# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

 
SA Topsites ::

Druk dadelik 'n blokkie ys op 'n klein brandwond of hou die brandplek onder koue water. Moenie botter of petroleumjellie aansmeer nie. Sit moskonfyt op. Lynolielappe help om die brand uit te trek. Kasterolielappe trek die brand uit. Vaselien is ook goed om die pyn te verminder en die wond te help genees. Sit tandepaste op die brandplek. Die mint trek dadelik die brand uit. Smeer Vicks aan. Die Vicks verllig dadelik die brandpyn en voorkom ontsteking. Pleister vir brandwonde: Neem lynolie, kasterolie, 'n bietjie kanferbrandewyn, 6 tot 8 druppels harmansdrup en genoeg was om die pleister styf genoeg te maak om te smeer. Lynolie, roosmaryn, wilde-als en was. Braai alles saam en gooi dit deur, gooi dan die kasterolie by.