# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Die Beskeie Veldheer

In die ses maande van sy lewe wat vroeg in die Tweede Vryheidsoorlog nog vir hom oorbly, bewys genl. Piet Joubert herhaaldelik sy gesonde oordeel, sy insig in krygsituasies en sy militêre waaksaamheid.

Dat Petrus Jacobus joubert op 14 Desember 1880 verkies is as Kommandant-generaal van die Zuid-Afrikaansche (d.i. die Transaalse) Republiek en in elke verkiesing daarna tot die amp herkies is en in die amp gedien het tot met sy afsterwe op 27 Maart 1900, moet nie daaraan gewys word dat hy 'n besondere kennis van militêre sake gehad het of eienskappe aan die dag gelê het wat van hom 'n leier op militêre gebied gemaak het nie.

Sy belangstelling was sy hele lewe lank - hy is al op 20 Januarie 1831 geboere - nie militêr nie maar politiek van aard. Hy was leier van die sg. "Joubert-party", wie se politieke beleid in sommige opsigte radikaal van dié van pres. Paul Kruger verskil het, en in elke Staatspresidentsverkiesing het hy hom teen Kruger verkiesbaar gestel. OOk sy toesprake en briewe handel voortdurend oor politieke aangeleenthede en realtief min oor sake van militêre aard.

Teen sy verkiesing as Kommandant-generaal deur die groot volksvergadering op Paardekraal op 14 Desember 1880 het hy hom verset. Hy het openlik verklaar dat hy geen generaal (of militêre aanvoerder) is nie en dat hy homoself geensins as opgewasse beskou omd ie militêre leiding teen die Britse krygsmag te neem nie. Ook later toe hy as Kommandant-generaal herkies is, het hy geprotesteer en verklaar dat hy nie 'n man "vir die swaard" is nie.

Die volk het egter anders geoordeel - aanvanklik nie op grond van militêre oorwegings nie. Joubert het immers tot met sy verkiesing in 1880 geen bewys gelewer dat hy oor militêre talent beskik het nie. Hy was egter iemand met invloed, 'n vurige patriot, welsprekend en 'n persoon na wie die volk vir leiding opgesien het.

Daarom het hulle destyds verkies om hom met die belangrikste amp na dié  van Staatspresident te beklee. Die Kommandat-generaal was immers ook lid van die Uitvoerende Raad en kon sy gesag dus ook op politieke gebied laat geld.

Sy gedrag as Kommandant-generaal tydens die Eerste Vryheidsoorlog het op die burgers 'n baie gunstige indruk gemaak en hulle oortuig dat daar geen beter aanvoerder in die Republiek is as Piet Joubert nie. Dat hy daarin geslaag het om met 'n klein, swak toegeruste burgermag - sonder kanonne en met minder as 20 patrone vir elke burger - die Britse garnisoen in Suid-Afrika in elke geveg verpletterend te verslaan, was inderdaad 'n prestasie wat die bewondering van vriend en vyand ingeoes het. In vyf merkwaardige weke (20 Januarie tot 27 Februarie 1881) het hy met die bystand van sy twee veggeneraals, Nicolaas Smit en Frans Joubert, 'n aantal skitterende oorwinnings behaal by Bronkhorstspruit, Laingsnek, Skuinshoogte en Majuba. Sy burgers sou lewenslank onthou dat die militêre stryd teen Groot-Brittanje onder sy leiding as Kommandant-generaal binne slegs drie maande gewen is, en dit met 'n uiters geringe verlies aan Boerekant.

Die burgers het hul geringe verliese grotendeels toegeskryf aan die Kommandant-generaal se houding dat hy sy burgers nie onnodig aan gevaar wou blootstel of met hul lewens wou dobbel nie. Deur sy optrede in die gevegte teen die Briste hoofmag in Natal - die besetting van die uitstekende strategiese stelling by Laingsbnek en die verdrywing van die vyand uit die strategiese posies by Skuinshoogte en Majuba - het hy getoon dat hy nie alleen 'n oog vir goeie strategie het nie maar


ook weet wanneer om verdedigend en wanneer om aanvallend op te tree en dat hy hierin met die grootste beslistheid te werk kon gaan omdat hy instinkmatig aangevoel het hoe om in enige kritieke situasie te handel.

Die leiding wat na die Eerste Vryheidsoorlog in die oorloë teen opstandige inboorlingstamme en tyde van die Jameson-inval deur Joubert gegee is, het sy reputasie bestendig. Die gevolg was dat die burgers hom by elke Kommandant-generaalverkiesing as hul krygsowerste herkiet het - selfs jare nadat hy nie meer dienspligtig was nie. Dat hulle hom sedert die Eerste Vryheidsoorlog bly herkies het, kan slegs daaraan gewyt word dat hulle 'n onbeperkte vertroue in hom as krygsowerste gehad het. Hy het in en sedert 1880 getoon dat hy die aangewese persoon was om sy burgers op die slagveld te lei. So groot was die vertroue in hom dat genl. Koos de la Rey - een van die knapste aanvoerders in die Tweede Vryheidsoorlog - die demoralisasie onder die Transvaalse burgers seder begin April 1900 veral toeskryf aan die afsterwe van kmdt.-genl. Piet Joubert op 27 Maart, enkele dae tevore.

Piet Joubert kry nie vandag die krediet wat hy verdien nie. Foute het hy natuurlik wel gehad. Hy kon pruttelrig wees, met 'n neiging om homself met allerhande kleinighede in te laat. Sy telegramme aan die Regering en aan sy eie departement in Pretoria wemel van klaagliedere - nou oor die toestand van die perde of muile wat aan hom gestuur is, almal so maer dat hulle aan die stert opgetel kan word; dan weer oor die kwaliteit van die voorrade, wat so sleg is dat dit nie vir die Engelse nodig is om die Boere te verlaan nie omdat die bakkery op Pretoria en die altyd deurnatte klere van die burgers dit sou doen.

Hierdie neiging van die ou Kommandant-generaal het dit seker nie 'n maklike taak gemaak om met hom saam te werk nie. In weerwil van sy foute - waarvan nog baie meer genoem kan word - tree hy egter met louere uit die bladsye van die geskiedenis.

Toe die oorlog begin, was daar vir hom nog maar ses maande oor. In hierdie kort tydjie het sy gesonde oordeel, sy insig in krygsituasies en sy militêre waaksaamheid terdeë bewys. Die lesse wat die Eerste Vryheidsoorlog hom geleer het, het hy lewenslank onthou en - sover dit in sy vermoë was - met welslae toegepas.

Die belangrikste hiervan was die les wat sy ervaring by Majubaberg hom geleer het. die onaangename gewaarwording die oggend van 27 Februarie 1881, toe hy ontdek dat die vyand die berg daardie nag beset het terwyl sy burgers lekker lê en slaap, het altyd by hom bly spook en hom die waaksaamste van alle Boere-aanvoerders gemaak. Tydig en ontydig, byna tot vervelens toe, het hy sy verskillende generaals en ander offisiere dit op die hart gedruk om waaksaam en wakker vir die vaynd op die loer te bly en te sorg dat brandwagte altyd op diens is. Dag en nag moes hulle die vaynd bespied en hom voortdurend inlig oor die bewegings van elke vyandelike patrollie en van die vyandelike hoofmag.

In sy eie laer en die lawers van die aanvoerders wat by Ladysmith onder hom geveg het, moes alle ligte saans om agtuur uitgedoof en vure dood wees; maar om drie-uur soggens moes elke burger wakker en ten volle toegerus wees om te veg.

Op daardie onsalige uur van die nag het hy persoonlik van die een tent na die ander beweeg ten einde toe te sien dat elkeen klaar was. Waar hy slapende burgers aangetref het, het sy fyn tenoorstemmetjie skril geklink: "Opstaan! Opsaal! Maak gou, die Engelse trek uit!" of "Opstaan! Staan klaar vir 'n aanval, gou! gou!" N. Hofmeyr verseker ons dat hy gedurende die hele oorlog nooit groter waaksaamheid gesien het as dié van Piet Joubert nie.

Teen die ontstaan van walaers by die kommando's aan die front het hy hom sedert die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog baie sterk verset en hy het dit bly doen tot die dag van sy dood toe. Hy self en sy burgers het - so het hy sy burgers verseker - gedurende die dae van die Eerste Vryheidsoorlog altyd in die veld aan die front geslaap met die patroonband om die lyf, gereed om dag of nag teen die vyand in aksie te tree. Sy groot beswaar teen die wa- en tentlaers was dat die waens en tente nie aan die staat behoort nie maar aan die burgers self, wie se primêre belangstelling by 'n vyandelike aanval die beskerming van hul waens en tente sou word in plaas van die militêre oogmerke waarvoor hulle aan die front geplaas was, d.w.s aanvalle op die vyand of die verdediging van hul stellings. Volgens Joubert het die laers die beskikbare strydkragte aan die font verswak omdat 'n deel daarvan immer vir die beskerming van die walaers aangewend moes word en slegs 'n deel om te veg.

Dat Piet Joubert werklik 'n krygsman van formaat was soos die bugers geoordeel het en dat daar min grond bestaan vir baie van die kritiek wat hom vandag teen die hoof geslinger word, het hy sy optrede tydens die Tweede Vryheidsoorlog bewys. Die algemeen heersende opvatting dat hy teen aanvallende optrede gekant was, word deur sy dade weerspreek. Joubert het Natal, waar die grootste Britse krygsmag by die uitbreek van die oorlog


krygsmag by die uitbreek van die oorlog gestasioneer was, om drie redes binnegval: (1) Hy wou die Britse krygsmag wat in Dundee en Ladysmith - digby die grense van die Republieke - gestasioneer was, deur aanvallende optrede ten spoedigste gaan uitwis. (2) Enorme troepeversterkings was uit Brittanje en die kolonies op pad, en hy wou die beste strategiese stellings gaan beset ten einde die mag daarvandaan te stuit. (3) Hy wou planne beraam om op die doeltreffendste wyse op te tree teen die trorepe wat nog in aantog was.

Die een saak wat Joubert wel sover doenlik wou vermy, was om die vyandelike troepe in hul verskanste stellings te bestorm. Sulke aanvalle het gepaard gaan met baie hoë verliese vir die aanvaller - veel hoër as wat die geringe Boerekrygsmag kon bekostig. die kans dat sulke aanvalle sou misluk, was groot aangesien dit op terreine sou moes plaasvind wat gunstig ivr die verdedigers en ongunstig vir die aanvallers was. Ten slotte sou die mislukking van sulke aanvalle 'n demoraliserende effek op die burgers uitoefen, wat hulle geesdrif om die stryd voort te sit, ernstig sou aantas. Die burgers was immers nie gedissiplineerde soldate wat aan krygstug gewoond was nie.

Die taktiek wat Piet Joubert voortgeskryf het, was dat die burgers die vyand  uit sy verskanste stellings moes lok en hom dan buite daardie stellings moes aanval op terrein waar hy op natuurlike dekking aangewese was. Sy argument was dat die Britse soldate - minder vertroud met die Suid-Afrikaanse bodem as die burgers - op dié terrein redelik weerloos sou wees aangesien hulle in die kuns van goeie dekking te bespeur, afstande te skat en wat dies meer sy, ver by die burgers agtergestaan het.Die burgers was immers deur die bank goeie skuts, bedrewe in die jagkuns en met 'n goeie oog vir antuurlike verskansings, selfs op die oop veld.

Sy bedoeling oor hoe daar te werk gegaan moes word om die vyand buite sy verskanste stellings te oorrompel, word duidelik as 'n mens sy beplanning vir die aanval op dei troepemag in Dundee nagaan. 'n Boere-kommando onder genl. Lucas Meyer moes Talana, 'n koppie oos van en byna teenaan Dundee, beset en die vyandelike kamp by dundee daarvandaan met kanonvuur bestook. Die doel was om die vyand te beweeg om die koppie te bestorm. Sodra die vyandelike aanval goed op dreef was, moes 'n sterk Boeremag wat die nag tevore onder bevel van D.J.E. Erasmus op die hoë Impatiberg ten noordweste van die dorp stelling ingeneem het, in die rug van die Britse leër inseil, hom van sy stellings by Dundee afsny en hom in die rug en linkerflank onder kruisvuur plaas. Joubert was daarvan oortuig dat die weerstand van die vyandelike leër, van drie kante onder vuur geplaas, spoedig ineen sou stort.

Ten einde te verhinder dat Britse versterkings vanuit Ladysmith Dundee tydens die slag bereik, het hy 'n derde Transvaalse leër onder genl. Jan Kock gelas om 'n sterk stelling in die Biggarsberg te beset. Kock moes hom onmiddelik in verbinding met die Vrystaatse kommando's stel en met laasgenoemde se samewerking troepe vanuit Ladysmith verhinder om per pad of per spoor na dundee te trek ter redding van die troepemag daar.

Dat Joubert se beplanning vir die aanval op die Britse garnisoen in Dundee uitstekend was, behoef geen betoog nie. As dit outgevoer is, sou die sterk Britse garnisoen in Dundee ongetwyfeld binne 'n paar uur tot kapitulasie gedwing gewees het. In so 'n gval sou die geskiedenis van natal vir die Boere veel gunstiger verloop het. Die één volstrekte vereiste vir 'n suksesvolle uitvoering van die plan was egter dat die verskillende generaals die pligte wat hulle opgelê is, nougeset moes nakom. As één van hulle sou versuim om dit te doen, kon Joubert nie daarin slaag in sy oogmerk om die uit die Dundee gelokte garnisoen skadeloos te stel en gevange te neem nie.

Dat dit nie geslaag het nie en bya die hele garnisoen ontkom het, moet dan ook daaraan gewyt word dat net Lucas Meyer sy opdrag uitgevoer het. Hy het vanaf Talana die hele garnisoen daarheen uitgelok. Erasmus het egter nie op die tydstip in die rug en flank van die vyand ingeseil soos hy beveel is nie, maar doodstil op die newelbedekte Impatiberg bly lê. Die gevolg was dat die vyand al sy aandag aan Meyer se kommando kon bestee, wat uiteindelik voor die Britse druk moes swig en moes padgee. As Erasmus sy opdrag uitgevoer het - iets wat hy met gemak kon gedoen het, ten spyte van die mis op die berg - sou die hele garnisoen in Dundee krygsgevange geneem kon gewees het, na  die buit van 'n trein op Elandslaagtestasie, met sy hele kommando uit sy goeie stelling op die Biggarsberg voorwaarts gegaan om die verowerende trein te gaan plunder. Soos hy aan sy kommandante gesê het wat hom wou beweeg om in die bestelling te bly, het hy nié gekom om berge op te pas nie, maar om te veg! Die gevolg was dat sy krygsmag in 'n swak defensiewe posisie by Elandslaagte deur die vaynd oorval en uitgeengedryf is. In plaas van die hele Britse mag van 5,000 man in Dundee het die Boere dus slegs 'n paar honderd troepe gevange geneem wat Meyer se terugtog probeer afsny het - en dit enkel en alleen omdat Joubert se uitstekende krygsplan nie uitgevoer is nie.

Ook is die hele garnisoen uit Dundee toegelaat om hom by die in Ladysmith te voeg omdat genl. Kock nie op sy pos in die Biggarsberg was om in medewerking met die Vrystaatse krygsmag te belet dat die twee garnisoene hulle met mekaar verenig nie.

Dat Piet Joubert Ladysmith nie onmiddelik na die Boere se skitterende oorwinning by Modderspruit en Nicholsonsnek op 30 Oktober deur 'n bestorming probeer verower het nie, is onbegryplik.

Joubert het sy burgers geken en besef dat om hulle, na die afmatting van die helde dag se geveg, vir 'n aanval op die Britse troepe in te span, 'n waagstuk sou wees wat rampspoedige gevolge kon hé. Die burgers was immers nie gedissiplineerde troepe wat soos skape deur hul offisiere aangedryf kon word nie. Hulle sou vlug sodra hulle op swaar weerstand van die sterk Britse garnisoen in sy defensiewe stellings sou stuit en swaar verliese sou begin ly, en dan sou die skitterende oorwinning van die dag in 'n smadelike nederlaag omskep word.

Die Britte het dié slag probeer om Joubert uit sy uitstekende posisies, wat in 'n halfmaan om Ladysmith gelê het, te verdryf. Die aanval was egter 'n hopelose mislukking teen die Boere se akkurate geweer- en artillerievuur, en teen die middag het die Engelse paniekbevange na Ladysmith begin terugstroom.

Om op grond van Joubert se optrede van 30 Oktober te beweer dat hy teen offensiewe optrede deur die Boere gekant was, is in stryd met die feite. As goeie krygsman was hy wel gekant teen onbeplande aanvallende optrede waarvan die resultaat rampspoedig vir sy eie leër kon wees, maar in dié verband het hy maar net die reëls gevolg wat die beste aanvoerders in enige leër toegepas het.

Een van Joubert se eerste stappe andat hy einde Desember 1899 - na 'n siekbed van meer as 'n maand - weer die bevel oor die Transvaalse kommando's by Ladysmith geneem het, was om 'n krygsraad van alle offisiere te belê en aan hulle voor te stel dat Platrand, die sleutel tot Ladysmith, bestorm en verower moes word. Die offisiere, veral die kommandante van Winburg en Vryheid, het egter soveel besware geopper dat daar van dié plan afgesien moes word omdat die krygsraad dit nie wou aanvaar nie.

Pres. Kruger kon hom hierby nie neerlé nie en het op nuwejaarsdag 1990 die noodsaak van Platrand te verower en 'n end aan die beleg van Ladysmith te maak, nog eens onder die aandag van Piet Joubert en die ander offisiere gebring. Die Kommandant-generaal het hom hartlik daarmee vereenselwig en reeds op 3 Januarie 1900 weer 'n breë  krygsraadvergadering byeengebring waarop hy, na voorlees van die President se telegram, nog eens die noodsaaklikheid beklemtoon het om Platrand sonder verdere verwyl te bestorm met die oog op die verowering van Ladystmith.

Die krygsraad het nie weer geweier om die voorstel goed te keur nie en op 6 Januarie 1900 het die aanval, wat goed beplan is, plaasgevind.

Ongelukkig kon Piet Joubert, wie se gesondheidstoestand to so swak was dat hy glad nie meer perd kon ry nie, die burgers nie self vir die aanval aanvoer nie, en het Schalk Burger en M. Prinsloo van die Vrystaat as aanvoerders opgetree. Hulle het nie gesorg dat die burgers wat vir die stormloop aangewys was, daaraan deelneem nie, met die gevolg dat die rant deur 'n hopeloos

J.H. Breytenbach

Beroemde Suid-Afrikaanse Krygsmanne

Rubicon Pers, Kaapstad

ISBN 0 947 00606 0



 LIZZIE VAN ZYL

Gesterf 1901 in die Konsentrasiekamp te Bloemfontein

Hul bevel het gelui om ons lande leeg te vee:

Die bejaardes, die swakkes, die kinders.

Hul wou ons dwing om ons bodem oor te gee:

As trofee vir die boosgesindes.

Hul dryf ons voort - vir ons klagtes het ons géén

En hok ons in ‘n kamp. [tolk -

Wanneer sinds Bybel dae was ‘n hele volk

Onderworpe aan so ‘n ramp?

By ons aankoms het die seleksie reeds begin:

Wat met die vyand geheul -

Was vuur en water en kos en beddens gegun,

Maar óns staan voor ons beul!

Lizzie’s pa veg nog: Haar ma moet nou betaal

En hongerporsies kry.

Die tere Liz se krag het nou gefaal:

Só kon sy nooit gedy!

Die siekehuis begrawe elke dag

Vyftig Boerekind’s -

‘n Streng en brute mediese gesag

Van wreedaards allesins.

„Swaksinnig is wat Engels nie kan praat”!

Nou lê Liz tussen húl

Wat swaai en tjank – só groot is tirannehaat:

„Só onderwerp óns júl!”

„Moeder! Moeder!” roep Liz se swak klein stem,

„Jy sál jou mamie sien!” -

So roep ‘n Boere vrou. Sis die nurse met klem:

„Sy’s lastig buitendien!”

Is dit u adelike eer en trots, u lordskap?

U majestueuse roem?

God sal u ryk nog straf in sý gramskap -

En tot sy ondergang doem!

Die doringbos het gebrand maar nooit verteer.

Net so, die Boerevolk!

Met die hulp van ons magtige God sal ons triomfeer

Oor ons ewige vyand se dolk!

                © Pieter Cohen Hamburg