swem tussen-in)
18:05 Skemerkelkie
19:00 - 20:00 Beesstert Potjiekos (+rys en roosterkoek) ETE1
20:00 - 21:00 Vuurtjie Pak & Ysbreker
21:00 - 22:00 Ontspan om Vuur
Saterdag, 1 Mei 2021
07:00 - 08:00 Ontbyt Roosterkoek met Koffie ETE 2
09:30 - 13:00 Stap (Swem tussen-in)
13:00 - 14:00 Middagete (Hamburger slaai) ETE3
14:00 - 15:00 Hindernisbaan
15:00 - 16:00 Kleiduif Skiet
19:00 - Aandete (Braaivleis) ETE4
21:00 - 23:00 Kitaar Kampvuur Kuier
23:00 - 01:00 Sterrekyk
Sondag, 4 2 Mei 2021
06:30 - 08:00 Wildrit
07:00 - 08:00 Ontbyt ETE 5
09:00 - 11:00 Bergfiets Roete (Swem tussen in)
11:00 - 13:00 Swembad
13:00 - 14:00 Middagete (Boerierol) ETE6
17:00 Kamp gesluit (gaan huistoe!)
Omgewing: Jan LaBrenco Game Lodge
Selfoon Opvangs: Slegs op 2 plekke op die Terrein
Warm Water: Ja
Stort: Ja (mans en dames | baddens, storte, wasbakke en toilette per groep)
Taal: Afrikaans
Omringende Dorpe: Rustenburg. Koster.
Onmiddelike verwydering van perseel: Dwelms en 'n Bloubul trui of ander Bulls Memorabilia.
Warm water en skoon ablusie-blokke vir beide mans en vrouens is beskikbaar. 24 Sekuriteit. Geen diere word toegelaat.
Wat moet jy saambring? Verversings. Ordentelike stapskoene. Kampstoel. Fietse en sonskerm. Hoed. Verkyker. Muskiet-goed. Reënjas. Swemhandoeke. FUN Attitude. Lagspiere. Koplig of flits. 1 Pak Marshmellows. 'n Ou stel klere (en skoene) vir rivier of dam.
Respekteer asseblief inwoners en die Wildkamp deur nie harde musiek te speel na 00:00 nie. 'n Deposito van 30% van ooreengekomde bedrag, moet jou aansoek vergesel om kamp toekenning te bevestig. Finale balans teen 28 April 2021.
Kultuur Avontuur Kamp
Vra gerus vir verwysings van enkel ouers wat al bygewoon het.
Kultuur Avontuur Kamp
Bank: Capitec
Takkode: 470010
Rekening: 127 236 2823
Naam en Van as verwysing (sms 079 219 6735)
*Kredietkaart en Paypal betalings welkom!



