My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Honderd Jaar van Afrikaanse Kortverhale Die Tuiskoms

Release Sce™ Forte

Medikasie wat die simptome van angs, depressie, ADD / ADHD, demensie en menopouse kan behandel. 'n Nie-gewoonte vormende natuurlike produk en sonder voorskrif. 
Community-verified icon


Release Sce™ Forte Agent
Honderd Jaar van Afrikaanse Kortverhale

Die Tuiskoms

Sy sit met haar kleinste kind op haar skoot en luister na die wind. Dit waai al dae aanmekaar. Elke môre staan hy op en waai tot die son ondergaan; dan gaan hy lê tot die volgende dag. Hy waai oor die oneindige veld, oor die dor, doodgerypde gras en oor die groot, swart brande. Na dié kant toe is die veld heeltemal afgebrand en waar sy so sit, sien sy deur die venster die hele vlakte swart. Die bleekblou hemel staan daarbo, strak, sonder 'n enkele wolkie, en daarin skyn die son, magteloos om warm te maak waar die koue wind waai. 'n Ent van die huis af is 'n rantjie, laag, van die klippe, ver agter al die wind, so alleen, soos 'n eiland. Dis eensaam in die huis en die wind daarbuite maak dit met sy geraas nog eensamer.

In 'n hoek van die kamer, op die grond, met haar kop op 'n kussing, lê 'n meisietjie en slaap. Dan het sy nog drie seuntjies, maar die is nou almal skool toe. Hulle gaan vroeg in die môre al weg en eers laat in die middag kom hulle terug. Sy moet nou opstaan om te gaan kos kook, maar sy bly nog sit; die wind maak 'n mens moeg en droefgeestig; lusteloos, asof daar niks is nie behalwe die sprakelose huis en die afgebrande veld en die wind wat maar steeds waai. 

Sy is 'n teer, bleek vroutjie met groot, blou, droewige oë; glad nie mooi nie, met 'n vaalbleek kleur, haar hare dun en sleg versorg en haar mond altyd half oop, sodat 'n mens die geel, ongeborselde tande sien. Maar tog is daar in haar gesig iets aantrekliks. Waardeur kan 'n mens nie so dadelik sê nie, maar as jy haar so bekyk, voel jy 'n geneentheid vir haar in jou opgroei. 

Die hele winter was sy alleen met haar kinders, want haar man was met die skape na die Bosveld, en sy wou nie saamgaan nie om die kinders in die skool te hou. Dit was baie onplesierig, sowel vir haar as vir hom, die hele vier maande alleen, maar tog wou sy dit so hê. Dit sou nog 'n maand duur voordat hy met die skape terugkom. 

Martinus Cloete trek met sy skape uit die bosse. Dit het al so warm geword dat hy nie langer daar kan bly nie en hy het gehoor dat daar mooi reëns geval het langs die pad en dat die gras al begin uitloop. Maar op die eerste reëns het weer droogte gevolg: die jong grassies het verlep en dit was weer die ou swart brande met net hier en daar 'n bietjie gras. 

Oor die afgebrande veld trek die skape moeisaam verder en knabbel aan die yl, dun, verflenste grassies, stadiger, die koppe altyd laer, na ander nuwe kolletjies gras. Agter loop Martinus Cloete. Sy lang, hoekige gestalte in die verslete, verbleekte klere beweeg stroef in verdrietige gang. 'n Ent voor hom ry sy wa in die pad. Aldeur stadiger trek die skape, so maer is hulle, so swak. Nou en dan bly daar een van hulle lê. Hy neem sy mes en sny haar keelaf: loop dan weer verder.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

So nietig lyk hulle daar, die trop armoedige skape en die man; so verlate in die wye, drukkende eensaamheid met die geel son bo hulle, die son wat daar soos 'n vuur alle koelte en reën wegbrand en die bietjie gras wat daar is, verdroog. Elke dag bly daar meer skape lê en hy sny hulle keelaf, sodat die aasvoëls hulle nie lewend kan kry nie. Dis nog die ergste om die stomme diere te moet doodmaak. Hulle kyk hom aan met hul bekende oë: hulle vra hulp en dan moet hy hulle doodmaak. Hy is voortdurend vol angs dat daar meer sal agterbly, en bly lê. Hy sien dit naderhand altyd, terwyl hy loop, of as hy saans by die vuur sit of as hy onder die wa lê, voordat hy aan die slaap raak; in sy slaap ook, altyd sien hy dit: 'n skaap bly agter, gaan staan, gaan dan lê.

Een môre sien sy hom kom en haastig loop sy hom tegemoet, maar toe sy die klein klompie skape sien, bly sy verskrik staan. Is dit al die skape? Sou daar so baie dood wees ? En sy bly staan waar sy is en kyk na die skape wat traag nader kom tot hulle by haar is en verbygaan. Toe gaan sy na haar man, groet hom met 'n soen, sprakeloos.

In die huis gaan hy moeg sit op een van die kiste. Sy gaan by die tafel sit en kyk hom aan met groot, droewige oë, maar hy kyk reguit voor hom in dowwe moedeloosheid. "Die helfte is dood," sê hy.

Sy gee nie antwoord nie, maar staan op en gaan by hom sit. Sy leun teen sy skouer en neem sy hand in hare maar sy sê niks nie. Lank sit hulle so, want die slag was hard. Maar aan hom dink sy die meeste, aan die swaar wat hy deurgemaak het. 'n Sterk verlange kom in haar op om hom te troos, maar sy vind geen woorde nie, en stil sit sy daar teen hom en liefkoos sy groot, ruwe hand. Breed is die groot teenspoed om hulle, en daarbinne, asof opgesluit, benoud en alleen, hulle twee. So dig bymekaar is hulle nou. Langsaam begin hy vra en vertel.

J van Melle

Honderd Jaar van Afrikaanse Kortverhale

Saamgestel deur Abraham H. De Vries

Vyfde Hersiene Uitgawe

ISBN 0-7981-3569-7

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >