Die verdwyning van Flip Loots

c.j. langenhoven

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

VERTELLERS
DEEL TWEE

DEUR MERWE SCHOLTZ

Die besonderhede van hierdie verhaal het ek uit verskeie bronne gekry, van die bure in die omgewing, uit aantekeninge uit die polisiekantoor se boeke, en vernaamlik, waar die ding na 'n punt toe geloop het, van veldkornet Heyns. Tot waar ek by sy aandeel kom, veral ek die geskiedenis in my eie woorde,  maar natuurlik sonder om aan die inhoud te torring.

Piet Weiland van Kromdraai in die Klein Karoo het begint om klarigheid te maak vir sy jaarlikse tog na Mosselbaai. Dit was voor die dae van die spoorweë in hierdie geweste, en hy het altyd self met sy wa en osse gery. Sy wingerdjie was maar klein; buiten 'n handjievol rosyne en 'n paar mondevol konfyt, wyn, en asyn, vir sy eie gebruik, was een wavrag brandewyn soveel as hy jaarliks daaruit gemaak  het. Maar hy had allerlei ander soorte boerdery daarby.

Mense het nie baie besoek by Piet afgelê nie; wat daar kom, kom om 'n oorsaak. In die omgang was hy stuurs en van geaardheid ongevoelig en wreed. Hy was een maal voor die hof gewees vir aanranding en twee maal vir wreedheid teen diere. Volgens algemene berugtheid sou hy meer maal voor gewees het en vir erger dinge, as hy nie so 'n fyn skelm was nie. Slim was nie 'n woord vir hom nie.

Toe Hendrik Smit die dag daar kom agter ' n verloopte volstruismannetjie, kry hy Piet in sy kelder, besig om vate se hoepels aan te slaan. Piet sit sy hamer en sy stuk bandyster neer om 'n rukkie te rus en te gesels; en terwyl die twee daar sit, sien hulle 'n jong man te voet uit die pad uitdraai en met die voetpaadjie oor die kweekwerf na die woonhuis toe ingaan.

Die jong man was Flip Loots, en daar was 'n oue maar later afgehandelde geskiedenis gewees tussen hom en Piet Weiland se vrou Martjie. Toe sy nog Martjie Nel was, was sy en Flip jare lank verloof of so goed as verloof, maar dit het nie tot trou gekom nie, want Flip was te arm. 'n Regte ongeluksvoël, vandag hierdie vak, more daardie, en met geeneen ooit voorspoedig nie. Maar daar was geen kwaad in hom nie. In alle geval, haar ouers wou nie daarvan hoor dat sy met Flip sou trou nie. Sy was onmondig, 'n skone kind, en week van karakter. Plotseling en sonder dat daar 'n lang vryery was, trou sy met Piet Weiland. Dit sal so te sê onder dwang gewees het; sy kon haar nie teësit nie.

Piet was toe wewenaar. (Daar was allerhande praatjies in verband met die dood van sy eerste vrou waar ek maar nie op sal ingaan nie.) Hy was nie ryk nie, maar soos dinge daardie dae getel het, heeltemal goed welaf. Sy plaas was sy eie en sonder skuld daarop. Vir die res was hy oud genoeg om Martjie se vader te kon gewees het.

Toe Martjie getroud is, het Flip Loots weggegaan Onderland toe en 'n mens het niks verder van hom gehoor nie. Dit sal maar nie daar meer voorspoedig met hom gegaan het as hier nie. Nou had hy dan, ná 'n jaar of drie se afwesigheid, teruggekom, miskien tydelik om te kom kuier, meer waarskynlik om maar weer te kom bly en een verdienste ná die ander te soek. Dat hy nie lank versuim het om Martjie te kom groet nie, was begryplik. Arme goed, hulle het saam opgegroei van kinds af en hulle was so ná aan mekaar se harte, hoe moet hulle nie bitter na mekaar verlang het nie.

Flip was 'n rukkie in die huis in, toe staan Piet op om sy werk te vervat. Hendrik Smit bly nog maar sit. Piet het 'n paar slae verder geslaan aan die volgende hoepel, toe staan hy agteruit sy werk en bekyk. "Nee," sê hy asof hy hardop dink, "dit sal nie deug nie; ek sal my knyptang hier moet gebruik. Sit tog 'n oomblikkie, neef Hendrik, ek gaan hom haal in die waenhuis."

Hendrik het nie begryp hoe 'n mens by daardie werk 'n knyptang kon nodig kry nie, maar op die oomblik het hy hom nie veel daaraan gesteur nie. Sy gedagtes was in die huis, by Flip en Martjie. Van die kelder af moes Piet om die woonhuis loop, want die waenhuis was aan die ander kant. Toe hy terugkom, het hy bietjie gewerskaf, maar aanstons sit hy die knyptang neer.

"Nee," sê hy, "dit wil maar nog nie deug nie. Sal my 'n nuwe hoepel kos. Ek sal maar met die ander solank aangaan." En hy tel weer die hamer en die stuk yster op en hy gaan voort met aanslaan.

Naderhand het Hendrik Smit opgestaan om te loop en toe kom Flip Loots van die huis af na die waenhuis toe om Martjie se man ook dag te sê. Piet het hom gegroet en gevra hoe dit gaan, nie danig vrindelik nie, maar hy was met niemand ooit alte hartlik nie. Van sy kant af ook 'n paar woorde gesels, toe het Hendrik geloop en die twee daar alleen gelaat by mekaar. Dit was so byna sononder.

En dit was, buiten wat Piet Weiland betref, die laaste sien van Flip Loots. Toe sy mense oor 'n paar dae kom verneem wat dan van hom geword het, hoor hulle dat hy daar was, eers by Martjie in die huis en toe by Piet in die kelder, maar Piet sê Flip is skemeraand daar weg om  na sy mense toe te gaan wat nou kom soek, en verder weet hy van hom niks, en dit traak hom ook nie van Flip nie, hy het hom met meer plesier gaan as kom.

Maar 'n mens kon mos nou darem nie uit die bewoonde wêreld so verdwyn asof hy tot niet raak nie. Toe die een dag na die ander omgaan en daar is geen spoor of taal of tyding van Flip nie, het daar meer en meer suspisie ontstaan teen Piet Weiland. Hy was die laaste man waar Flip by gesien is en hulle twee het alleen agtergebly. Ook kon Hendrik Smit nie oor die voorval van die oorbodige knyptang kom nie Hy was daarvan oortuig dat Piet Weiland van die tang 'n voorwendsel gemaak het om by die huis verby te loop sodat hy by die venster kon inloer. Wat sal hy daar gesien het tussen die twee ou verliefdes wat mekaar ná drie lange jare nou vir die eerste maal weer ontmoet het? Wat die vrou Martjie betref, as dit ook so was dat haar man haar minnaar van kant gemaak het en sy wis daarvan, dan sou sy swyg, al was dit nie uit liefde vir die man nie, dan om die oorsaak aan haar eie kant weg te steek.

So het Hendrik Smit geredeneer, en sy redenasie aan die polisie meegedeel toe hulle kom ondersoek doen het, en dit het nie vir hulle onaanneemlik gelyk nie. Hulle het die plaas platgeloop, maar niks gekry nie. Hoe sterk ook die suspisie teen Piet Weiland was, hulle moes hom ongehinderd laat; daar was geen teken van 'n dooi liggaam om te wys nie. Dis altyd nog makliker vir 'n lewende man om self weg te kruip as vir 'n moordenaar om van die lyk van 'n dooie ontslae te raak.

Maar daar moet iets plaasgevind het waarvan Martjie 'n baie ernstige skok gekry het. Ná Flip Loots se besoek en verdwyning, het sy floutes en histeriese stuiptrekkings gekry en toe die eerste geweldige aandoenings verby was, het sy melancholies geword. Nie geëet nie, nie geslaap nie, nie gepraat nie; dae anneen so gesit met haar oë op die grond. Die dokter was herhaaldelik daar; die dominee het haar besoek; van haar eie familie het met haar gaan praat; maar daar was niks van haar te kry nie, niks aan haar te gee nie, haar siel was verseël. Oor 'n maand of drie, met die geboorte van haar kind - haar en Piet Weiland se eerste - is moeder en kind albei dood. Sy had geen krag of lus om vir haar of haar suieling haar lewe te behou nie. Wat had die lewe ook vir haar gehad as ongeluk en ellende?

Piet Weiland had nie vir 'n testament gesorg nie en Martjie natuurlik nog minder - sy sou maar geteken het watter testament hy aan haar voorlê. Hulle was met gemeenskap getroud; die boedel moes uitverkoop word.

Maar voor die vendusie was daar 'n ander ontwikkeling. 'n Ryk oom, oorlede vader se broer, van die arm - en miskien arme Flip Loots - 'nou jonkman wat die uitsondering gemaak het om geluk te tref op die diamantvelde, en wat nooit aan Flip gedink het in sy lewenstyd nie, is skielik dood terwyl hy besig was om 'n testament te oorweeg - en Flip was die enigste intestate erfgenaam.

Daar was nou baie sterker beweegredes as tevore dat hy moes gevind word - lewend om sy erfenis te ontvang, of dood sodat sy bloedverwante van moederskant dit kon kry. Die bloedverwante, met begeerte as versterker van verwagting, had teen twyfel daaraan dat hy dood was, maar hoe om die bewys in die hande te kry? Hulle het op twee maniere aan die werk gegaan: 'n beloning geadverteer vir die ontdekking van Flip of sy stoflike oorskot en 'n beroemde speurder uit die Kaap laat kom. Toe die speurder in besit was van die beloop van die geskiedenis, het dit gelyk of hy gou genoeg sy roem sou regverdig, deur op 'n blink gedagte uit te kom wat eintlik so voor die hand gelê het, dat dit geen wonder was dat dit ál die ander mense nie eerder getref het nie.

Die derde dag ná sy aankoms was hy met sy denkbeeld by die magistraat. Maar die magistraat had beswaar om aan te hou om polisie uit te stuur met gesagskrifte om te visenteer. "Hulle wás daar," het hy gesê, "en weer daar, en weer daar. Hulle het die plaas en die huise platgetrap en niks gekry nie Dis nie so maklik om 'n lyk te verberg, nog minder tot niet te maak nie. As Piet Weiland vir Flip Loots vermoor en begrawe het, moes daar êrens 'n lig-ontdekbare hoop vars grond gelê het. As hy hom verbrand het, sou dit 'n vuur gekos het wat vir die hele wêreld sigbaar was - en dan sou jy mos nou ook verniet gaan soek na oorblyfsels. Ek moet dit neem dat Piet onskuldig is en ek het geen reg om tot in der ewigheid aan te hou om hom te besoek en te bekwél nie."

"Meneer," sê die speurder wat sy idee wou teruggehou het vir 'n dramatiese ontknoping, maar nou verplig was om dit maar voor die dag te bring, "meneer, daar is een plek waar daar nog nie gesoek is nie - en dit is in die vate in die kelder. Meneer sal onthou, Piet was juis daardie dag toe Flip weggeraak het, besig om hoepels aan te slaan. Dit was die makllikste ding in die wêreld om 'n vat wat nie op tog sou gaan nie, oop te maak en die lyk daarin te sit en weer toe te maak en brandewyn op te gooi. Dit sou tegelyk 'n absolute behoud wees teen die ontbinding waardeur die liggaam anders sy teenwoordigheid sou verraai."

"Magtig, man," sê die magistraat, "nou het j y met 'n suggestie gekom wat iets in is. Dis net die soort plan van slimme eenvoudigheid wat 'n mens van Piet Weiland sou verwag."

En daarop het die speurder sy bevelskrif gekry en hy en 'n paar konstabels is uit na Kromdraai toe.

Toe hulle vir die soveelste maal weer by Piet aankom met die ou doel, het hy die soort storm opgeskop wat 'n mens van 'n onskuldige sou verwag.

"Julle ellendige spul amptenare wat aangehou word om die publiek te beskerm en in plaas daarvan onskuldige mense vervolg, omdat julle te dom is om die kwaaddoeners te vang, ek sê nou vir julle ek gaan julle by die prokureur-generaal rapporteer. Vat my en boei my en bring my voor die hof, of anders laat julle my staan. Julle sal maak dat daar naderhand regtig moord gepleeg word hier, en sonder dat die dooi liggame spoorloos verdwyn.

Maar hulle had  hul bevelbrief en Piet moes maar die kelder vir hulle oopsluit. Dis maklik genoeg om vate, vol of leeg, te visenteer of daar soliede voorwerpe in is. Jy steek maar 'n lang genoeg stok by die sponsgat in en beweeg hom heen en weer. So het hulle gemaak en die uitslag was - nul. Een vat was half met brandewyn, in 'n ander was daar wyn, in nog een asyn; al die ander lêers en halflêers was leeg. Die speurder was 'n siek man. Sy groot skoot was net so min soos die klein skootjies van die plaaslike vakmanne.

Die vendusie het plaasgevind. Piet Weiland het die hele boedel, los en vas, laat loop en met sy helfte van die opbrings die land uit getrek waar hy - soos hy gesê het - nie deur die laaste een vir 'n moordenaar sou aangesien word nie.

Die koper van die plaas het ingetrek - en die huis onbewoonbaar gevind. Daar was nie net een spook nie, maar drie. Die eerste nag en die tweede nag het hy en sy vrou dit uitgehou; die derde nag het hulle na  na bure toe gevlug en daar herberg gekry.

Die volgende oggend had die buurman 'n wenk. "Kyk, neef Andries," (dit was die koper se voornaam, sy van het my ontgaan) "die konstabels was hier; die speurder was hier; liebhebbers het rondgesoek, eers uit belangstelling en naderhand vir die beloning; almal het saam niks uitgevoer nie. Ná al die wetenskaplike middels wat tevergeefs beproef is, probeer nou raad wat uit die óú soort boerevernuf kom. Op die slegste sal hy nie kan slegter wees as die vorige nie. Ry jy na ou Heyns toe - ou Koos Veldkornet van Reg-in-die-pad, Uniondale - en bring hom hier. Hy vrees vir geen duiwel nie en hy sal vir jou 'n spoor kry op 'n skoongereënde rots of in die toegewaaide stof."

Andries is dan na ou Koos toe. Die ou was nie in die betrokke wyk veldkornet nie, nie eens in dieselfde distrik nie. Maar dit was nie die eerste maal dat hy ver vandaan gehaal is nie.

Die ou knyp sy pyp vas in sy mond nes in 'n skroef, vat sy takkerige lang baard in 'n bos bymekaar asof hy daar iets mee wou doen en kyk sy besoeker deur met 'n paar oë wat binnetoe boor.

"Neef die spoke self gesien?"

"Ja, ek en my vrou albei."

"Drie van hulle, sê jy?"

"Ja, oom, maar die een is 'n babetjie in die vrou se arms."

"Die vrou Martjie?"

"Oom, ek het vreemd in hierdie wêreld gekom. ek het Martjie nooit in haar lewenstyd ontmoet nie. Maar dit sal maar sy wees."

"'M. En die derde een, die manlike, sal dan wel Flip Loots se spook wees?"

"Ongetwyfeld, oom. Maar ek het hom ook nooit lewend ontmoet nie. 'M. Ek sal saamry en daar op die plaas afklim en in die spookhuis gaan slaap. Nog geen spook gesien nie. Word oud. Een van die dae self dood. Tyd om les te neem."

"Sal ons vir oom 'n  maat soek om hiervandaan saam te neem? Ons sal nie daar een kry om in die nag na die huis toe saam te gaan nie."

"Maat? Gmf. Maat altyd 'n oorlas. Aléwig in jou pad. Foeter voor jou uit en trap spore dood. Lol jou met kinderbabetjie se raad. Nee. Geen hulp nodig nie. Self mans genoeg vir twee spoke. Jy sê mos die derde is 'n suieling. Sal nie die ander twee kan help nie."

(Hiervandaan laat ek ou Heyns die geskiedenis verder uitvertel op sy eie voorbeeldig saaklike manier.)

Aand donker by naaste onderplaas aangekom en daar geëet. Vrindelike mense maar te veel slim raad. Hulle maar laat praat. Ná ete na die spookhuis toe met 'n kierie en 'n kers. Donker nag.

Eers die huis deurgeloop, niks gekry nie, uitgetrek en gaan lê in een van die slaapkamers. Moeg en vaak. Rukkie gelê en rook, pyp neergesit, tafeltjie voor die kooi, kers doodgeblaas.

Wou net my oë toemaak, was dit vir my of ek iets buite voor die venster sien. Nes 'n takkie wat roer. Maar daar's mos geen wind nie. Ek staan op, trek my broek en my velskoene aan, loop by die voorduer uit en om die hoek. Niks voor die venster nie, geen boom of tak wat kon geroer het nie. Trek ' n paar vuurhoutjies, geen stuk spoor nie. Safte grond. 'M.

Help nie om hier te bly staan nie. Loop maar weer om, voordeur toe, om in te gaan. Kom voor die eetkamervenster verby, skyn 'n lig uit. Dowwe soort donker-skemerlig; maar daar is niks wat brand waar hy vandaan kom nie. Vlak teen die venster, binnekant, paar voet van my af, staan twee, albei jonk van gesig, mansmens en vroumens. Omhels mekaar, vasdruk, soen. Niks besonders nie, was self jonk. Lyk na verliefdes wat lank nie mekaar gesien het nie. Maar nou sal julle mos tyd genoeg hê by mekaar, dog ek. 'M. Net die twee, geen babetjie nie.

Tik met my vingers buite aan die ruit om aandag te trek. Tyd om te vorder. "Waarom dan juis hierdie plek kom soek?" vra ek. "Nie reg om ander mense se huis te kom gebruik vir julle vryery nie. Sou gedog het daar was oorgenoeg ruimte waar julle nou tuis is. Of is julle dáár waar die groot gedrang is?"

Hulle kyk uit in my oë in en verdwyn. Lig verdwyn ook, eetkamer pikdonker. 'M. Ruk gestaan, verspot, niks te doen nie, sal maar weer ingaan.

Kom in die eetkamer, deurloop slaapkamer toe, staan die twee buite en inkyk soos ek netnou gestaan het. Vrou hierdie slag babetjie in die arms. Dingetjie moet aan die slaap wees, gesiggie toegemaak. Twee grotes wink vir my en ek moet uitkom. "Kyk," sê ek," julle twee is 'n ergernis. Het julle nie werk nie? Dood julle geen wysheid ook geleer nie?"

Maar hulle hou maar aan met wink. Kan nie praat nie, lyk dit. Ek loop maar weer buitentoe. Sal tog nie kan slaap met hierdie stoornis nie. Ek op die stoep kom, gaan die twee voor by die hekkie uit. 'M. Dog dan julle het geen hek nodig nie?

Hulle loop nog 'n entjie, ek agterna, draai hulle uitmekaar uit. Vrou loop links na die bome toe. Daar kom, sien ek dis geen stal nie, ook nie 'n waenhuis nie. Moet die kelder wees. 'M. Jong man verdwyn voor my deur die die deur binnetoe. Kan nie volg nie, deur toegesluit, groot hangslot. Half lus om 'n koevoet te soek, deur ooop te breek. 'M'm. Sal nie help nie. Moeite verniet; ek binnekom is hy weer ander plek heen padgegee. Maklik as 'n mens op so 'n manier kan vlug.

Laat hom dan toe maar daar bly, draai om in die koers wat die vrou gelooop het, bome toe. Nie ver geloop nie, sien ek daar weer 'n lig skyn, selfde soort dowwe skemering. Bykom staan die vrou, babetjie in die arms, by 'n langwerpige hoop vars grond. Langs haar staan haar maat weer wat ek nou daar in die kelder agtergelaat het. 'M. Ek loop nog nader. Toe ek van my kant af op die hoop grond kom, kom hulle van ander kant af oorgeklim asof hulle teen my wil vasloop. Ek trap vas. Toe hulle bo-op die hoop is, sak hulle in die los grond weg, onder die aarde in. 'M.

Sononder-ent is 'n klip vir 'n grafsteen. Gaan daarop sit en ek steek my pyp op. Moet omstreeks middernag gewees het, halwe maan kom net op.

'M. ek sit en dink, snaakse plek hier in die bougrond vir 'n graf. Sal mos oral begraafplekke wees vir die plase, bokant die pad, in die harde veld. Safte grond gesoek, maklik om on te grawe. 'M.

'M. Slim kêrel, Piet Weiland. So byna-byna met sy vernuftige plan verbygekom. Sien nou wat gebeur het. Vir Flip Loots daar in die kelder doodgekap met sy hamer, in 'n vat gesit, vat aanmekaargeslaan, vol brandewyn getap. Veilig genoeg vir die oomblik, later 'n ander plan gemaak om van die liggaam ontslae te raak. Maar toe sterf die vrou, moet vendusie gehou word, vate ook verkoop word. Kan nie aan 'n man 'n vat brandewyn verkoop met 'n dooi mens daarin en verwag hy sal swyg nie.

Graf vir die vrou in die dag laat grawe. Gewone diepte. Die nag 'n paar voet dieper gaan spit in die los grond, liggaam uit die kelder gaan haal, ingegooi, toegegooi, grond gelyk getrap, boom van die graf selfde diepte, selfde los grond. Ander dag die kis met die vrou en die kind bo-op die ander liggaam begrawe. Skare van mense in die ope daglig help om Piet Weiland se misdaad te verberg. 'M. slim kêrel, Piet Weiland.

Opgestaan daar van die grafsteen af, pyp uitgeklop, huis toe geloop, gaan slaap. Geen verder verstorings nie. Ander dag dorp toe gery, uitgeloofde beloning geëis, saak gerapporteer by die magistraat. Kis laat opgrawe, onder hom Flip Loots se liggaam gekry, heeltemal kenbaar. Brandewyn goeie behoudmiddel vir dooi mense. 'M.

Opgestaan daar van die grafsteen af, pyp uitgeklop, huis toe geloop, gaan slaap. Geen verder verstorings nie. Ander dag dorp toe gery, uitgeloofde beloning geëis, saak gerapporteer by die magistraat. Kis laat opgrawe, onder hom Flip Loots se liggaam gekry, heeltemal kenbaar. Brandewyn goeie behoudmiddel vir dooi mense. 'M.Abraham H. de Vries

C.J Langenhoven

Vertellers 2

Die tweede groot verhaalboek

deur Merwe Scholtz 

Radio Kuber Kontrei is 'n gratis Afrikaanse Agtergrond musiek kanaal. Kliek op ► links en luister via TuneIn. Maak asb. die ♥ rooi! deur ons as 'n FAVOURITE te merk. Vind ons APP op Google Play