# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

 
SA Topsites ::

Christaan Barnard

Christiaan Neethling Barnard (Beaufort-Wes, 8 November 1922 - 2 September 2001) was 'n Suid-Afrikaanse hartchirurg wat beroemdheid verwerf het nadat hy die wêreld se eerste suksesvolle mens-tot-mens hartoorplanting gedoen het. Chris Barnard is gebore in Beaufort-Wes, Suid-Afrika. Hy was een van vier seuns van 'n sendingpredikant, eerwaarde A.H. Barnard. Hy het aan die Universiteit van Kaapstad in geneeskunde gestudeer. Sy eerste werk was as huisdoktor op Ceres. In 1953 ontvang hy sy Meestersgraad vanaf die Universiteit van Kaapstad nadat hy in 1951 teruggekeer het na die Universiteit. In 1953 verwerf hy ook sy doktorsgraad in medisyne.

Hy verwerf 'n nagraadse studiebeurs aan die Universiteit van Minnesota in 1956. Hier toon hy sy eerste belangstelling in hartlongchirurgie. Hy verwerf sy meesters- en doktorsgraad aan dié Universiteit gedurende 1958 en keer terug na Suid-Afrika. Terug in Suid-Afrika word hy aangestel as n kardiotoraks-chirurg by die Groote Schuur hospitaal. Hy ontwerp 'n nuwe klep, begin met openhartchirurgie en eksperimenteer met hartoorplantings op honde. Hy word bekend as 'n briljante chirurg. Hy die die wêreld se eerste hartoorplanting in 1967 hier in die hospitaal. Die pasiënt was Louis Washkansky. Hy het Denise Darvall se hart ontvang. 'n Span van dertig mense staan hom by tydens die operasie wat nege uur lank duur. Alhoewel die operasie suksesvol was, sterf Washkansky aan longonsteking agtien dae na die operasie. Chris Barnard was oornag wêreldberoemd. Gedurende 1972 word hy 'n Professor aan die Universiteit van Kaapstad. Hy doen nog hartoorplantings; Dorothy Fisher leef 24 jaar nadat sy haar hart ontvang het. In 1974 doen hy die wêreld se eerste abbahartoperasie.  

As gevolg van artritis wat dit vir hom moeilik maak om operasies uit te voer bedank hy uit die diens van die Universiteit in 1983. Hy was 61 jaar oud. Hy spits hom toe op skryfwerk en bied lesings aan wêreldwyd. Hy help ook om 'n nuwe hartoorpalntingsprogram in Oklahoma, VSA te vestig. Hy ontvang verskeie toekennings van lande en organisasies wêreldwyd. Hy sterf tydens 'n besoek aan Ciprus in 2001 na 'n asma aanval. Professor Chris Barnard was drie keer getroud. Sy broer Marius, 'n kardioloog, was deel van Chris se hartspan.