My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Release SCE Replacement
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Deur rowers aangeval

"Wat is nou aan die gang?"

Die eensame reisiger het vinnig omgekyk. 'n Klip het teen die berghelling afgerol en net langs hom in die pad te lande gekom.

Hy was maar 'n bietjie lugtig, want hierdie deel van die pad tussen Jerusalem en Jerigo was bekend as skuilplek vir struikrowers. Aan die eenkant was die afgrond en aan die anderkant was die steil berghelling. Orals teen die berg was groot rotse waaragter die rowers gewoonlik geskuil het.

"Ag, miskien is dit sommer niks," het die reisiger vir homself gesê en hy het sy esel aangespoor, hopende om Jerigo te bereik voor dit donker word. Maar hy het nie baie verder gekom nie.

Van agter daardie groot klippe het daar skiellik 'n aantal rowers verskyn; hulle was bewapen met stokke en messe en hulle het hom beveel om stil te hou.

Die reisiger het sy esel geslaan om te probeer wegkom, maar hy was te laat. Toe hy hom weer kry, was die rowers op hom en hulle het hom met die stokke geslaan en sommige van hulle het hom met hul messe steke toegedien - eindelilk het hy bewusteloos op die grond neergeval.

Waar hy daar halfdood gelê het, het die rowers hom van al sy klere, sy besittings en esel beroof en hulle het die berge ingevlug.

Nakend, verwond en bebloed het die arme man daar in die pad vir ure gelê. Eindelik het hy weer sy bewussyn herwin; sy wonde het verskriklik gepyn, maar hy was te uitgeput om om hulp te roep.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Ná 'n lang ryd het hy voetstappe gehoor. Eindelik sal daar tog hulp kom, het hy gedink. Die persoon het nader gekom en die verwonde man het gesien dat dit 'n priester was. Hoe dankbaar was hy, want die priester sou hom tog sekerlik help!

Maar nee. Daardie ongevoelige priester het net eenmaal na die man gekyk en toe het hy weggestap so vinnig soos hy maar kon - hy was seker bang dat die rowers hom ook sou vang. Was dit nie gemeen van hom nie?

Toe die priester se voetstappe wegsterf, het die arme verwonde man alle hoop begin opgee. Hy het gevoel dat hy nie baie langer meer sou kon uithou nie.

Maar skielik hoor hy weer voetstappe. Ja waarlik! Hulle kom nader. Hierdie persoon sou hom tog seker help.

Dit was 'n Leviet - 'n man wat met die dienste in die tempel in Jerusalem gehelp en iemand wat die eerste behoort te gewees het om die wat in moeilikheid verkeer, te help. Hy het ook na die arme, naakte slagoffer gekyk. En hoe dink julle wat het hy toe gedoen? Net soos daardie priester het hy die man net so laat lê en vinnig weggestap! Waarom? Miskien het hy nie daarvan gehou om met wonde te werk nie, of miskien wou hy nie sy tyd verkwis om die man huis toe te help nie. Moontlik was hy baie haastig. Was dit nie 'n baie gemene ding om te doen nie? Ek wonder hoe hy daarvan sou gehou het om self daar nakend en sterwende in die harde pad te lê?

Weer het die hoop van die verwonde man gesink toe die Leviet se voetstappe wegsterf. Sou niemand hom dan ooit kom help nie? Elke minuut was vir hom soos 'n hele uur.

"Wat is dit wat ek nou daar hoor?"

Tjoef-tjaf, tjoef-tjaf! Dis mos iemand op 'n esel wat daar aankom. Sou daardie man stilhou?

< >