"...Vir Vryheid en vir Reg..."
Die Britse soldate het op 11 Junie 1900 in 'n oostelike rigting beweeg en generaal Botha begin aanval. Daar was sowat 16,000 soldate aan Engelse kant met 6 groot kanonne en 666 sogenaamde veldkanonne. Die Boere was maar ongeveer 6,000 man en hulle het 22 kanonne en een Long Tom gehad. 

Die Boere het teruggeval na die hoogste kop op die plaas Kleinfontein, oftewel Diamond Hill, waar die Slag van Donkerhoek (soms ook Diamond Hill genoem) op 12 Junie 1900 plaasgevind het. Die oop grasvlakte het min skuiling gebied en was nie ideaal vir die Engelse berede troepe nie. 

Die Engelse het in 'n driehoekformasie aangeval: een gedeelte het die Boere van links aangeval, die ander deel aan die regterkant; die infanterie het in die middel deurbeweeg. Die Boere het nie daarin geslaag om die Engelse terug te dryf nie, maar het heldhaftig geveg. Van tyd tot tyd was daar ware heldedade, soos toe 'n klompie Boere op Hamilton se brigade afgestorm het terwyl die Engelse besig was om kanonne op te stel. Volgens Arthur Conan-Doyle het sulke aksies gesorg vir 'picturesque warfare' en 'n welkome afwisseling gebied van die 'invisible man with his smokeless gun upon the eternal kopje.' (The Great Boer War).

Die het geweldig baie vir die moraal van die troepe beteken. Alhoewel hulle die aftog moes blaas, was dit 'n "vlug vol moed", aldus Jan Smuts. Dit is hierdie durf wat die Boere moed gegee het om vir 'nog bykans twee jaar die oorlog voort te sit; hierdie slag in die vorm van guerilla-oorlogaanvoering.  

Tussen 11-12 Junie vanjaar (2019) sal net net mooi 119 jaar gelede wees dat die Slag by Donkerhoek, of Diamond Hill, soos die Engelse dit noem, plaasgevind het. Hierdie Slag neem om verskeie redes 'n belangrike plek in die annale van die Tweede Vryheidsoorlog in. Miskien die belangrikste bydrae wat dit gelewer het, was om die wankelende moreel van die Boerekrygers te herstel, hulle vasberade gemaak het om die stryd voort te sit en gevolglik die oorlog met nog byna drie jaar verleng het.


💡 Het jy geweet?

 
Radio Kuber Kontrei bied 'n Feesprogram vanaf 06:00 tot 23:59 op 12 Junie 2019 Skakel gerus in. Volg ons op TuneIn (Android en iPhone) 
Die stryders het dit as 'n nuwe ligbaken van hoop gesien. Tereg het genl. Smuts dan ook opgemerk dat, alhowel die Boere gedwing is om na die Slag terug te trek, dit 'n besielende uitwerking op die krygers gehad het wat kwalik deur 'n werklike oorwinning in krag oortref sou kon gewees het. Hierdie slag was in die Transvaal, naas die Slag by Dalmanutha, een van die laaste konvensionele slae van die oorlog, wat daarna deur die Boeremagte volgens guerilla-beginsels gevoer sou word. 

Die inname van Pretoria en daarna

Om 14h00 op 5 Junie het veldm. Lord Roberts, die Britse opperbevelhebber in Suid-Afrika, Pretoria met 'n mag van meer as 25,000 man triomfantlik binnegetrek. Vir hom was dit die hoogtepunt van sy loopbaan en hy het geglo dat die verowering van die hoofstad van die Zuid-Afrikaane Republiek die bereiking van sy strategiese doelwit meegebring het en dat die einde van die oorlog nou in sig was. 

Roberts het hom soos volg hieroor uitgelaat: "he believed the main operations of the army to be over; that both capitals of the allied enemy had been occupied, and that from now on the fighting would be done by many small units operating over large areas of country to repress local troubles, and that he thought the services of the foreign military attaches had been attained and their duties over". 

Ook in Engeland is dit in hierdie stadium amptelik in militere en politieke kringe aanvaar dat die oorlog na die val van Pretoria yerby sou wees. Hulle het 'n proklamasie binne enkele dae verwag waarin die inlywing van die Transvaal aangekondig word en dan sou slegs die roetine-take oorbly om die verskillende bendes gewapende Boere uiteen te jaag, Of diegene wat hulself oorgee te ontwapen. Die onverwagte weerstand wat die Republikeinse magte in die Oranje Vrystaat en by Donkerhoek gebied het, het getoon dat Roberts, en diegene wat sy mening gedeel het, misgetas het.  Dat dit egter steeds Roberts se vaste oortuiging was dat die einde in sig is, blyk uit sy telegram op 6 Julie aan Lord Lansdowne, die Britse Minister van Verdediging ("Secretary of State for War") waarin hy se: "I am hoping peace will be made before the end of August."

Roberts se lang gekoesterde sege het egter aan groot gevolge of taktiese onderskeiding mank gegaan, hoewel hy dit nie in daardie stadium besef het nie. Hy het nie daarin geslaag om die vyandelike krysgmiddele ten volle te vernietig of hulle georganiseerde weerstand te onderdruk nie. Pres. Kruger het gelukkig betyds die nodige maatreels getref om te verseker dat die Regering vir geval van so 'n gebeurlikheid nie in die vyand se hande beland nie. 

Op 29 Mei, toe inligting oor die Britse vordering noordwaarts daarop gedui het dat die Britse leer Pretoria nog die nag sou bereik, het die President die Uitvoerende Raad byeengeroep. Daar is toe 'n besluit geneem dat die President, saam met die Staatsekretaris, dr. W.J. Leyds, en ander sleutelamptenare dieselfde nag nog ooswaarts na Machadodorp sou verhuis, wat vanaf 5 Junie as die nuwe regeringsetel geproklameer is.

Moreel van die Boeremagte

Die val van Pretoria het die moreel van die Boeremagte in die Noorde 'n ernstige knou toegedien. Tereg het genl. Smuts die opmerking gemaak dat aan Boerekant hierdie stad as die heilige der heiliges van die Republiek beskou is en is groot waarde aan die behoud daarvan geheg. In die harte van die burgers het die verwagting gelewe dat Pretoria die groot Armageddon sou wees, waar die gekonsentreerde Boeremagte die beslissende slag sou lewer, wat die Britse leer sou terugwerp na die kus toe, waarvandaan hulle gekom het.

Dit was ook hierdie verwagting wat die duisende burgers beweeg het om tydens die rampspoedige terugtog vanaf die Modderrivier, steeds op kommando te bly. Ook vir genl. Louis Botha, die Waarnemende Kommandant-generaal van die Boeremagte, het die toestand na die prysgawe van Pretoria maar beroerd gelyk. In 'n breedvoerige verslag aan sy President, op 6 Junie, deel hy mee dat: "onze zaken maar diep beroerd lyken en elke schermutseling en aanraking met den vyand toont meer en meer aan dat onze menschen niet meer willen vechten. Een groote meenigte van onze mannen hebben zicht te Pretoria vrywillig overgegeven. Selfs ook van onze en u H Ed boezem vrienden en steunpilaren hebben zich ook tot myne verwondering en teleurstelling overgegeven, mannen die hun heel bestaan aan de Republiek te danken hebben .... "

Op 7 Junie het Botha bostaande rapport aangevul met mededelings dat 'n groot gedeelte van die burgers, waaronder aIle Rustenburgers en die grootste gedeelte van die Westergrens-burgers, huistoe gegaan het en dat geen invloed hulle aan die front kon hou nie. Die meeste van genl. De la Rey se mense was ook weg en die Soutpansbergers het hul na slegs drie dae aan Botha se front eenparig uit die voete gemaak. Ook Smuts verwys na die totale insinking in die Boerkrygers se gevegsdrif in hierdie tyd: "If Pretoria had seen the higher Boer officers at their lowest ebb of determination the week that intervened between its fall and the battle of Donkerhoek ... saw the lowwater mark of the morale of the Boer rank and file."

So groot was die omvang van die hensoppery dat die Britse Militere Goewerneur van Pretoria op 14 Junie in 'n amptelike bulletin bekend gemaak het dat tussen 4000 en 5000 gewere sedert die verowering van die stad daar neergele is. Roberts het intussen 'n besoek van Botha se sekretaris ontvang, wat met die boodskap gekom het dat die Waarnemende Kommandant-generaal vredesonderhandelinge wou voer. Hierdie aas het Roberts, soos Botha verwag het, met hoek en al ingesluk en hom die kans gegee om uit die kake van die vyand te ontsnap. 

Terugtog van die Boeremagte 

Botha het nou geen ander keuse gehad as om voor die Britse oormag terug te wyk en sy krygsmag ter beskering van die Regering, maar veral van die Republiek se enigste verbindingslyne met die buitewereld, waariangs buitelandse voorrade ingevoer kon word, in die stellings voor Donkerhoek voor die vyand te werp nie.

Anders as wat die Engelse verwag het, het die verowering van die Transvaalse hoofstad nie die Boereweerstand beeindig nie; inteendeel, nadat Louis Botha vir Roberts laat weet het dat hy die Stad nie meer sou verdedig nie in die vroee more ure van 5 Junie in die saal gespring en na 'n kort, kragtige: "Kom kerels! Ons sal hulle tot die dood toe beveg!" sy Kommando uit Pretoria uitgelei. Van Pretoria af het Botha sy burgers ooswaarts na Pienaarspoort, waar die Delagoabaaispoorlyn deur die Magaliesberge gaan, gelei. 

By Eerstefabrieke, wat hy as versamelpunt van die kommando aangewys het, het hy 'n Krygsraad byeengeroep in die kantoor van die whiskeydistileerdery van Lewis en Marks, op die plaas HatherIey, wes van Pienaarspoort. Op geen stadium sedert die uitbreek van die oorlog was die Transvaalse krygsleiers deur so 'n gees van pessimisme en moedeloosheid oorval soos toe die geval was nie. Om llhOO het Louis Botha die kantoor, waar die ander offisiere reeds gewag het, binnegekom. 'n Donker skaduwee het oor sy gesig gehang en in die plek van die kenmerkende helder blik in sy groot blou oe, was 'n uitdrukking van diepe neerslagtigheid. 

Hy het 'n kort oorsig van die situasie gegee. Die toestand, het hy hulle voorgehou, was ernstig, maar nie hopeloos nie. Daarna het genls De la Rey en Lemmer die woord gevoer. Hulle het 'n somber prentjie vir die Krygsraad geskets. Die burgers se moreel was verpletter; hulle het geweier om verder te veg en het in groot getalle huiswaarts gekeer; hulle klere was in vodde en die perde in 'n jammerlike toestand, want die veld was droog en die weiding swak, die offisiere het nie meer kontantgeld vir die aankoop van voer en proviand gehad nie en niemand was meer bereid om voer teen kommandeerbriewe aan die kommando's te lewer nie. 

Die Kommandant-generaal, sou nie meer verder op die dienste van hul kommando's kon staat maak nie. De la Rey het ook gedreig om met sy getroue burgers van Lichtenburg, Rustenburg en Marico na sy tuisdistrik te gaan, 'n Republiek van Wes-Transvaal uit te roep en dan tot die laaste man teen Engeland te veg. Uiteindelik het die Krygsraad besluit om "Voorlopig de bergketen Wonderboomspoort tot Donkerhoek en vandaar wid naar de omstandighede in bezit te nemen en te verdedigen en dan zoo spoedige mogenlijk weer een krygsvergadering van aIle officieren byeen te roepen om verder wyze van handeling te bespreken. "

Na afloop van die Krygsraad het, die offisiere onverwyld begin om, in ooreenstemming met bogemelde besluit, stelling in te neem en teen skemer die aand het Smuts aan pres. Kruger getelegrafeer dat die kommando's voorlopig posisies inneem van Wonderboompoort tot Suikerbosrand, 'n verdedigingskema waaraan die President sy heelhartige goedkeuring geheg het. 

Ontplooiing van Botha se magte 

Onderwyl De la Rey noord van Pretoria geopereer het, het die res van die Boerekommando's gedurende die 6de voortgegaan om posisies in te neem in die Magaliesbergreeks vanaf Derdepoort suidwaarts oor Donkerhoek. Die linie waarlangs die Boere stelling ingeneem het, was gelee in 'n vesting van heuwelkettings en ruwe terrein, wat 'n wye gebied ten ooste van Pretoria, vanaf Krokodilspruit in die noorde tot yerby die oorsprong van die Pienaarsrivier in die suide geloop het.

Noord van Pretoria vorm die Magaliesberge 'n natuurIike skans, wat van wes na oos na Franspoort strek. Oos van hoofstad is daar twee parallelle kettings, wat 11 km uitmekaar suidooswaarts Ie, tw die Magaliesbergreeks, wat vanaf Franspoort in laasgenoemde rigting voortgesit word, en die Bronberge ten weste daarvan. AIle wee na die landstreek oos daarvan het deur verskeie poorte in hierdie bergkettings gelei en is volkome deur die omliggende terrein oorheers. 

Sewe-en-twintig kilometer oos van Pretoria het die spoorlyn na Delagoabaai deur Pienaarspoort, 'n diep ravyn in die Magaliesbergreeks, geloop. Ses kilometer oos daarvan was Vandermerwestasie, wat teen 7 Junie die westelike eindstasie vir treinverkeer vanaf Komatipoort was.

Aan weerskante van Pienaarspoort is twee hoe, lang heuwelkoppe, elk sowat 5,5 km lank, wat onderskeidelik noordwaarts tot by Franspoort en suidwaarts tot by Donkerhoek strek. Hierdie gedeelte het die sentrum van Botha se linie uitgemaak en was van nature so uitmuntend geskik vir verdediging dat dit uit die aanvaller se oogpunt as 'n feitlik onneembare posisie beskou is. Dit het aan Botha die voordeel gebied dat hy dit met 'n relatiewe swak mag kon verdedig en soveel van sy beskikbare burgers soos moontlik op sy flanke kon plaas. Van Franspoort af noordwaarts het Botha sy regterflank meer as 16 kilometer ver oor 'n reeks gebroke rante ontplooi en die verste punt daarvan uiteindelik op die hoogtes rondom Krokodilspruit geanker. Suidwes van Krokodilspruit strek Kameeifonteinvallei ongeveer 7 km ver uit tot by Kameelspuit. 

Die vallei is sowat 3 km breed en word aan die noordekant begrens deur die Boekenhoutskloofrante en aan die suidekant deur die Kameelfonteinrant. Die westelike punt van 19 rant styg skerp en vorm 'n hoe koppie, bekend as Louwbaken, wat die res van Kameelfonteinrant en die hele vallei domineer. 'n Diep kom skei Louwbaken van die noordelike punt van Kameelfonteinrant, bekend as Krokodilspruitkop 3 km daarvandaan.

Oos van Krokodilspruitkop skei 'n 2 km bree kloof, waarlangs Krokodilspruit vloei, Kameelfonteinrant van die hoe terrein bokant Tweefontein. S Botha se linkerflank het vanaf Donkerpoort suidwaarts gele. Die Magaliesberge strek van daar af in 'n gebroke reeks suidooswaarts oor Diamond Hill en Morskop totdat dit uiteindelik oos draai en ongeveer 8 km suid van Bronkhorstspruitdorp verbygaan. By Mooiplaats, Kleinfontein en Tweedracht vorm groot bosagtige uitlopers 'n heuwelketting teenaan die oostelike oewer van die Pienaarsrivier, wat ewe sterk posisies as die hoofstellings bied. Suid van Morskop draai die hoe terrein na die weste en suidweste oor Rooikoppies en Kameelkraal verby die oorspronge van die Pienaarsrivier en sluit uiteindelik suid van Tierpoort by die Bronbergreeks aan. In hierdie moeilike, bergagtige terrein het Louis Botha sy burgers langs 'n linie van meer as 40 km oftewel 6 uur te perd, laat stelling neem. Vanuit die posisies het hulle die Delagoabaai-spoorlyn, en min of meer aIle ander wee van betekenis wat na Oos-Transvaal gelei het, afgesny. Kennende vir Roberts het Botha geweet dat die sy flanke, met veral sterk ruitery sou bedreig, sodat hy soveel versterkings as moontlik van sy middelpunt daarheen moet stuur. Die Engelse magte sou daarna 'n deurbraak by Pienaarspoort in die middel probeer uitvoer. Die Kommandant-generaal het gevolglik sy flanke so sterk as moontlik gemaak om Roberts se ruitery-aanslag beter te kon weerstaan. 

Die natuurlike sterkte van die middel het hom in staat gestel om dit met 'n relatief swakker mag te beskerm. Op 7 Junie is daar weer'n Krygsraad in die wing van Vandermerwestasie gehou. Die berig van De Wet se suksesse teen die Britse magte in die Vrystaat het vir 'n groter gees van optimisme onder die aanwesiges gesorg.28 Die Krygsraad het dan ook eenparig besluit om: "lettende op die wenschelijkheid zoo spoedig mogenlijk aIle commandos te reorganiseeren ... de Rand bergen Pienaarspoort en Donkerhoek randen thans in bezet van onze commandos te houden ten einde de officieren in de gelegenheid te stellen hunne manschappen zoo spoedig mogenlijk by een te brengen. ,,Tweedens is besluit om "De Regeling van de commandos over te laten aan den Commandant generaal volgens Krygsraadbesluit genomen te Pretoria. ,, Dit het daarop neergekom dat die krygsrade afgeskaf, en die besluitneming aan die Kommandant-generaal oorgelaat sou word. 

Die Kommandant-generaal was nou vasbeslote om in sy linie vas te skop en Roberts se oormag, voor wie die Boere van Belmont af aanhoudend moes terugwyk, hard terug te slaan. Daardeur sou hy die burgers se moreel en hulle geloof in hul vermoe om die Britse leer suksesvol teen te staan, herstel. Na die Krygsraad se besluit om die stellings wat hulle ingeneem het te behou en die ontplooiing van die Kommando's aan die waarnemende Kommandant-generaal oor te laat, het Botha met onvermoeide ywer sy aandag aan veel- vuldige sake gewy ten einde sy krygsmag vir die verwagte geveg voor te berei.

Die bevelvoerders van die Britse magte het nou voortdurend die Boerelinies deur hulle berede elemente laat verken en probeer om die ankerpunte van Botha se skynbaar nimmereindigende flanke te bepaal. Broadwood het teruggerapporteer dat die omvleueling van die Donkerhoek posisies nou 'n baie moeilike onderneming geword het, aangesien die Britse verkenningsaktiwiteite hul voorgenome omvleuelingsbeweging vir die vyand blootgele het, as gevolg waarvan die Boere hulle linkerflank verder uitgestrek en versterk het. Hy het ook gevind dat die Boere geweldig aktief en aggressief was. Op die regterflank van Botha se linie, dws van Franspoort af noordwaarts, was De la Rey in bevel.

By Franspoort was veggenl C.M. Douthwaite van die Potchefstroom-kommando en net noord van hom asst genl F.A. Grobler met 200 Waterbergers. Verder noord het assts genl S.P. du Toit met die Wolmaranstad- en Bloemhofkommando's posisie ingeneem, gevolg deur die Griekwalanders onder veggenl P.J. Liebenberg en die Lichtenburg-kommando onder kmdt H.e.W. Vermaas. Op die uiterste regterflank het asst genl J.P. Snyman met die Marico-burgers die linie geanker. Die geledere van die burgers was egter so uitgedun dat De la Rey se totale mag kwalik 2 000 man getel het. Met uitsondering van die burgers by Franspoort, het hy die res van sy mag hoofsaaklik op die Kameelfonteinhoogtes geplaas, met kleiner afdelings in die gapings tussenin. Dertien kanonne onder kapt Alfred von Dalwig het op hierdie flank aan De la Rey vuursteun verskaf.

Die middelpunt en suidelike flank, dws die hele linie suid van Franspoort, is deur Botha self aangevoer. Sy kommando's was soos volg opgestel. Tussen Franspoort en Pienaarspoort het veggenl Oosthuizen met 250 Krugersdorpers stelling geneem. Pienaarspoort is gehou deur veggenl H.R. Lemmer, met onder andere die Middelburg- en Lydenburg-kommando's en die Polisie van kmdt G.M.J. van Dam. Onder sy bevel was ook kmdt B1ignaut en vk Theunissen. Teen 11 Junie was sy mag sowat 350 man sterk.

Die rant tussen Pienaarspoort en Donkerhoek is deur die Germiston-kommando onder kmdt G.H. Gravett beset. Die artillerie in die middel het bestaan uit die Long Tom op die spoorwegwa by Vandermerwestasie en 3 veldkanonne. 
Die rant tussen Pienaarspoort en Donkerhoek is deur die Germiston-kommando onder kmdt G.H. Gravett beset. Die artillerie in die middel het bestaan uit die Long Tom op die spoorwegwa by Vandermerwestasie en 3 veldkanonne. 

 

  Die inname van Pretoria en daarna Om 14hOO op 5 Junie het veldm Lord Roberts, die Britse opperbevelhebber in Suid-Afrika, Pretoria met 'n mag van meer as 25 000 man triomfantlik binnegetrek. Vir hom was dit die hoogtepunt van sy loopbaan en het hy geglo dat die verowering van die hoofstad van die Zuid-Afrikaanse Republiek die bereiking van sy strategiese doelwit meegebring het en dat die einde van die oorlog nou in sig was.2 Roberts het hom soos volg hieroor uitgelaat: "he believed the main operations of the army to be over; that both capitals of the allied enemy had been occupied, and that from now on the fighting would be done by many small units operating over large areas of country to repress local troubles, and that he thought the services of the foreign military attaches had been attained and their duties over"

  Die Slag van Donkerhoek het op Maandag 11 wye beweging te omvleuel en langs die ElandsJunie om 05hOO in aile erns begin toe die Britse rivier af te beweeg ten einde die spoorlyn agter troepe hulle eerste beweging op die noordelike hulle rug naby Elandsrivierstasie af te sny.2 flank gemaak het, by welke geleentheid French in digte duisternis sy kamp by Kameeldrift verlaat en na Kameelfonteinvallei opgeruk het. Die aanmars is deur 4 ruiterbrigades gelei.1Sy voornemens was om die Boere se regterflank met 'n Di C 0:-1 dq v;m [ON K £9HO EK (Diamond !!ill) ,,:.~ , . ""'o,i .jun If) 1900 TOf:stand "(Ins om 12f1f1,uur. ~ i L j .• .$. # Sk~Jld bYl 'li ere Die slag van Donkerhoek 11 Junle 1900 17 • Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za De La Rey het opsetlik die bek van die val lei oopgelaat ten einde French toe te laat om met sy hele mag daar in te beweeg. Vanaf die omliggende hoogtes sou die Boere dan op sy troepe in die oop vlakte kon toesak, want die drif in sy rug sou 'n vinnige terugtog onmoontlik maak en bes moontlik die Boere-afdelings suid van Kameelfonteinrant die geleentheid gee om agter sy rug in te beweeg en sy terugroete af te sny4 Vier brigade was kwalik twee kilometers verby die drif toe daar van Krokodilspruitkop op hulle losgebrand word. French, wat self voor was, het egter nie kop verloor nie en hulle beveel om van die perde af te spring en terug te vuur. Intussen het die res van die ruitery onder dekking van die westelike hang van Louwbaken en Kameelfonteinrant vorentoe gekom en by die voorste troepe aangesluit.5 French was nog besig om planne te beraam om die magte voor hom uit hul posisies te verdryf, toe hy 'n kommando van 200-300 Boere sowat 3 000 meter voor hom dwarsoor sy front in 'n noordwestelike rigting sien jaag. Dit was die Marico-kommando van genl J.P. Snyman wat sy posisies sonder meer in die aangesig van die vyand verlaat en na Boekenhoutskloofrant teruggeval het. French het dit gesien as 'n poging om sy linkerflank te omvleuel en aan maj Sir John Jervis-White-Jervis opdrag gegee om onmiddellik met a-battery RHA teen Snyman se galopperende troepe te ontplooi. Jervis se bombardement het snel sy uitwerking getoon en Snyman se burgers gedwing om noordwaarts te swenk.6 Intussen het groepies burgers uit die noorde van die vallei vorentoe gedring en hewige geweervuur op Jervis se battery geopen. French het genl maj Dickson daarop beveel om 4 Kavalleriebrigade te voet teen Krokodilspruitkop te ontplooi. Tegelykertyd moes hy 'n eskadron regs teen Kameelfonteinrant inwerp tot tyd en wyl van die berede infanteriekompanies, wat nog besig was om die rivier oor te steek, sou bykom om hom te versterk.7 Inmiddels het De La Rey, wat gesien het wat met Snyman gebeur, hom na die ontruimde posisies gehaas. Deur van Dalwig se kanonne ondersteun het die burgers vanaf die noordelike deel van Kameelfonteinrant al skietend vorentoe gedring en Dickson se brigade, wat nouliks 100 man in die vuurlinie gehad het, op die verdediging gedwing. 'n Swaar kanon het ook vanuit 'n goed versteekte posisie in die koppe suid van Byenespoort die Britse troepe op die uitlopers 18 aan die noordelike en westelike hange van Kameelfonteinrant onder kruisvuur geneem. Die troepe van 4 Brigade het hulle dapper verweer. Onder die hewige kruisvuur het hulle ontplooi en die hange en kruin van Louwbaken beset. Hulle is later versterk deur twee kompanies van kapt e.G. Amphlett se 1ste Berede Infanteriebataljon, wat op die laer hange van Louwbaken stelling ingeneem het, gevolglik het die berede infanterie nou die hele kop beset8 Aangemoedig deur die sukses waarmee hulle French se aanmars gestuit het, het groepies van De La Rey se burgers gevolglik probeer om die troepe op Louwbaken aan die oostekant te omvleuel, terwyl die Boerekanonne steeds hewige vuur neergebring het. French het die gevaar hiervan besef en aan sy geskut opdrag gegee om die Boerekanonne te neutraliseer. Hy het ook troepe geskuif om die Boere se flank te bedreig. Ten gevolge hiervan kon De La Rey se klompies burgers nie verder vorentoe beweeg nie en moes hulle hul pogings om Louwbaken te omvleuellaat vaar. Daardeur is French se regterflank beveilig en het die geveg aan die kant van die vallei vir die res van die dag in 'n skaakmatsituasie ontwikkel waarin nie een van die twee magte terrein gewen of verloor het nie.9 Kol Porter se brigade het Kameelfonteinvallei intussen met 'n wye boog na die weste oorgesteek ten einde die Boere aan die verste kant van die Boekenhoutskloofrante te omvleuel. Porter se troepe het vir twee uur lank geveg totdat hulle omstreeks 13hOO die rant tot by Doornfontein verower het. Verder as dit kon hulle nie vorder nie, want die burgers was vasberade om hulle te stuit en French se artillerie-ammunisie was feitlik gedaan, gevolglik is die Britse aanval in Kameelfonteinvallei hier finaal tot stilstand gedwing. Deur sy optrede het Porter nietemin daarin geslaag om aan die Boere 'n groot deel van die takties belangrike Boekenhoutskloofhoogtes te ontse en daardeur French se linkerflank te beveilig teen 'n dreigende omvleueling.10 French se posisle was nou benard. Sy aanval was gestuit en sy mag, insluitende sy reserwes, oral op die verdediging gedwing. Daarenteen was die Boere se strydlus nou aangewakker en het hulle oral die inisiatief geneem. Die geveg sou die hele middag voorduur. Die pad waarlangs French die oggend vanaf Kameeldriffontein verby Louwbaken beweeg het, is deur die Boere in 'n gewisse doodsakker omskep en van Byenespoort se kant af het die kanonniers die drif in sy rug gebombardeor om sy terugtogroete Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za af te sny. French het derhalwe boodskappers na Roberts gestuur om hom mee te deel dat hy waarskynlik nie daarin sou slaag om sy opdragdie omvleueling van die Boereflank - uit te voer nie, tensy hy versterk word. Hierop het Roberts geantwoord dat French moes terugtrek indien die vyand te sterk was en dat hy veral nie die risiko moes loop om te veel verliese te Iy nie.ll Die nag het aangebreek en vir French het die duisternis welkome verligting gebring. In plaas daarvan dat hy die Boerelinie omvleuel het, is hyself met omsingeling bedreig. Sy mag het die perke van sy vermoens bereik en kon hom self alleenlik met die uiterste inspanning handhaaf en die terugtoglinie oophou. Ten spyte van sy benarde posisie het hy egter besluit om in sy posisies vas te skop ten einde die volgende dag 'n groot deel van Botha se magte voor hom vas te pen.12 Gen maj J.D.P. French te Pretoria Gen maj J.D.P. French en sy personeel 19 Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za De La Rey, daarenteen, kon onder die omstandighede tevrede voel met die verloop van die dag se geveg. Vir die eerste maal sedert Roberts van Bloemfontein af opgeruk het, het die Boere daarin geslaag om die vyand se aanval af te slaan en hulle eie posisies te behou. Die aanval op die suidelike flank 11 Junie Gelyktydig met French se opmars na Kameelfonteinvallei het Ian Hamilton se mag op die suidelike flank in beweging gekom. Reeds om 04hOO is die onberede ruitery uitgestuur om die koppe aan weerskante van Swawelpoort, waar Hamilton se mag moes deurgaan, te beset. 'n Halfuur later het ook die berede brigades begin opruk. Broadwood se opdrag was om suid om die Boerestellings by Donkerhoek te beweeg, terwyl brig genl Gordon die Boerekommando, wat 'n posisie oos van Tierpoort beset het, moes teehou om Broadwood se regterflank te beveilig.13 Broadwood het suidooswaarts opgeruk om die Boerelinie te omvleuel. Sy linkerflank is deur brig genl Ridley se berede infanterie beskerm en sy regterflank deur Gordon, wat op Tierpoort aangeruk het.14 Broadwood se aanmars in die rigting van Tweedracht het hom reg in die Boere, wat hom van twee kante af bedreig het, se skootveld ingelei. Vanaf hul hoofposisie in die Diamond Hillrante het die Boerekanonniers sy bewegings waargeneem en sy eskadrons reeds op die westelike oewer van die Pienaarsrivier met 'n hewige kartetsvuur begroet. Terselfdertyd het groepies van die Heidelberg-kommando, wat voor Gordon uitgewyk het, in die gaping tussen die twee brigades inbeweeg en 2 brigade nou van regsagter aangeval. Broadwood was egter nie iemand wat hom maklik laat stuit het nie. Aan 'n gedeelte van sy brigade het hy opdrag gegee om die Boere en toom te hou en met die res vorentoe gebeur en die Pienaarsrivier oorgesteek.15 Louis Botha was ewe vasberade om die oprukkende ruitery tot stilstand te dwing. Van Diamond Hill af het hy afdelings burgers gestuur om dwarsoor Boardwood se aanmarsroete posisie in te neem en sy kolonne in die front te stuit. Teen ongeveer 11hOO was Broadwood verplig om sy brigade tot stilstand te roep en het hy It Connoly met 2 kanonne gestuur om die vyand uit die pad te vee voor hulle kans kon kry om hulself stewig in posisie te vestig.16 20 Gen Louis Botha Die Boere, wat die gaping tussen die vooruitgeskowe afdeling en die res van die brigade onmiddellik raakgesien het, het nie op hulle laat wag nie. Tweehonderd burgers van die Bethalkommando het die voorste Britse verkenners teruggedryf, tot op 300 meter van die kanonne ingestorm en verwoestende vuur op hulle en die geleide geopen. Terselfdertyd het 'n sterk afdeling burgers van die Heidelberg-kommando, wat hulself uit die geveg met Gordon se brigade losgewikkel het, flankvuur op die kanonne laat reen.17 Die bevelvoerder van die 12th Lancers, It kol, die graaf van Airlie, was 'n dapper man wat met sowat 70 beskikbare man die Boere met luide geskreeu bestorm het. Die meeste van die burgers, wie se magasyne reeds leeggeskiet was, het op hulle perde gespring en voor die lansiers uiteengespat. Die lansiers se perde was egter s6 uitgeput dat hulle nie die vlugtende burgers kon inhaal nie. Met die terugkeer het Airlie ongelukkig sy regiment meer na links in die rigting van die vyandelike hoofposisie gelei. 'n Verwoestende vuur is gevolglik deur die Boere op hulle neergebring en Airlie is neergevel. Die kanonne was gered, maar die prys was hoog, want terwyl die gebeure op Broadwood se front afgeScientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za speel het, het ook op sy regterflank 'n hewige geveg gewoed. Die Boere se aanvalle is deurlopend deur artilleriste op Diamond Hill ondersteun. Broadwood het die troepe van die Household Cavalry nou beveel om 'n berede storm loop met die swaard uit te voer, aangesien dit nodeloos sou wees om in daardie stadium 'n vuurgeveg aan te knoop. Die ruitery het met groot krygsgeskreeu en ontblote swaard op volle gallop op die Boere afgestorm, wat in aile rigtings uiteengespat het. Die verliese aan albei kante tydens hierdie aanval was gering. Die burgers se aanvalle het dit vir Broadwood onmoontlik gemaak om sy opmars te hervat, aangesien die gevaar steeds bestaan het dat hulle in die gaping agter sy rug, wat al groter geword het, kon inbeweeg en hom afsny. Intussen het Gordon ooswaarts agter Broadwood aangeruk om sy oorspronklike taak, die beveiliging van Broadwood se regterflank, te hervat. Hy het weliswaar daarin geslaag om die Boere van die hoogtes, wat die val lei aan die suidekant beheers, te verdryf.20 Britse Infanterie tydens die Slag van Donkerhoek 21 Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za ~'" ,'~."1', -,- ..~ ~\ ..~~ Brltse Infanterle tydens die slag van Donkerhoek Hierna het die geveg op die deel van die slagveld in 'n skaakmatposisie ontwikkel, waarin nog Ian Hamilton se ruitery, nog Joachim Fourie se burgers, ten spyte van 'n lewendige vuurgeveg, grond gewen of hul posisies prysgegee het. Op albei flanke het Roberts se beplande omvleuelings dus misluk en is sy ruitery deur Botha se kommando's vasgepen en hy, op sy beurt, met omvleueling bedreig. Hy sou sy mag moes terugtrek of die Boerelinie in die front met infanterie probeer deurdring. Vir 'n frontaanval, het hy weens die verwagte hoe verliese, teruggedeins. Hy het gevolglik aan Ian Hamilton laat weet om nie met die aanval te volhard nie.21 Noord na noordoos van Diamond Hill daal die terrein geleidelik na die treinspoor af en vorm uiteindelik 'n golwende vlakte met losstaande hoogtepunt, wat ongeskik is vir 'n verdedigingslinie. Hierdie vlakte word deur die Donker. hoek Diamond Hill-reeks gedomineer. 'n Deurbraak by Diamond Hill sou dus die Britse mag in staat stel om agter die rug van die Boeremag te kom, die spoorlyn af te sny en hulle 'n vernietigende neederlaag toe te dien.22 Toe dit vir Ian Hamilton duidelik word dat Broadwood se omvleuelingsbewegings besig was om 22 te misluk en dat hy op die verdediging gedwing word, het hy besluit om Broadwood te hulp te gaan en met sy infanterie 'n aanval teen die laer hange van die Diamond Hill-posisie te loods, om te voorkom dat die vyand sy hele mag op die flank teen die ruitery konsentreer. Hy het dus vir Bruce Hamilton beveel om tot die aanval oor te gaan.23 Bruce Hamilton se plan was om die regterflank van die posisie voor hom met die Royal Sussex te verower en dit dan na die ooste op te rol, terwyl die City Imperial Volunteers, ondersteun deur 82 Veld battery en Legger se berede infanterie, die Boere se sentrum en linkerflank sou vaspen.24 Hamilton het sy troepe in wydverspreide orde in die veld gestoot, terwyl 'n hewige kanon- en geweervuur uit aile dele van die Boerestellings op hulle neergereen het. Weens die verspreidheid van sy troepe en goeie benutting van natuurlike dekking kon die Boere hulle nie met hul vuur stuit nie. Met die vyand uiteindelik stewig in posisie op hul regterflank, het dit vir die Boere op die Kleinfonteinrant bykans onmoontlik geword om hul posisies te behou. Met hul regswending het die Royal Sussex front na die ooste Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za Gen maj Sir Bruce Hamilton gemaak en die Boerestellings geleidelik van regs af begin oprol.25 Teen 15h30 het die verdediging op die Kleinfonteinrant begin meegee toe groepies burgers, van sowat 20 of 30 man sterk, hul posisies verlaat en op die hoofstellings van Magaliesberg teruggeval het, en 'n halfuur later het Tobias Smuts die rant prysgegee en met die res van die kommando in hul spore gevolg. Bruce Hamilton se regimente het nou die hele Kleinfonteinstelling in besit geneem.26 Vanaf sy posisie op die hoe terrein sowat tien km wes van Pienaarspoort, het lord Roberts Bruce Hamilton se aanval gade geslaan en tot die gevolgtrekking gekom dat Diamond Hill die sleutel 23 tot Botha se linie op die suidelike flank was. Die verloop van die aanval het hom oortuig gelaat dat sy troepe vanaf die verowerde posisies 'n suksesvolle aanslag op Diamond Hill self sou kon maak en hy het besluit am die volgende dag op die punt met die aanval deur te druk.27 Gebeure in die sentrum - 11 Junie In die sentrum het It genl Pole-Carew teen dagbreek met sy twee infanteriebrigades van hulle kamp af na die plaas Christinen Hall gemarsjeer, vanwaar hy hulle oar 'n reeks klein koppies in die gebied, wat suidwaarts na Mooiplaats uitstrek, ontplooi het. Die berede infanterie het hy aangewend am sy front en flanke te dek. Sy opdrag was am nie aan te val nie, maar sy mag gereed te hou in afwagting op die verloop van die ruitery se omvleuelingsbeweging.28 Gen Pole-Carew Bevelvoerder van 11 Divisie Foto 6 Op Pole-Carew se linkerflank het kol Henry in die loop van die dag 'n aanval op Franspoort gemaak am 'n bres in die Boerelinie te probeer slaan. Kragtig ondersteun deur die Staatsartillerie het genls Grobler en Douthwaite Henry se troepe met mening teruggewerp. Hierop het Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za Pole-Carew hom beveel am die grand te hou wat hy op daardie tydstip beset het en met French se basis by Kameeldrif in verbinding te bly.29 Gedurende die dag het Pole-Carew se infanterie . geleidelik vorentoe beweeg ten einde die burgers in die sentrum vasgepen te hou sodat hulle nie onttrek en teen Ian Hamilton ingewerp word nie. Dat Pole-Carew met die taktiek in sy doel geslaag het, word bevestig deur 'n mededeling van Smuts dat die Boerelinie in die sentrum so sterk bedreig is dat dit vir 'n lang ruk moeilik was am te bepaal of die Britse hoofaanval daar gemaak sou word en of dit bloat 'n skynaanval was am te verhoed dat Louis Botha versterkings van daar af na die suidelike flank stuur.30 Voortsetting van die geveg 12 Junie Albei kante het daardie nag voorbereidings vir die volgende dag se geveg getref. Die oggend van 12 Junie, reeds am 03hOO, het Roberts sy finale bevel aan Pole-Carew getelegrafeer. Daarvolgens moes Pole-Carew die aanval van Ian Hamilton dieselfde oggend ondersteun. Sy sentrum moes hy hou, bygestaan deur die 5dm kanonne, en sy regterflank verder uitstoot.31 Die slag van Donkerhoek 12 Junle 1900 24 Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za By die Boerelinie het Louis Botha vroegoggend genl De La Rey se rapport oor die situasie op noordelike flank, tesame met 'n brief van genl Grobler, ontvang. Botha het geantwoord dat aile moontlike versterkings na die suidelike vleuel moet gaan waar hy die swaarste geveg verwag het. Hy het Grobler gemaan om die vorige dag se sukses teen Henry op te volg, die vyand ten ooste van Baviaanspoort te verdryf en, indien moontlik, Pole-Carew se kamp by Silverton te bedreig en te verower.32 Vroeg die oggend was lord Roberts terug op die gevegsterrein en het die bewegings, wat hy die vorige aand gereel het, onmiddellik 'n aanvang geneem. Bruce Hamilton het om 06hOO sy drie infanteriebataljons en twee veldbatterye na die posisies, wat hy die vorige middag verower het, gelei en hulle daar ontplooi. Om 08hOO het Ian Hamilton sy infanteriebevelvoerder beveel om Diamond Hill te verower en agter die Boere se rug op die spoorlyn toe te slaan ten einde hulle terugtog af te sny. Hy moes egter op twee bataljons Guards wag, wat onder sy bevel geplaas sou word en wie se aankoms voor die middag verwag is. Voor hom het 'n sterk Boeremag op die kruin van Diamond Hill in posisie gel8, terwyl hulle flanke na weerskante so ver uitgestrek het as wat hy kon waarneem. Broadwood en Gordon se ruiterybrigades is beveel om vanuit die posisies wat hulle die vorige dag gehou het, die infanterieaanval teen inmenging van regs en regs-agter te beskerm.33 Onmiddellik nadat die veldartillerie ontplooi is, het 76 Battery die hoofstelings op Diamond Hill begin bombardeer. Om 12h45 het Bruce Hamilton sy brigade beveel om tot die aanval oor te gaan. Van die posisies waar Bruce Hamilton se troepe ontplooi was, is gesien dat Diamond Hill die naaste en mees prominente kop in die reeks was, wat van Donkerhoek af suidooswaarts na Morskop uitstrek.34 Louis Botha wat die hele dag lank die siel van die Boereverdediging was, het uiteindelik burgers uit die middel onttrek en na die linkerflank gestuur om dit teen die geweldige oormag te versterk. In die aangesig van Pole-Carew se mag, wat sy sentrum bedreig het, het Botha besef dat hy die verdediging van sy linie daar gevaarlik uitdun, maar hy het geen ander keuse gehad nie omdat daar nie genoeg burgers aan sy front was om die linie oral behoorlik te verdedig nie.35 Gen Botha by Donkerhoek 25 Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za Die geweldige bombardement van die Engelse en die oprukkende bataljons het Tobias Smuts se Ermeloers, aan wie die verdediging van Diamond Hill toevertrou is, so ontsenu dat hulle, nog voordat die vyandelike troepe behoorlik binne gevegsafstand was, hulle stellings prysgegee en teruggeval het na Renosterkop. Teen 13h30 was die City Imperial Volunteers op die suidelike rant van Diamond Hill se kruin, dog toe het die geveg eers in aile erns begin. Toe die Britse troepe die kruin betree, het Louis Botha se burgers met alles wat kon skiet - Mausers, Pompoms en kanonne - die plato met so 'n verwoestende kruisvuur uit die front en flanke bestryk dat hulle nie kon vorentoe beur nie en agter die klippe moes skuiling soek on aan vernietiging te ontkom. Bruce Hamilton het nou besef dat hy gevaar geloop het om weer van die kruin afgeskiet te word en besluit om sy front te verbreed. Terselfdertyd het hy die Royal Sussex en die 2nd Coldstreams beveel om die Donkerhoekplato te beset.36 Teen 15hOO het die Royal Sussex die Donkerhoek rant beset en 'n kwartier later het die 2nd Cold streams op die linkerflank by hulle aangesluit. 'n Paar minute daarna - dus ongeveer 15h30 - het maj W.H. Connolly die kanonne van 82 Veld battery op die kruin getrek. Hy het sy battery 700 m agter die vuurlinie ontplooi en 'n hewige vuur op die Boere geopen, wat hy tot dit donker geword, onderhou het. Hoewel sy bombardement nie die Boerevuur totaal geneutraliseer het nie, het dit dit aansienlik laat afneem. Ian Hamilton het, op sy beurt, aan brig genl Ridley opdrag gegee om sy front na regs te verleng om met die volle berede infanterie druk op die Boere se Iinkerflank uit te oefen. Die plaas Renosterfontein is beset en daarvandaan het die 6 bataljons noordwaarts teen die rant, wat deur die Ermelo-kommando gehou is, opgeruk. Die Ermeloers het dapper geveg, maar hulle het sulke swaar verlies gely dat hulle gedwing is om terug te val. Intussen het Botha kmdt Ben Viljoen met sy kommando na die bedreigde punt gestuur, terwyl hyself met 'n deel van die Krugersdorp-kommando daarheen gehaas het. Toe hulle daar kom, was die Britse troepe reeds in besit van die kruin en, sonder dat hulle dit besef het, agter die rug van die Boerelinie.36 Ian Hamilton het self na die kruin van die Diamond Hill-plato gegaan en die posisie saam met Bruce Hamilton in oenskou geneem. Om hulle posisie op die plato te verseker, moes die Boere van die rant voor hulle verdryf word. Die vallei 26 tussen hulle het dit vir Bruce Hamilton onmoontlik gemaak om hulle met sy linkerflank in die front aan te durf, dus het hy beplan om met sy regterflank deur die Boerelinie te breek en sodoende agter hulle rug te kom. Met die oog daarop het hy bevele uitgereik om sy vuurlinie te versterk.39 Genl maj Inigo Jones, wat besef het in watter dilemma die troepe op die kruin verkeer, het maj H. Guthrie-Smith met 83 Battery intussen vorentoe gestuur om hulle te ondersteun. Hy het maj Connolly bygestaan en die gesamentlike bombardement van die twee batterye het die helfte van die Mauservuur die swye opgele.40 Louis Botha het probeer om die dalende plato noord-noordoos van Diamond Hill, vanwaar die rug van sy linie bedreig kon word, te versterk en groter diepte daaraan te gee deur 'n stelsel van loopgrawe en skanse op die lae grond.41 Die ruiterybrigade van Broadwood en Gordon, wat oorspronklik die Boerelinie moes omvleuel, is die hele dag s6 deur die Boere se vuur vasgepen dat hulle nie teen die Boereflank kon optree nie, en in 'n statiese verdedigingstelling, gedwing is tot die rol van voetsoldate, wat moes veg om te hou wat hulle gehad het.42 Om 17h30 het 83-Battery vuur gestaak as gevolg van die swak lig in die skemer. Namate dit donkerder geword het, is hulle voorbeeld deur die ander strydendes gevolg. Geveg op die noordelike flank Terwyl die twee genls Hamilton op die suidelike flank die oggend besig was om hulle vir die slag van Donkerhoek voor te berei het French se voorposte op die noordelike flank met die aanbreek van eerste Iig gerapporteer dat De La Rey se burgers besig was met energieke voorbereidings om die Britse troepe uit hul posisies te verdryf. French het hierop besluit om eerste toe te slaan en die skaakmatposisie van die vorige aand te beeindig. Hy het 1st Berede Infanteriebataljon en die 2nd Canadian Mounted Rifles na Krokodilspruit laat opruk om dit te verower. De La Rey se burgers was egter daarop voorberei en het die Britse troepe met verwoestende kanon- en Mauservuur, wat hulle in hul spore gestuit het, begroet. Na 'n derde onsuksesvolle poging het French besef dat dit onmoontlik was om die Boerestellings met 'n direkte aanval te verower.44 Met hulle Mausers en kanonne het die burgers Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za French se troepe s6 onder vuur gehou dat die Britse troepe nie tot enige voorwaartse beweging in staat was nie, maar met groot inspanning die stellings moes hou wat hulle beset het. French se posisie het al hoe meer benard geword. Die Boere se kanonne het vanaf Krokodilspruitkop en die Byenespoort-Edenvale posisies die Engelse op Louwbaken en Kameelfonteinrant onder hewige kruisvuur geplaas. Die Britse geskut het 'n tekort aan ammunisie gehad en is verhinder om 'n effektiewe teenbombardement te lewer.45 'n 4.7" Vlootkanon. Hlerdle kanon het van Swartkopples op Plenaarspoort gevuur Kanonne van die 75e Royal Field Artillery In die Barakke te Pretoria 27 Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za Namate De La Rey se burgers besef het dat hul vyand in die moeilikheid verkeer, het hulle meer aggressief geword en French met grater durf begin aanval. Teen die middag was De La Rey oortuig dat die tyd aangebreek het am 'n kragtige teenaanval teen French te loads. Hy het 'n boodskap aan Louis Botha gestuur am versterkings te vra wat hom in staat sou stel am French te oorweldig, op Roberts se swak sentrum toe te slaan en Ian Hamilton dan in die rug te pak. Botha het die versoek teen 16hOO ontvang en versterkings uit die sentrum soontoe beveel, maar voordat hulle kon wegkom, het 'n boodskap van genl Fourie hom bereik waarin hy meegedeel is dat Renosterfonteinkop verower is en dat die vyand in besit was van die hele Diamond Hill-plato. Die Kommandant-generaal het daarop die versterkings beveel am terug te keer. De La Rey het nou op die punt gestaan am tot die teenaanval oar te gaan en 'n beslissende slag te slaan. Die verloop van die geveg op die suidelike flank het egter sy planne in die wiele gery. Net toe hy gereed was am met sy kommanda's - wat op daardie tydstip hoogstens 1 200 man getel het - op French toe te sak, het Louis Botha se boodskap hom bereik dat die vyand suid van Donkerhoek deurgebreek het en hom in die rug bedreig. Hy moes gevolglik sy kommando's se terugtog beveel.47 Soos Roberts en Ian Hamilton was French salig onbewus daarvan dat die Boerekommando's voor hom besig was am hul stellings te ontruim en het hy, in afwagting van 'n aanval teen dagbreek, opdrag gegee dat die troepe, soos die vorige aand, in die posisies wat hulle beset het, moes oornag.48 Siotbeskouing As die Britse generaals teen 16h30, toe hulle besluit het am nie met die aanval te vol hard nie, besef het hoe naby hulle aan 'n deurbraak was, sou hulle seker alles in die stryd gewerp en die risiko van verliese getrotseer het am 'n beslissing af te dwing49 Die hele dag het sy burgers, volgens Botha, hard en swaar geveg, sodat hy pres Kruger verseker het dat "ik onze menschen nag nooit Lord Roberts te Pretoria 1900 28 Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Vol 15, Nr 2, 1985. http://scientiamilitaria.journals.ac.za mooier heb zien staan. "50 Op die noordelike flank was genl De La Rey gereed om tot die aanval oor te gaan en French te oorrompel. Dit sou hom in die rug van Roberts se hoogmag plaas, die Britte se terugtoglinie bedreig en Roberts dwing om Ian Hamilton se troepe op die suidelike flank onmiddellik terug te trek.41 Vir lord Roberts, en die twee generaals Hamilton, het die situasie op die suidelike flank rede tot tevredenheid gebied. Hoewel hulle nie daarin kon slaag om deur die Boerelinie te breek nie, het hulle tog daarin geslaag om die sterktepunte in die deel van die linie te verower, vanwaar hulle die laagliggende stellings kon beheer. Hulle was daarvan oortuig dat 'n beslissende deurbraak die volgende dag gemaak sou word en was daarmee tevrede. Volgens Smuts sou niks Hamilton se mag kon verhoed het om daardie selfde nag nog Elandsfonteinstasie in die rug van die Boeremag te beset nie. In plaas daarvan om dit te doen het hulle toegelaat dat Botha se mag ongesteurd onder hulle neuse uitglip en in goeie orde terugval.52 Roberts se verklaarde doel met die operasie was om die Boere verder van Pretoria weg te dryf en daarin het hy geslaag. Sy krygsplan was egter daarop gemik om met 'n vinnige beweging agter Botha se rug in te sny, hom die terugtog te belet en sodoende die Transvaalse hoofmag te vernietig. Daarin het hy nie geslaag nie. Die operasie wat in 'n lotsbestemmende oorwinning vir die Britse mag moes eindig, wat dus die einde van die oorlog sou beteken, het bloot 'n verdrywingsaksie geword, wat die Boere as 'n morele oorwinning vir hulself beskou het en waaruit hulle feitlik ongeskonde getree het om as 'n vegwaardige mag die stryd voort te si1.53 Vir die Boere was die slag 'n morele oorwinning al moes hulle die Iinie uiteindelik prysgee. Die vasberadenheid waarmee 'n groot deel van die burgers geveg het, het getoon dat daar nog baie vegkrag en moed in die Boeremag opgesluit was en dat die oorlog nie verby was, soos Roberts na die inname van die hoofstad gemeen het nie. In 'n sekere sin kan 'n mens S8 dat die slag 'n keerpunt in die oorlog gevorm he1. Vir die Boereleiers het dit duidelik geword dat die konvensionele manier van oorlogvoering, waardeur hulle met groot magte voor die Britte stelling ingeneem het om telkens maar weer teruggedryf te word, uitgedien was. In die OranjeVrystaat het De Wet reeds getoon watter sukses behaal kon word deur met kleiner kommando's, wat vinnig kon beweeg, in die rug van die vyand toe te slaan. Ook in die Transvaal sou die stryd na Donkerhoek dus begin verander en sou dit uiteindelik ook in 'n guerilla-kryg ontwikkel. Lord Roberts se troepe voor die ou Raadsaal, PretorIa, Junie 1900
Ek gee erkenning aan álle bronne wat ek gebruik; indien ek dalk van u materiaal gebruik en nie erkenning daarvoor gee nie, kontak my asseblief sodat dit reggestel kan word.

Die Slag van Donkerhoek
Terwyl jy ons blad besoek rondom Geloftedag, stem sommer gou vir jou gunsteling Afrikaanse Liedjie van alle tye!
KLANKBANE

Inhoud Huis - Die Gelofte.mp3

Ons Volkslied - Die Stem van Suid-Afrika.mp3

Corlea Botha - UIt die Chaos van die eeue RKK.mp3

Ons Sal Dit Oorleef.mp3