Afrikanerhart - Die Trekpad van 'n Nasie

Die Klipboot

Hierdie is 'n storie oor 'n snaakse soort boot wat nie op die water gebruik kan word nie, maar op land!  Dit word 'n "klipboot" genoem, alhoewel dit nie van klip nie, maar van hout gemaak is.

Die boere in Amerika gebruik dit om klippe uit die lande te sleep - in Suid-Afrika sal ons dit 'n slee noem. Julle weet seker almal wat ek bedoel, maar as julle nie weet nie, sal ek julle vertel.

'n Klipboot word gemaak van twee balke wat met dwarsstukke aanmekaar gebout is. Daarop kom 'n bak van planke waarin die klippe gelaai word; dit word gewoonlik deur 'n perd getrek, of liewer gesleep.

Julle sien, in lande wat klipperig is, is daar gedurig baie los klippe wat verwyder moet word voor die volgende ploegtyd. Dit word ook baie gebruik waar nuwe lande gemaak word, en daar kan taamlike groot klippe opgelaai word. As die klippe nie verwyder word nie, kan hulle moontlik die trekker beskadig.

Wel, eendag is Leslie en Donovan deur hulle Vader gestuur om die klippe uit 'n sekere stuk land te gaan sleep.

Die twee seuns het die werk geniet. Hulle het die boot vol gelaai en dan die klippe na 'n holte gesleep. Stadigaan het hulle die oorhand oor die werk begin kry, en hulle het geweet dat Vader baie bly sou wees as hulle klaar is.

Hulle het die hele dag gewerk, en laat daardie agtermiddag het hulle baie moeg gevoel, en wat meer is, dat was amper tyd om op te hou. Maar skielik het hulle op 'n taamlike groot klip afgekom wat half toe was onder die grond. Die stukkie wat bo uitgesteek het het was nie so groot nie, maar toe hulle geprobeer het om dit te beweeg, het hulle besef dat dit taamlik diep onder die grond was.

Leslie het met die koevoet geprobeer, maar hy kon die klip glad nie beweeg nie; dit het te vas gesit. Toe het albei die seuns aan die koevoet gevat, maar al wat beweeg het was die klip!

"Ek is nou te moeg om weer te probeer," het Leslie gesê. "Ons sal dit maar moet laatstaan as ons nog kraggies wil oor hê om vanaand te gaan bofbal speel."

"Ja, maar wat sal Vader sê as hy sien dat ons hierdie klip laatstaan het?"

"Kom ons gooi dit toe dan sal hy dit nie sien nie," het Leslie gesê. "Ons kan dit môre kom uithaal en wegsleep."

So gesê, so gedaan. Hulle het die klip toegegooi, en die laaste vrag klippe gaan aflaai.

Maar het het skoon vergeet van daardie klip. Hulle het eers weer daaroor gedink 'n paar dae later, toe Vader hulle taamlik suur aangekyk het.

"Ek het nou net my ploeg gebreek," het Vader gesê, "op daardie klip net onder die oppervlakte. Om die waarheid te sê lyk dit vir my of die klip toegegooi was."

En het daardie twee seuns nie skaam gelyk nie! Daar was niks wat hulle kon sê nie.

Vader het gesien dat sy vermoede reg was, en hy het voortgegaan: "Daar is 'n teks in die Bybel wat sê dat 'n mens se sonde hom sal uitvind, en nou lyk dit vir my of sekere mense se sonde hulle uitgevind het."

Die twee seuns was baie verleë, en hulle het niks gesê nie.

"Wel, seuns", het Vader gesê, "ek weet nie wat julle gedoen of nie gedoen het nie, en dis ook nou te laat om sake te verhelp, maar julle moet onthou dat daardie klippe net soos die sonde is. Sommige kan 'mens maklik verwyder, maar ander sit baie diep, en net so 'n klein stukkie is sigbaar op die oppervlakte. 'n Mens kan nie ontslae van hulle raak deur hulle toe te gooi nie. Hulle moet uitgegrawe word, en hou gouer hoe beter. As dit nie gedoen word nie, is daar gevaar dat iemand hulle sal ontdek en in die openbaar sal bring. Diepgewortelde sondes moet dadelik uitgegrawe word, en as julle hulle nie met die koevoet kan loswikkel nie, moet julle vir Vader vra om te kom help."

"Dankie, Vader!" het die seuns gesê, "ons verstaan, en ons sal nie weer klippe in die land laatstaan nie."

Slaaptyd stories

Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell