Broodjie by Braaivleis
500ml karringmelk (2 koppies)
1 pakkie groentesop (69g)
500g bruismeel
1 eetlepel olie
sout
gerasperde kaas
paprika
pietersielie
Meng droë bestanddele, maak aan met karringmelk en olie. Plaas in broodpan. Strooi paprika, pietersielie en kaas bo-oor. Bak teen 180 grade Celsius vir ±1 uur.
Konsentrasiekampe
Brandend staan die plaashuis daar
Leeggestroop, als verbrand
Selfs dier, en oes
So wou hul ons verwoes.
Toe hul sien, hulle planne werk nie uit
Maak hul vrouens, kinders en oumense buit
Na die Konsentrasiekampe, word hul gestuur
Waar hul baie pyn en lyding moes verduur
Kos was skaars, en kinders dood
Van hongesnood,
Haglike omstandighede, moes ons voorouers verduur
Kinders verloor, oumense dood,
Selfs sonder ‘n stukkie brood.
Siektes en pes, het uitgebreek
Sonder medisyne, en mediese hulp,
Water en kos was min
In die lyding was daar geen sin.
Na al die smart, is die oorlog op ‘n end
Waarna hul weer na hul plase moes wend,
Afgebrand, en geen oes op die land
moes hul van vooraf begin, en dit was hard.
So wou hul ons vernietig, maar God is getrou
Alhoewel, die dood van geliefdes, het hul nie geknou
Is ons nog steeds ‘n Nasie wat kan en gaan voortbou!
Ek dra hierdie gedig op aan almal wat familie verloor het in die Konsentrasiekampe (Moordkampe)