# Jou Hart. My Taal. Ons Stem!

Die Skattejag

Dit was 'n droewige, nat agtermiddag, en dit het aanhoudend gereën. En, soos dit vir die kinders gelyk het, sou dit vir ewig so aanhou.

Almal was teleurgesteld, en ook baie ongeduldig, om die waarheid te sê. Die kinders het al alles gespeel waaraan hulle kon dink, en daar was regtig niks meer wat hulle kon speel nie. Dit was toe alles binnensbuis net so troosteloos was as buite dat Moeder met 'n splinternuwe idee gekom het.

"Ek sal julle sê," het sy opgeruimd gesê, "Waarna sal ons soek?"

"Sal daar 'n prys wees?" het Sylvia gevra.

"Ek is gereed," het gilbert gesê waar hy daar op die rusbank gesit het. "Laat ons dadelik begin."

"Ek wil ook saamspeel," het baba gesê. "Laat ek ook soek, Moeder."

"Ja, netnou," het Moeder gesê. "Maar luister julle nou mooi. ek het 'n skat hier in die huis weggesteek, en ek sal julle vyftien minute gee om dit te soen. Die een wat dit vind, sal die eerste keuse hê van die koek op die tafel vanaand."

"Goed," het wilfred gesê. "Ek sal dit kry."

"Ons weet glad nie hoe dit lyk nie."

Toe het Moeder 'n vae beskrywing daarvan gegee: "Dit is nie baie groot nie, en ook nie baie klein nie."

"Nee, daardie beskrywing is te vaag," het Gilbert gesê, "dit kan enigiets wees."

"Ek weet," het Moeder gesê. "Maar hierdie ding is die waardevolste in die hele huis, en julle moet eers dink wat dit kan wees voordat julle begin soek."

"O," het Wilfred gesê, "Ek wonder wat dit kan wees? Ek het nie geweet dat daar so 'n waardevolle ding in hierdie huis is nie. Is dit die groot ou huisklok?"

"Nee, dit is nie," het Moeder gesê, "en moet dit asseblief nie hier inbring nie. Luister nou mooi: die ding is groter as 'n vierkante duim en kleiner as 'n vierkante voet. Dit is nie toegesluit nie, en as 'n mens dit oopmaak sal jy baie kosbare dinge daarin vind."

"Ek kan nie dink wat dit kan wees nie," het Gilbert lusteloos gesê. "Dink maar nog 'n bietjie," het Moeder gesê. "Ek sal netnou begin tel. As julle laaitjies en deure oopmaak, moet julle alles net so laat soos julle dit gevind het, so nie, sal julle nie die prys kry nie. Nou moet julle begin. een, twee, drrrieee!"

En toe was die soekery aan die gang.

Gilbert is dadelik na die kas waar Vader sy klein swart kissie met belangrike dokumente bêre. Maar dit was gesluit, en toe het hy op 'n ander plek gaan soek.

Wilfred is met die trap na bo waar hy onder al die beddens gesoek het; baba het al agter hom geloop en hulle het die spel geniet.

Daar was 'n vreeslike lawaai soos hulle die deure van die kaste toegeklap het.

Sylvia het peinsend rondgestap.

"Wat kan dit tog wees?" het sy haarself gevra. "Die kosbaarste ding in die huis? Dit is sekerlik nie, want Moeder het nie sulke goed nie.
Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell