# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

By die Strand gehoor

"GAAN WEG HIER!" jy kan nie hier speel nie. Dis ons dam hierdie. Gaan weg!" Ek het opgekyk. 'n Klein endjie van my af het twee seuntjies in 'n poel water gestaan en speel met hulle bootjies. Naby hulle was 'n derde seuntjie; hy was nog baie klein, maar vasberade. In sy handjie het hy 'n stukkie hout gehad, gesny in die vorm van 'n skip wat hy sy 'Keena Mary' genoem het, en hy wou ook in daardie seuns se dam speel. Hy het die water ingestap.

"Gaan weg!"

Die seuntjie wat gepraat het, was nou baie kwaad. Maar daardie klein seuntjie het nie verstaan nie; hy het hom nie van stryk laat bring nie, en sy "Keena Mary" ook in die dam geplaas.

"Gaan weg!" Op daardie oomblik het daardie klein seuntjie se Vader op die toneel verskyn, hom aan sy handjie geneem en weggelei van die ander seuns, na 'n plekkie waar hy meer welkom sou wees.

Maar daardie klein seuntjie wou juis in daardie dammetjie speel, en hy wou nie weggaan nie. Hy kon nie begryp waarom hy nie met sy bootjie ook daar kon speel nie, en waarom die ander seuns nie met hom wou speel nie, en toe het hy droewig begin huil.

Boe-hoe-hoe!!!

Hy het so 'n keel opgesit dat 'n mens dit wie weet waar kon hoor. Boe - hoe - hoe ! Boe - hoe -  hoe! Die trane het soos 'n waterval oor sy wange gerol. Ek het nog nooit so 'n droewige gehuil gehoor nie. Toe het daar 'n baie mooi ding gebeur. 'n Ander Pappa het op die toneel verskyn, en hy het iets in die oor van die grootste seuntjie se oor gefluister - sy naam was John soos ek later verneem het. Daar was 'n kort gesprek, en toe sien ek dat John die water verlaat en na die klein seuntjie stap wat nog droewig staan en huil het. Hy het hom aan sy handjie geneem en teruggelei na die poel water en aan hom gesê dat hy ook saam met hulle kon speel as hy wou.

Dadelik het die klein seuntjie opgehou met huil, en eerlank het hy lekker gelag. Hy het heerlik daar in die water rondgestap en met sy 'Keena Mary' gespeel.

Het John daardie agtermiddag nie 'n mooi ding gedoen nie! Ek hoop dat hy eendag hierdie storie sal raak sien, en weet dat iemand sy onbaatsugtige daad gesien en die hele wêreld daarvan vertel het.

En ek glo ook dat die beskerm-engele, die engele wat oor alle klein seuntjies waghou, dit ook gesien en in die hemel vertel het. Hoe ver kan 'n vriendelike daad tog nie gaan nie! 

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell