# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Tot die bitter einde

Generaal Christiaan de Wet, miskien Suid-Afrika se beroemste krygsman, wie se naam ver buite die grense van sy land spreekwoordelik geword het vir sy  moed en militêre vernuf. "Maar ek het met feite niks te doen nie. Ek het net met 'n feit te doen as ek hom uit die weg moet ruim."

Daar is waarskynlik geen ander uitling soos dié een wat genl. Christiaan de Wet beter karakteriseer nie. In die ruim twee jaar dat hy opperbvelvoerder van die Vrystaatse strydkragte was, het die harde feite voortdurend op 'n uiteindelike Britse oorwinning gedui, maar van ingee en die diktaat van die feite aanvaar - daarvan wou hy niks weet nie. Met sy ysere selfdissipline en bomenslike wilskrag was dit Christiaan de Wet wat saam met president M.T. Steyn die siel en simbool geword het van 'n vryheidstryd wat die verbeelding wêreldwyd aangegryp het.

De Wet het trouens tot so 'n mate 'n mite geword, dat die historikus voor 'n formidabele taak gestel word om die mens De Wet agter die mite te herontdek. En tog sou die moodsaaklike ontmitologisering niks afdoen aan De Wet se grootheid nie. Dit is juis ondanks sy swakhede en foute dat hy groot genoem kan word. Christiaan Roedolf (dié spelling verskyn op sy geboortesertifikaat) is op 7 Oktober 1854 as die sesde kind van Jacobus Ignatius de Wet en Alette Susanna Margaretha Strijdom op die plaas Leeukop in die distrik Smithfield gebore. Sy eerste militêre ondervinding was as elfjarige seun toe hy sy vader na die tweede Basoeto-oorlog van 1865 vergesel het, egter sonder om self te veg. 

Reeds vroeg al in sy lewe het die jong De Wet twee karaktereienskappe begin openbaar wat sy hele lewe verder sou beinvloed. In die eerste plek het hy hom as 'n vurige patriot bewys wat die politieke onafhanklikheid van die Afrikanervolk hoog op prys gestel het en nie vir die duiwel sou stuit om dit te behou nie. Toe sy vader op 'n dag in 1877 na hom kom - hy was toevallig besig om 'n kraalmuur op dié se plaas naby Dewetsdorp te messel - met die nuus dat die Engelse Transvaal geannekseer het, was hy op die daad kwaad. Verwoed het hy met sy vuis op die muur geslaan en uitgeroep: "Transvaal sal moet terugkom!"

Met die oog op die naderhende vryheidstryd het hy hom in die Noord-Vrystaat naby die Vaalrivier en later in Heidelberg in Transvaal self gevestig. As die skote begin klap, wou hy daar wees. Dit was nie nodig am alte lank te wag nie. Teen Desember 1880 was die Transvalers se geduld op en die eerste Vryheidsoorlog het uitgebreek. Die Britse garnisoene is dwarsdeur die land omsingel en 'n gewapende mag het na die Britse grens opgeruk om die verwagte Britse offensief af te slaan. Onder hulle was ook Christiaan de Wet, wat kort tevore as veldkornet gekies is. Met sowat 'n duisend man het die Boere onder leiding van genl. Piet Joubert stelling ingeneem by Laingsnek, net oorkant die Natalse grens. Op 28 Januarie 1881 het die 1 200 man van genl.-maj sir George Pomeroy Colley hulle hier aangeval. Vir dié geleentheid is De Wet as waarnemende kommandant aangestel. Vreesloos het hy dié dag agter sy burgers heen en weer geloop en gesorg dat niemand sy plek verlaat nie. Die hele dag lank het die Britte die een frontaanval ná die ander probeer uitvoer, maar met hul helderrooi baadjies en spierwit helms was hulle maklike teikens. Die gevolg was dat hulle telkens teruggedryf is en die aanval het misluk. 

Hierna het De Wet as veldkornet ook nog aan die gevegte by Ingogo en Majuba (8 en 27 Februarie) deelgeneem en groot indruk met sy dapperheid en sterk persoonlikheid gemaak. Op Majuba was hy self teenwoordig toe genl. Colley sy laaste asem uitgeblaas het. 

Maar teen dié tyd het 'n tweede karaktertrek van De Wet sy kop begin uitsteek. Sy sterk persoonlikheid en leierskwaliteit, sy byna fanatieke dryfkrag en geloof in die Afrikaner se saak, het die feit verhul dat hy soms baie tweifelagtig - selfs doelloos - in 'n spesifieke onderneming kon optree. Oor die breër kwessies - ja, in dié opsig was daar weinig mense wat by De Wet se wilskrag en deursettingsvermoë kon kers vashou. Maar as dit gekom het by die vertaal van ideë en ideale in die praktyk, dan was dit soms net asof hy ná 'n tyd geesdrif verloor en teruggedeins het waar meedoënloosheid juis sukses kon beteken het. Kyk maar na sy omswerwinge tot aan 1899. Aanvanklik help hy sy vader op dié se plaas by Smithfield. Daarna word hy transportryer by die diamantvelde by Kimberley en verhuis toe weer saam met sy vader na Dewetsdorp. In 1877 verhuis hy na Vredefort en 'n paar maande later na Kroonstad. In Augustus 1880 vertrek hy na Heidelberg en twee jaar later na Lydenburg. 

In 1884 besoek hy sy vader by Dewetsdorp en besluit om dié se plaas te koop en terug Vrystaat toe te gaan. Maar in sy afwesigheid word hy as Volksraadslid vir Lydenburg gekies. Hy laat dit hom welgeval, woon die sitting van 1885 by, bedank, en vertrek na Dewetsdorp. In 1889 word hy Vrystaatse volksraadslid en bly dit tot 1898, toe hy beank. In 1896 verhuis hy weer na die distrik Heilbron. 'n Sukses as boer was hy nooit.

Dit was asof 'n rusteloosheid hom van De Wet meester gemaak het telkens wanneer hy te lank met iets spesifieks besig was. Hierdie feit sou van groot betekenis blyk tydens sy militêre operasies in die Tweede Vryheidsoorlog, soos ons straks sal sien. Toe die Tweede Vryheidsoorlog op 11 Oktober 1899 uitbreek, het De Wet as gewone burger in die Heilbronse kommando na die Natalse grens vertrek. Daar was ruim 54 000 Republikeinse burgers soos hy, en niemand kon voorspel dat dié man met die baadjie en vasberade oë binne 'n jaar wêreldroem sou behaal nie, hoewel die krag van sy persoonlikheid wel deeglik aan te voel was.

Vlak voor die eintlike uitbreek van die oorlog om 17h00 op 11 Oktober is De Wet deur die burgers as waarnemende kommandant gekies om in kmdt. Lucas Steenkamp se skoene te staan as dié buite aksie sou raak. Dit was vrywel onmiddellik geword en De Wet moes die bevel oorneem. Die twee maande wat De Wet in Natal deurgebring het, is vir ons doel nie baie belangrik nie. Hy was by twee gevegte betrokke - dié by Rietfontein (24 Oktober) en Nicholsonsnek (30 Oktober) - maar by eersgenoemde het hy en sy burgers geen besondere rol gespeel nie en by laasgenoemde was kommandant Steenkamp weer in bevel van die Heilbronners. Dit is genoeg om te vermeld dat hy toe al indruk gemaak het met sy (soos Deneys Reitz dit gestel het) "fierce eyes and keen determined face." 

De Wet se militêre loopbaan het eintlik eers op 9 Desember werklik in aanvang geneem toe pres. M.T. Steyn hom as veggeneraal op die Wesfront aangestel het in die plek van die mislukte genl. Jacobus Prinsloo. Sy nuwe bevelspos was Magersfontein, suid van Kimberley, wat hy sewe dae later bereik het. Hier het die man wat hy moes bystaan, die Transvaalse assistent kommandant generaal Piet Cronjé, op 11 Desember 'n verpletterende oorwinning oor die Britte behaal. 

Eintlik was dit moeilikheid soek om dié twee koppige en oorheersende persone bymekaar te plaas. Cronjé het weliswaar geen bang haar op sy kop gehad nie, maar twens geen snars van moderne oorlogvoering begryp nie. Na raad wou hy nooit luister nie. Laat hy maar hier by Magersfontein vas staan en elke Engelsman wat na die omsingelde Kimberley probeer verbykom 'n loesing gee, dan is alles in orde, so het hy geredeneer. 

Om die waarheid te sê, was De Wet se militêre ondervinding in dié stadium ook maar power. Maar hy het 'n verbeeldingryke en gesonde Boereverstand gehad en hy was gewillig om te leer. Tevergeefs het hy Cronjé aangeraai om nie so onaktief aan die stelling by Magersfontein vas te klou nie. Met elke dag wat verbygaan, word die Engelse sterker, en die Boere moet nou optree om die Brise mag in sy rug aan te tas, anders moet die vyand later so sterk word dat die Boere hulle nie meer kan keer nie, het hy betoog. Hy kon netsowel met 'n klipmuur gepraat het. Cornjé het geen hoë dunk van die eiegeregtige en byna parmantige Vrystater gehad was sy wysheid so durf betwyfel het nie. Dat die Engelse om sy flanke kon probeer trek, soos De wet hom voorgehou het - dit was te belaglik vir woorde.

Die geskiedenis sou De Wet se gelyk tragies en bloedig bewys. Op 11 Februarie 1900 het die groot Britse offensief in aanvang geneem met 'n opmarrs om die Republikeinse linkerflank, nadat lord Roberts eers nog die boere se aandag probeer aftrek het deur 'n geveg af te dwing by Koedoesberg aan die Boere se regterflank. De Wet was by dié geleentheid in bevel  van die Boere, maar die geveg het onbeslis geëindig deurdat albei kante teruggetrek het.

Hoe dit ook sy, Cronjé het hom aanvanklik nie alte veel or die Britse opmars bekommer nie en De Wet met 450 man en twee kanonne uitgestuur om die Britse oortog oor die Rietrivier te verhinder. De Wet was net betyds om op die kavallerie-divisie van lt.-genl. sir French af te kom en stelling aan die westekant van die rivier in te neem. French was hom egter te slim af, want dié het 'n gedeelte van sy mag teenoor die Boere agtergelaat, met die ander deel suidwaarts gesnel en die rivier by 'n ander drif oorgesteek. Met die Engelse in sy rug kon De Wet sy posisie natuurlik nie langer handhaaf nie. Hy moes die rivier daarom weer oorsteek en het toe geretireer in 'n suidoostelike rigting na die plaas Winterhoek, heeltemal buite bereik van die Britse opmars.

Hier het die generaal drie dae lank gebly. Waarom hy so onaktief was, is nie heeltemal duidelik nie - moontlik was hy versigtig om die groot Britse oormag aan te druf en het hy gewag op 'n kleiner afdeling om op toe te slaan. Moontlik het hy ook gemeen die Britse doel is om oor Koffiefontein na Bloemfontein op te ruk, pleks van oor Magersfontein en Kimberley. Hy het ewenwel 'n boodskap aan Cronjé gestuur om hom te waarsku dat hy afgesny kan word as hy aan die stellings by Magersfontein bly vasklou. Cronjé se antwoord was trots-minagtend: "het julle vir julle alweer (vloekwoord) vir die Engelse? Gaan en skiet die goed dood en vang die ander!"

Wat ook al die rede vir De wet se onaktiwiteit was, weldra het dit duidelik geword dat hy nie so kon voortgaan nie. Hy moes iets doen. Op die oggend van 15 Febraurie het hy dus met 550 uitgetrek nadat sy verkenners hom ingelig het oor 'n yslike voorradekonvooi aan die Rietriver met net 200 soldate ter beskerming. Dit was die kans waarop hy gewag het. Die helfte van sy mag is langs die river af geplaas om op die uitkyk vir Engelse versterkings te wees, en met die ander helfte het hy teen 08h45 die vuur op die konvooi geopen. Die engelse het dadelik laer getrek, skanse is gebou en 'n boodskap om hulp te vra is in aller yl aan lord Roberts gestuur. Dié het 'n infanteriebataljon met berede infanteriste en 'n paar kanonne afgevaardig om die lastige Boere te gaan verdryf, maar dit was tevergeefs. Die trekosse van die konvooi is op loop gejaag en die versterkings afgeslaan. 

In dié omstandighede kon Roberts geen verdere troepe afstaan nie, en op sy bevel is die konvooi dus tydens die nag in die steek gelaat. Toe die son die volgende môre sy verskyning maak, moes De Wet ontdek dat die Engelse skoonveld was. Altesaam tagtig waens vol voorrade is hier same met 2 800 osse buitgemaak. Dit was 'n volle vier dae se voorrade vir die Britse leër en 'n derde van die totale trek osse. Tot einde Februarie moes die Englse soldate trouens op halfrantsoen leef.

Dit was gewis 'n swaar slag vir Roberts, maar hy het hom nie van stryk  laat bring nie. Sy beweging om Cronjé se linkerflank en die ontsetting van Kimberley het die Boerevbevelvoerder eindelik in die nag van 14 en 15 Februarie gedwing om Magersfontein te verlaat en ooswaarts langs die Modderrivier op te retireer. In die omgewing van Vandisiedrif is hy en sy ruim 4 000 vasgekeer en omsingel. Van dit alles was De Wet intussen salig onbewus. Na sy oorwinning oor die konvooi het hy nog 58 soldate by 'n waterbon gevange geneem en toe suidwaarts na Koffiefontein beweeg om versterkings te kry. Met 1 000 man en twee kanonne het hy vroeg die oggend van die 18de noordwaarts in die pad geval om Cronjé te gaan help. 

Teen die middag hoor hy die geluide van ' geweldige vuurgeveg êrens voor hom, en besluit om op die geluid daarvan af te ry. Omstreeks teen vieruur kom hy eensklaps op die toneel aan waar duisende soldate nou al die hele dag 'n massale aanval op Cronjé se laer uitvoer. 'n Donkerrooi stofwolk hang oor die toneel en dit is onmoontlik om vriend en vyand te onderskei. Maar De Wet aarsel nie. Hy verdeel sy mag in twee en jaag twee stellings vlak voor hom - Oskoppies en Stinkfontein - storm. Die Tommies vlug. 'n Britse teenaanval om die boere te verdryf, misluk. 

Die volgende paar dae verloop vir De Wet uiters frustrerend. Lord Roberts kon nie toelaat dat  De Wet soos 'n lastige vlieg in sy rug bly hang nie en het die een aanval na die ander laat uitvoer. Die Boere kon dit net met die grootste moeite afslaan, maar hulle kon nie onbepaald lank uithou nie. Op 21 Februarie is De Wet deur 'n geweldadige oormag gedwing om sy posisies te verlaat en ooswaarts na Poplar Grove uit te wyk. 

Intussen het die Vrystaatse bevelvoerder in die omgewing, hoofkomdt. Ignatius Ferreira, gesneuwel, en De Wet is in sy plek as hoofkommandant aangestel. Ondanks sy terugslag het hy nog nie moed verloor nie, hoewel hy na liggaam en siel al tot die dood toe moeg was. "Ik moet U Hoogedele openhartig zeggen dat het heden 18 dagen is dat ik dag na dag op dat mijne krachten mij begeven,", het hy aan pres. Steyn getelegrafeer. Nog 'n keer het hy geprobeer om sy stellings te herwin, maar weer is hy met aansienlike verliese teruggedryf. 

Einde ten raad het hy die kranige kaptein Danie Theron gevra om deur die vyandelike linies  na die vasgekeerde laer te kruip 'm 'n datum met genl. Cronjé af te spreek vir 'n gekoordineerde  ontsettingspoging. Die idee was dat Cronjé sy pad in die nag van 25 en 26 Februarie deur die Engelse moes oopveg en ooswaarts uitbreek. Digby die Engelse linies sou De Wet hom dan inwag en ondersteun. Drie agtereenvolgende nagte het De Wet en sy burgers na die afgesproke plek getrek, maar van Cronjé was daar geen teken nie. Op 1 Maart het die groot klap gevolg: Cronjé het al op 27 Februarie oorgegee! Die offisiere en burgers was te mismoedig om De Wet  se plan te ondersteun, met die gevolg dat Cronjé geen ander keuse as oorgawe gehad het nie. 

De Wet was totaal verpletter. "Geen pen kan beskryf wat in my omgegaan het toe ek sien dat Cronjé hom oorgegee het en wat die uitwerking daarvan op die burgers was nie," het hy hom na die oorlog herinner. "Op almal se gesigte was verslaendheid en moedeloosheid te lees."

Cronjé se oorgawe het 'n geweldige demoraliserende uitwerking op die Boere gehad. Hul wil om te veg het afgeneem en talle het hul goed gevat en padgegee. By Poplar Grove het De Wet op 7 Maart nog probeer vasskop, maar sy stellings was swak gekies. Die Britte het sy suidelike flank maklik omvleuel en gedreig om hom net soos Cronjé vas te keer. Dit was, ironies genoeg, net die burgers se lae moreel wat hom gered het. Hulle het eenvoudig begin vlug voordat die omsingelingsbeweging voltooi was, sodat De Wet moes retireer. 

By Abrahamskraal het die boere drie dae later wel iets beter geveg, maar weer was die Engelse te sterk. Bloemfontein het op 13 Maart sonder slag of stoot in die Engelse se hande geval. Met die Vrystaatse hoofstad in lord Roberts se hande, het De Wet besef dat sy burgers 'n asempouse nodig gehad het om weer tot verhaal te kom. Die Britte was trouens net so uitgeput en nie tot 'n verdere opmars in staat nie. Hy het dus besluit om die burgers 'n paar dae lank verlof te gee met die bevel dat hulle weer op 25 Maart terug op kommando moes wees. " 'n Mens kan nie 'n haas met onwillge honode vang nie," was sy verduideliking aan die ontstelde kmdt.-genl. Piet Joubert. 

Op 17 Maart is 'n groot krygsraad in Kroonstad gehou, waar besluit is om die kommando's se mobiliteit te verbeter deur die lompe walaers af te skaf. Die kommando's moes voorts die vyand se kommunikasielyne waar moontlik verbreek. 

Intussen het De Wet begin voorberei vir 'n teenoffensief waarsin sy groot taktiese talente op 'n skitterende wyse te voorskyn sou tree. Sy eerste stap was om die mag van hoofkmdt. J.H. Olivier, wat na die Britse deurbraak by Colesberg en Strormberg aan die suidelike front noordwaarts aan die retireer was, te beveel om die Britse mag by Thaba'Nchu aan te val. Terwyl dié mag - so het hy gehoop - dan na Bloemfontein terugtrek, sou hy dit êrens langs die pad inwag en 'n deeglike pak slae toedien. So het dit dan ook gebeur. Olivier se verskyning by Thaba'Nchu het die Britse bevelvoerder daar, brig.-genl. R.G. Broadwood, só groot laat skrik, dat dié eers sy walaer in die rigting van Bloemfontein gestuur, en 'n paar uur later ook in dieselfde rigting die hasepad gekies het. 

De Wet het Brandfort intussen met 1 500 man en sewe skuts verlaat en suidooswaarts getrek. Sy verkenners het die wêreld vol gery en hom laat weet dat Broadwood se vooradekonvooi oppad was na die Bloemfonteinse waterwerke - wat net deur 'n klein garnisoen van 200 man bewaak is. Hier kon De Wet nou twee vlieë met een slag doodslaan.

Maar een ding het sy verkenners nie geweet nie - dat Broadwood self met 1 800 man en twee batterye ook na die waterwerke op pad was. Salig onbewus hiervan, het De Wet sy krygsmag in die nag van 30 en 31 Maart in twee afdelings verdeel. Met 1 100 man en die sewe kanonne is sy broer, veggenl. Piet de Wet, aan die oostekant van die waterwerke omgestuur om stelling op die oostelike oewer van die Modderrivier in te neem. Die plan was dat hulle teen dagbreek die volgende môre op die Engelse moes lostrek om hulle in 'n westelike rigting te dryf. Daar sou De Wet en die orige 400 man in 'n hinderlaag in Koringspruit op hulle wag. Piet de Wet moes terselfdertyd op die uitkyk wees teen Broadwood se mag, wat soos gemeen is, og by Thaba'Nchu was. So gesê, so gedaan. De Wet het sy burgers vernuftig in Koringspruit versteek, reg in die pad waarlangs die Engelse na verwagting sou vlug. Maar toe die son in die ooste begin skemer, wat moes hy sien? Pleks van 'n paar soldate wat hy by die konvooi verwag het, het die wêreld gewemel van die Tommies en die kanonne. Sonder dat hy dit ooit agtergekom het, het Broadwood kort voor De Wet sy opwagting met sy hele mag gemaak! 'n Versigtiger aanvoerder se knieë sou waarskynlik net daar in water verander het, dog die Engelse sou nog agterkom dat De Wet van buitengewone stoffasie was. Sonder om 'n oog te knip het hy beveel dat die gevegsplan onveranderd deurgevoer moet word. 

Omstreeks sesuur die oggend bars 'n sarsie geweerskote ooreenkomstig die plan vanuit die ooste los. 'n Paar oomblikke later vul 'n kanonbulder die geknetter van die geweervuur aan. Pandemonium heers in die Engelse kamp. Broadwood, wat meen dit is Olivier se burgers wat hom van Thaba'Nchu ingehaal het, het net een doel voor oë, en dit is om so vinnig moontlik uit die moordende vuur weg te kom. Die waens en kanonne word ingespan en beweeg al met die pad langs in die rigting van Koringspruit. Vol spanning wag die Boere in die spruit. As die eerste wa deur die spruit ry, verskyn De Wet en kmdte. Piet Fourie en C.Nel met opgehewe Mausers voor die insittendes met die bevel om rustig deur te ry na die opstal vlak agter die spruit. Twee burgers ry saam. Die een wa ná die ander word hulle op dieselfde manier gebuit. Ook enkele soldate wat vorentoe ry om vas te stel waarom die waens bo by die drif opdam, word in alle stilte gevange geneem. Toe kom 'n offisier na vore om die saak te ondersoek. De Wet neem hom self gevange, en sê: "U sien in welke onhoudbare situasie die Engelse troepe hier verkeer; gaan na u generaal en sê aan hom dat ek geen bloed wil vergiet as dit nie nodig is nie, en dat ek hom daarom versoek om sy troepe te gelas om wapens neer te lê."

Die offisier het sy kop gebuig en stil omgedraai. Maar pleks daarvan dat hy De Wet se opdrag uitvoer, ry hy na die troepe voor die drif en roep 'n waarskuwing uit. Soos blits rig De Wet sy geweer op hom en skiet hom neer. Toe bars die hel los. Soos een man trek die 450 Boere in Koringspruit los met hul Mausers en maai alles wat beweeg af. Die bemannings van veertien kanonne word platgeskiet en die hele konvooi wat nog nie in Boerehande was nie, word deur die soldate in die steek gelaat. Desperaat probeer die Britte met flankbewegings om De Wet uit die spruit  weg te dryf, maar tevergeefs. Oplaas besf Broadwood hy het geen alternatief nie, en hy gee die bevel om die aftog te blaas. Met 'n wye draai om De Wet se posisie vlug die Tommies in die rigting van Bloemfontein. Die slagveld bly agter in die hande van die seëvierende De Wet.

Hierdie geveg, wat sy naam gekry het van die onvoltooide spoorwegstasie Sannaspos daar naby, was seker die skitterendste taktiese oorwinning wat De Wet ooit behaal het. Die buit was 373 gevangenes, 96 waens, 18 skotskarre, 7 kanonne, twee ammunisiekarre en 'n groot klomp voorrade en ammunisie. Die Britte het 159 man aan gesneuweldes en gewondes verloor teenoor die drie dooies en agt of tien gewondes van die Boere. Maar hoe skitterend die oorwinning ook al was, dit sou nutteloos blyk as dit nie voldoende opgevolg is nie. Reeds voor sy vertrek uit Brandfort het De Wet laat blyk dat hy nie soseer belang gestel het in die verbreking van die spoorlyn nie, maar in die herverowering van die Suioos-Vrystaat as sodanig. Dit was 'n enorme fout, want die enkele spoorlyn tussen Bloemfontein en die Kaapkolonie was die enigste waarlangs lord Roberts sy geweldige leër kon bevoorraad en voorberei vir 'n hernieude offensief in die rigting van Pretoria. 

Volkome strydig met die eise van die tyd het De Wet egter die spoorlyn links gelaat en die Suidoos-Vrystaat dieper binnegetrek. Op 3 en 4 April het hy naby Reddersburg 'n Engelse mag van 591 man vasgekeer en tot oorgawe gedwing, en tussen 9 en 25 April het hy nog 'n mag tevergeefs naby Wepener beleër. Deurdat hy lord Roberts se Achilleshiel - die spoorlyn - nie aangetas het nie, het sy leër in gereedheid te bring vir die verderde offensief an Transvaal, en andersyds om 'n reeks kolonnes op die been te bring om hom uit die suidoos-Vrystaat te verdryf. So het dit dan ook gebeur. Die Britse oormag het hom gedwing om sy beleg naby Wepener prys te gee en noordwaarts uit te wyk. Weliswaar het hy nog 'n paar dae lank op Swartlapberg naby Thaba'Nchu veasgeskop en 'n aantal heftige Engelse aanvalle teruggeslaan, maar dit kon hy ook nie te lank volhou nie. Teen die begin van Mei was hy weer terug by die Sandrivier in die Noord-Vrystaat, sy teen offensief uit strategiese oogpunt 'n mislukking.

President Steyn het De Wet intussen op 18 Arpil tot enigste hoofkommandant en opperbevelvoerder van al die Vrystaatse strydkragte benoem - voorwaar 'n meteoriese opgang. By die Sandrivier aangekom, was De Wet net betyds vir lord Roberts se groot offensief. Roberts se taktiek was om die Boere telkens moet groot omvleuelingsbewegings te probeer omsingel. Maar omdat  die Republikeine noot werklik vasgeskop en steeds betyds geretireer het, kon Roberts nooit werklik in sy doel slaag nie. Hy het wel groot stukke gebied verower, maar die Boere se gevegskrag het onaangetas gebly.

De Wet was self telkens op die gesamentlike Republikeinse magte se linkerflank. By al hierdie botsings tussen die Sandrivier en die Renosterrivier het hy agterhoedegevegte gevoer en 'n groot bydrae tot die kommando's se suksesvolle terugtog gelewer. Ná  die geveg aan die Renosterrivier het die Transvalers en Vrystaters van mekaar geskei. Eergesnoemdes het oor die Vaalrivier geretireer en die Vrystaters het ooswaarts beweeg om buite die kake van Roberts se slagyster te kom.

Waar die Britse offensief nou onkeerbaar agter die Transvalers aan gerol het, het dit dus vir De Wet 'n uitstekende kans in te beweeg na dieselfde terrein wat hy net verlaat het, en so die Engelse verbindingslinies aan te tas. Kmdt.-genl. Louis Botha, wat die Transvaalse opperbebel op 27 Maart met genl. Piet Joubert se dood by De Wet aangedring dat die twee state Engelse tegelykertyd van twee kante te teister. Uit die korrespondensie kry 'n mens egter die indruk dat De Wet eerder 'n soort losse en informele samewerking in gedagte gehad het. Hy sou die Engelse self aanpak waar en wanneer dit hom pas, so het hy gevoel.

De Wet se onwilligheid tot noue samewerking is waarskynlik verder versterk deur die ernstige weifeling by die Transvalers om verder te veg. Sowel pres. Paul Kruger as genl. Botha het in telegramme aan pres. Steyn hul wanhoop oor die rampsoedige verloop van die oorglog uitgespreek en voorgestel om die wapens neer te lê. Steyn en De Wet moes net kwaai teen dié neiging walgooi en dit het mooipraat gekos om hulle weer moed te laat skep.

Woorde was egter nie genoeg nie; De Wet sou sy aanmoediging met dade moes ondersteun om die bondgenootskap tussen die twee state te red. Dit was dus 'n vasberade De wet wat Frankfort einde Mei met 600 man verlaat het om die spoorverkeer tussen Bloemfontein en Transvaal te ontwrig.

Van Frankfort het hy weswaarts getrek en wyd en syd verkenners uitgestuur. Vroeg die oggend van 4 Junie slaan hy sy eerste slag deur 'n vet konvooi met 160 Tommies op die plaas Swawelkrans vas te keer en sonder slag of stoot tot oorgawe te dwing.

Van daar het hy sy mag verdeel om drie punte langs die spoorlyn aan te val. Veral die spoorweghalte Rooiwal was belangrik, want hier was 'n ontsaglike voorraad kos, klere en ammunisie vir die Britse leër in Transvaal opgeslaan. Met 80 man en 'n Krupp-kanon het De Wet self die aanval op Rooiwal gelei. Die Britse garnisoen daar was 172 man sterk en goed voorbereid op die aanslag wat hulle verwag het.

In die donker word die posisies stilweg ingeneem. As die lig in die ooste begin daag, word 'n boodskapper aan die Britse bevelvoerder, kapt. A.G.W. Grant, gestuur met die boodskap dat die Boere 1,200 man en vyf kanonne (sic!) het en dat hy hom liewer maar moet oorgee. Grant weier.

Direk daarna dawer die eerste knal van die Krupp deur die skraal Vrystaatse winterlug. Die Boere skiet met alle mag en elke Tommie wat sy kop uitsteek, met dit net so vinnig terugpluk. "The only thing that saved us from being cut to pieces," het 'n ooggetuie aan Britse kant later geskryf, "was the good cover we had made from railway trucks, bales of clothing, boots, blankets and other stores, even the mail bags were used..."

Intussen het die ander Vrystaatse afdelings hulle aanvalle suksesvol uitgevoer en na Rooiwal beweeg. Die gesamentlike mag was te sterk en net na twalfuur moes kapt. Grant onvoorwaardelik oorgee. By die drie gevegte het die Vrystaters net drie gewondes verloor, teenoor die 45 gesneuweldes en sowat 123 gewondes aan Britse kant.

Uitgelate hardloop die burgers rond en buit vir die vale. Bottels sjampanje word oopgemaak en drie hoera's vir "oom Krisjan" weerklink oor die veld. De Wet stap na die lyke van die gesneuweldes onder 'n paar komberse, en staan 'n oomblik met 'n geboë hoof. "Poor men, very sad," is sy enigste reaksie.

Die res van die dag dra enkele van die minder buitlustiges die voorrade bymekaar en gooi brandolie daarop. Kort na skemer word dit aan die brand gesteek.

"Toe het die hele spul ontplof - die grootste ontploffing wat ek ooit in my lewe gesien het," volgens kmdt. Chris van Niekerk, later President van die Senaat. "Ek het ver daarvandaan met 'n paar vriende gestaan en gesels en toe die slag kom, het 'n reusagtige vuursuil omhoog gestyg wat die hemelruim helder verlig het asof dit dag was. Die winddruk was so sterk dat dit gevoel het asof ons half wou beweeg."

De Wet was uiters opgetoë oor die mooi oorwinning. "Indien de vijand nog een paar zulke verliezen aan hun toevoer moet lijden als gisteren hier plaats vond, zal de strijd voor hen een onmogenlijkheid worden," het hy aan pres. Steyn getelegrafeer.

Gedurende die volgende twee weke het De Wet herhaalde gevegte met die Britte langs die spoorlyn gelewer en die spoorverkeer nog twee keer ontwrig. By een geleentheid het hy byna daarin geslaag om lord Kitchener te vang! Maar na die laaste geveg op 22 Junie het daar weer 'n eienaardige weifelagtigheid by hom ingetree. Hy het sy veldtog teen die spoorlyn gestaak en

Leopold Scholtz

Beroemde Suid-Afrikaanse Krygsmanne

Rubicon Pers, Kaapstad

ISBN 0 947 00606 0