My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Deur vuur en water

"Gordon en Clarice," het Mammie gesê, as julle nie nou ophou met daardie alewige bakleiery nie, dan sal ek elkeen van julle 'n goeie pak gee en bed toe stuur. Ek het nog nooit broer en suster so sien rusiemaak soos julle twee nie."

"Gordon het my in die gesig geklap," het Clarice woedend gesê, "en toe het ek hom teruggeklap."

"Sy het moedswillig my lokomotief van die spoor af gestamp," het Gordon bitsig gesê, "en sy het verdien wat sy gekry het."

"Wel, verstaan nou mooi, die ding moet end kry; en as julle nie nou ophou nie, gaan julle altwee bed toe sonder ete."

"Dis haar skuld," het Gordon gebrom.

"Dit is nie," het Clarice weer gesê.

"Sal julle nou stilbly?" het Mammie gevra.

In haar stem was daar iets wt die kinders sommer dadelik tjoepstil gemaak het.

Wat die twee kinders oorgekom het, was eenvoudig 'n raaisel. Hulle het eers altyd so mooi saamgespeel, maar vandat hulle begin skool toe gaan het, het hulle houding teenoor mekaar heeltemal verander.

Gordon het van sy vriende saam huis toe gebring en met hulle het hy heerlik saamgespeel. En Clarice het met haar maatjies lekker gespeel, maar wanneer broer en suster alleen moes speel, was daar 'n stryery en bakleiery van 'n ander wêreld. Daar was niks waaroor hulle saamgestem het nie, wat die een ook al mag sê, het die ander een weerspreek.

"Ek gaan nou stad toe," het Mammie gesê. Julle moet soet bly totdat ek terugkom. Luister nou mooi" géén bakleiery nie, hoor!"

Maar Mammie was nog skaars by die hek uit, of Gordon en Clarice het begin.

"Jy raak nie weer aan my lokomotief nie," het Gordon uitdagend gesê.

"Ek sal as ek wil," het Clarice uit die hoogte gesê.

"Probeer net, en dan sal jy sien," het Gordon gesê.

"Raak jy net aan my," het Clarice gesê.

"Wel, raak jy net weer aan my goed en dan sal jy sien."

Gordon was op sy knieë, besig met sy lokomotief wat net begin stoom kry het. Dit was 'n stewige lokomotief - 'n stroombelyne model - en dit het 'n hele aantal waens getrek. Die blou vlammetjie van die brandspiritus het om die lokomotief gelek en daar 'n gesis namate die kleiln druppeltjies water verhit het.

"Gereed! Alle sitplekke asseblief!" het Gordon geskree - hy het Clarice nou heeltemal vergeet. "Alles reg, kondukteur!"

Skielik het daar iets gebeur. Of Clarice dit bedoel het of nie, sal niemand seker ooit weet nie, maar net toe die trein by haar verbykom, het sy oor die spoor getrap. Die skoorsteun van die lokomotief het haar hakskeen gevang en die hele trein het van die spoor af geloop en onderstebo gelê.

"Jou gemene ding!" het Gordon geskree. Hy het opgespring en Clarice bygedam. Maar sy was te gou vir hom en was agter die tafel in voor hy haar kon bykom. Toe het hy haar daar om die tafel gejaag en al kwater geword toe hy haar nie kon vang nie.

Skielilk het Clarice uitgeroep: "Kyk, die huis is aan die brand!"

En dit was. In sy woede het Gordon sy lokomotief vergeet; die brandspiritus het uitgeloop en op die vloer aan die brand geslaan. Op die vloer het ou koerante gelê en die vlamme het hoog opgeskiet. Die bekleedsel van een van die stoele was al heeltemal aan die brand. "Gou!" het Gordon geskree, "gooi die mat oor die stoel terwyl ek gaan water haal."

Clarice het die mat gegryp en oor die stoel gegooi. Hy het probeer om die brandende koerante dood te trap, maar dit was hopeloos. Toe sy sien dat die gordyne aan die brand was, het sy hulle afgeruk en die vlamme probeer doodtrap. Teen daardie tyd was Gordon terug."Pas op!" het hy geskree, "kyk, jou rok is aan die brand." Hy het toe sommer die emmer water op haar gegooi.

Op daardie oomblik het die deur oopgegaan en een van die bure het binnegestorm. Deur sy venster het hy die rook en vlamme gesien en het sommer geraai dat daar 'n brand in die kamer ontstaan het. Hy het dadelik aan die werk gespring en ná 'n rukkie het hy en Gordon daarin geslaag om die brand te blus.

"O my bene!" het Clarice gekerm, sy was papnat.

"Maar kind," het hulle buurman gesê terwyl hy na haar bene kyk, "jy is verbrand, lelik verbrand! Gordon, hardloop gou vir die dokter."

Na 'n rukkie het die dokter daar aangekom.

"Laat die ambulans kom," het hy beveel. "Die kind moet dadelik hospitaal toe."

Sowat 'n halfuur later het Mammie tuisgekom, in die vloer van die eetkamer was daar 'n groot swart gat en daar in 'n hoek het Gordon troosteloos gesit en huil.

Toe Mammie hoor van Clarice het sy amper inmekaar gesak.

"Maar sy was so dapper," het Gordon gesê. "Sy het vreeslik hard probeer om die brand te blus."

Gedurende die volgende paar weke het Gordon elke dag die hospitaal besoek. Elke dag het hy iets gestuur vir sy sustertjie, blomme, of vrugte, of boeke en altyd was daar 'n briefie by in sy eie handskrif. Hy het nooit geweet dat hy so miserabel sou wees sonder haar nie.

Toe Clarice eindelik weer kon huis toe gaan, was dit 'n heeltemal ander Gordon wat haar verwelkom het. Hoewel nie een iets daaromtrent gesê het nie, het albei in hul hartjies besluit dat hulle nooit weer katterig met mekaar sou wees nie.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Die vriendelike stem en die glimlag van die polisieman het Georgie gerusgestel. "Ek wil huis toe gaan," het hy huilend gesê.

"Nou ja, goed, waar is julle huis?" het die polisieman gevra.

"ek weet nie," het Georgie snikkend gesê. Dit is nommer sestien, maar ek onthou nie die naam van die straat nie."

"Nou ja, toe maar, ons sal die plek kry. Wil jy 'n paar lekkers hê?"

Georgie was so moeg en dit was al so donker, dat hy maar te bly was om die polisieman so naby te hê. Net een swaai en hy was op die polisieman se skouer en al gou was hulle op pad huis toe. Hy was glad nie meer bang nie.

Intussen was daar tuis groot ontsteltenis. Mammie was ten einde raad. "Hulle het hom omgery; ek is seker hy is omgery!" het sy tekere gegaan. "Hy's dood, hy's dood! My arme Georgie!"

Vriende en bure het daar by die hekkie kom staan om haar te troos en haar te vertel dat geen nuus, goeie nuus is. Moontlik speel  hy by ander seuns, het hulle gesê. Intussen het Joan haar byna doodgehuil Sy het straat-op en straat-af gehardloop, met 'n klokkie, h opende om Georgie se aandag in die donkerte te trek met die gelui.

Skielik het iemand daar onder in die straat geskree, want byna almal het gesoek na Georgie. "Daar is hy, daar is hy!" Die woorde het van mond tot mond gegaan en almal het in daardie rigting gehardloop. Joan was aan die voorpunt en het nog steeds die klok gelui.

Ja waarlik, daar was Georgie, bo-op die polisieman se skouer, heeltemal gelukkig.

Toe hulle eindelik by die huis kom, het Mammie uitgeroep: "O jou stoute, stoute kind!" Sy was in trane. "Waar was jy al die tyd?"

"Ek was by hierdie polisieman," het Georgie gesê. "Het Mamma nie geweet nie? Hy het my die hele pad van die strand af op sy skouer gedra. Ek is glad nie vir hom bang nie. Hy is 'n goeie kêrel en het vir my lekkers gegee - kyk Mammie, ek het nou nog daarvan."

< >