# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Brand in die Weeshuis

Glo dit as julle wil, maar wat ek hier gaan vertel het werklik gebeur in Amerika in 1940. Om drieuur een wintersoggend, terwyl byna honderd seuns en dogters vas aan die slaap was in 'n sekere weeshuis, was daar 'n vonk, toe 'n vlammetjie en rook.

Die weeshuis was aan die brand, en niemand het dit geweet nie. Eerlank was die plankvloer, die plafon en die dak van die gebou die ene rook en vlamme. Eindelik het iemand brand geruik, opgespring en geskreeu "Brand!"

Toe was almal wakker. Die personeel was wakker, en die kinders was wakker en almal het vinnig opgestaan. Die personeel het dadelik besef dat hulle die kinders so spoedig moontlik uit die gebou moes kry. Die seuns en dogters was vreeslik opgewonde, en sommige van hulle was baie bang.

Hier was regtig 'n brand - die eerste wat hulle ooit gesien het. Hulle het die rook geruik, en die geraas van die brandweer buitekant gehoor.

Sommige van hulle het gewonder of hulle betyds uit die gebou sou kom, en hulle is die trap af so vinnig as wat hulle kon. Eindelik was hulle almal buite, maar dit was bitter koud, so koud dat die waterkrane toegeys was. En daar was die kinders, almal net in hulle nagklere!

Maar hulle het nie lank daar in die koue gewag nie, want daar het komberse gekom, en hulle is geneem na 'n huis in die nabyheid. Dit was die woning van 'n dokter; daar is hulle baie vriendelik ontvang, en hulle het 'n warm drank en koek gekry.

Maar dit was nie 'n maklike taak om sommer honderd kinders te herberg in die middel van die nag en hulle ook besig te hou nie!

Wel, hoe dink julle wat het die vrou van die dokter gedoen om daardie klomp besoekers stil te hou? Ja, sy het vir hulle gelees. Julle kan dit sommer raai as julle na die prent kyk. En wat het sy vir hulle gelees? In haar hande was 'n eksemplaar van Bedtime Stories wat in die jaar 1934 uitgegee is. 

Terwyl die vrou besig was om vir die kinders te lees, het daar 'n persfotograaf opgedaag en hulle afgeneem. En dit was van daardie foto dat die prent hieronder geteken is. Dit kan wees dat julle al gesien het dat mense Bedtime Stories op snaakse plekke lees. As julle as so iets gesien het, skryf asseblief aan my en vertel my daarvan. 

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell