# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Dias Fees Mosselbaai

‘n Fees eie aan Mosselbaai en die eerste van sy soort het reeds vir die eerste keer ingang 3 Februarie 2012 afgeskop. Let daarop dat die fees nie verwar moet word met die reeds bekende Dias Fees wat in die verlede te Dias Museumgronde gehou is nie. Hierdie is ‘n nuwe fees in alle opsigte. In teenstelling met die alreeds bekende Dias Fees te Dias Museum terrein word die toekomstige Dias Fees beplan met baie verskillende aktiwiteite oor ‘n groot deel van Mosselbaai se middedorp en strandgebied versprei. Uitstalruimtes vir O.E.V doeleindes sal hoofsaaklik te Santos strandgebied (parkeergebied en karavaanpark) gekonsentreer wees. Die doel vir die daarstel van die fees sal wees om ‘n jaarlikse Kulturele Fees daar te stel wat op die plaaslike gemeenskap met die Tuinroete gebied as basis gerig is. Daar sal veral gepoog word om veral besoekers van sover as P.E. en Kaapstad te trek met die oog daarop om ten minste 10,000 besoekers betrokke te kry. 

Soos almal weet is Bartholomeu Dias die Portuguese ontdekkingsreisiger en navigator na sy landing in Mosselbaai area omstreeks 1488 vir altyd aan die geskiedenis van Mosselbaai verbind. Alle aktiwiteite aan die fees verbonde word deur elke deelnemer self gefinansier.Borgskappe speel ‘n groot rol in die daarstel van die fees. Mosselbaai Munisipaliteit maak geen direkte finansiele bydraes nie. 

Op alle ander vlakke word die fees egter deur bystand en administratiewe bydraes 100% deur die Munisipaliteit van Mosselbaai ondersteun.Die hele bestuur insluitende die Munisipale Bestuurder (Dr. M. Gratz) en die Uitvoerende Burgemeester (Raadsdame M. Ferreira) is aktief betrokke by die beplanning van die fees. Mosselbaai Munisipaliteit is die prinsipaal met die O.E.V as amptelike arm wie stalletjies op uitstalruimtes daarstel en beheer.

Belangrik!! Daar word dringend na geskikte uitstallers gesoek wie oor die feestydperk van 31 Januarie tot en met 3 Februarie 2015 kan uitstal. Unieke produkte sal voorkeur geniet.Daar word veral gesoek na kos stalletjies wat alle smake en kulture sal bevredig. Oop vure sal oor weeg word. Asseblief – as u kwalifiseer – doen aan soek deur van die voorgeskrewe aansoekvorm hiermee saam gebruik te maak en wees deel van ‘n fees in ons dorp wat slegs kan groei tot ‘n baie groot jaarlikse gebeurtenis. Kyk aansoekvorm hier bo – dit kan afgelaai word, voltooi en ingedien word of afskrifte vir indiening kan by die O.E.V kantoor te Voorbaai op Woensdae en Donderdae van 08h00 tot 14h00 daagliks afgehaal word. Kantoor – (044) 6952331. Kyk ook gerus na die voorlopige Dias Fees program hieronder – dit sal u ‘n idee gee van wat die beplande Fees behels. Let op die woord voorlopig aangesien dit aan verandering onderworpe is – die program is nog nie die finale produk nie.

Die Portugese ontdekkingsreisiger Bartolemeu Dias lei 'n ekspedisie om om die suidpunt van Afrika te vaar, met die hoop om sodoende 'n handelsroete na Indië te vestig. Dias en sy vloot land uiteindelik by - wat hy noem - Aguada de Sao Bras (Baai van SAint Blaise) - later herdoop Mosselbaai na die oorvloed van mossels in die baai op 3 Februarie 1488. Sy besoek word gevier met die Dias fees. In die gees van "waar kulture ontmoet" sal daar iets vir almal wees om te geniet by die 2015 fees - 526 nadat Dias se vloot in Mosselbaai aangeland het.  

Fees Sameroeper:

Mosselbaai Munisipaliteit
Navrae: Kantoor van die Munisipale Bestuurder
Telefoon: (044) 606-5003
E-pos: admin@mosselbay.gov.za   


Stalletjies:

Joubert Coetzee
Telefoon: (044) 606-5100 
E-Pos: jcoetzee@mosselbay.gov.za 


Verhoog Program:

Edward Jantjies
Phone: (044) 606-5005
E-Pos: ejantjies@mosselbay.gov.za  
SA Topsites ::
Dias Fees Program.pdf Dias Fees Program.pdf
Size : 392.522 Kb
Type : pdf
Dias Fees AansoekvormFebruarie2015.pdf Dias Fees AansoekvormFebruarie2015.pdf
Size : 399.035 Kb
Type : pdf