# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Drie outjies sit op die speelterrein.
Boksburg-outjie: "Ons is drie kinders, en elkeen het sy eie bed."
Benoni-outjie: "Ons is vier kinders, en elkeen het sy eie kamer."
Brakpan-outjie: "Ons is vyf kinders, en elkeen het sy eie pa."
(11.09.2017)

Afrikaanse spotprente, Brakpan grappe, Brakpan spotprente

1.

Hoe weet jy dat jy by 'n Brakpan begrafnis is? Onderaan die begrafnisbrief staan: "Moet asseblief nie die lykswa dice nie!" 

2.

In Brakpan sukkel die ouens maar met die Engels. Die Matrieks skryf hul Engels 2de Taal eindvraestel. Toe hulle klaar is vra Koos vir Piet: "Hoe lyk jou leeu wat ons moes teken?" "Watse leeu?'" vra Piet. Koos sê: "Het jy dan nie gesien nie? Onder aan die vraestel het gestaan 'Draw a line'.

3.

'n Swart man van Brakpan word genooi na 'n fancy dress party en vra sy vrou om vir hom 'n kostuum te gaan huur. Die aand kom hy by die huis en daar is 'n Superman suit op die bed. 

Baie onsteld vertel hy sy vrou dat sy iets anders moet kry want Superman was en is nog altyd 'n wit ou. Volgende aand kry hy 'n Spiderman suit op die bed. Hy vertel sy vrou sy is f@kken stupid want Spiderman en Superman is wit ouens en hy is swart - hy soek 'n kostuum wat by 'n swart man sal pas. Die volgende aand kom hy by die huis en kry 'n klomp wit kolle, 'n wit belt en 'n wit stok op die bed. Hy roep sy vrou en vra watse k@k is dit?, waarop sy antwoord: "Jy trek jouself kaal uit, plak die wit kolle op jou lyf en gaan as 'n domino blokkie! 

As jy dit nie laaik  nie dat sit hy die wit belt om jou lyf en gaan as 'n oreo koekie. As jy dit nie laaik nie dan druk jy die wit stok in jou gat op en gaan as 'n magnum roomys! 

4.

Jannie van Brakpan kyk hoe sy tannie poeier op haar baba gooi. Jannie: ‘Tannie moenie sleg voel nie, ons hond het ook met vlooie'.

5.

"Wow, daai vrou het groen hare!" sê die een Brakpanner vir die ander. "Ek wonder hoe kry sy dit so?" "Sy's seker 'n vegetariër."

6.

Hulle sê die nuwe Ford Ranger 2.2i Bakkie is so sterk, hy trek 'n Brakpan ou van sy sussie af!!

7.

In Brakpan is hulle so rof, hulle moer jou met n ketting sonder om die hond af te haal !!

8.

Hoekom word daar nie karre in Brakpan gesteel nie? Want in elke huis woon daar ten minste 2 karwagte.

9.

Hoe weet jy as 'n Brakpanner rêrig dronk is??? As hy uitswaai vir n boom en dan besef dis die lekkerruik ding wat aan sy spieeltjie hang....!

10.

Amptelike kennisgewing uitgereik deur Ekhurhuleni plaaslike Munisipaliteit: "As gevolg van die water tekort in Brakpan het ons dit wys geag om eers bane 7 en 8 vandie swembad te sluit..."

11.

Man in Brakpan restaurant vra die kelner: Het julle miskien wilde eend?" Kelner: "Nee meneer, maar ons kan vir jou 'n makke die moer in maak?"

12

Hulle wou 'n CSI Brakpan maak. Toe besef hulle dit gaan glad nie werk nie. Almal het dieselfde DNA en niemand het dental records nie.

13.

Klein Koos kom huis toe met 'n 0 op sy rapport vir Geskiedenis. Groot Koos is baie kwaad, en gaan sien die onnie.

"Meneer, watse k@k is dit dié dat jy my seun 'n nul gee vir geskiedenis?

"Meneer van der Merwe, wat sou jy hom gegee het as hy nie eens weet Jan van Riebeeck, wat aan die Kaap geland het, is dood nie?? 

"Maar, Meneer," verduidelik Groot Koos. "Ons bly in Brakpan, ek het dan nie eens geweet die ou is siek nie." 

14.

Sipho van Brakpan "Ek is so gatvol vir julle grappe oor ons swartes. Hou asseblief op!! Alles wat jy in elk geval kan doen, kan ek ook." Van dink so bietjie: "Ok cool, groei dan 'n kuif!" 

15.

Jy word nie gebore met blou oë in Brakpan nie, jy fight daarvoor, pappie!

16.

Hoekom sny Brakpanners hul honde se sterte af? Sodat, as skoonma kom kuier, daar geen teken van blydskap is nie.

17.

'n Brakpan oom stap in die hoerhuis met 'n groot sak geld en sê: "Ek soek 'n flikse cherrie!". Hulle gaan toe kamer toe en twee dae later staan die oom uit die bed uit op om te rook.

Hy staan voor die bed en bekyk haar op en af. Net voor hy eintjie gaan dooddruk, sê hy vir haar. "Meisie, jy gaan my vir 'n dag of wat nie verder sien nie. Sy is half hartseer en vra: "Gaan oom nou weg?"

"Nee, sê hy. "Ek gaan jou nou omdraai." 

18.

'n Brakpan ma vat haar 14-jarige dogter na hulle dokter toe. "Dokter, dis my dogter Marie. Sy raak in die oggende siek en naar, maar in die dag kry sy weer die snaakste cravings. Sy bly net gewig optel. Wat's fout dokter?"

Die dokter ondersoek Marie en sê: "Mevrou, ek is bevrees jou dogter is ongeveer 4 maande swanger."

Die ma sê: "Dokter, dis onmoontlik!! Nog nooit het 'n man seks met haar gehad of het ons haar alleen by die huis gelos nie."

Marie voeg nog by: "En nog nooit het ek 'n man gesoen nie."

Die dokter gaan staan so by die ruit en staar seker vir maklik 10 minute na buite.

"Is daar iets fout dokter?" wil die ma weet.

"Nee", sê die dokter. "Daar is niks verkeerd nie, maar die laaste keer dat so iets gebeur het, was toe daar 'n ster in die Ooste verskyn het en drie wyse manne oor die heuwel gekom het. Ek sal stupid wees om so iets te mis!!!"

19.


Ek was Saterdag by 'n Brakpan-troue gewees. Die Seremonie-meester wil 'n punt bewys en vra dat ALLE getroude mans by dié persoon gaan staan wat die LEWE absoluut die moeite werd maak!!

Joh! Die Barman was amper doodgetrap!

20.
Drie outjies sit op die speelterrein.
Boksburg-outjie: "Ons is drie kinders, en elkeen het sy eie bed."
Benoni-outjie: "Ons is vier kinders, en elkeen het sy eie kamer."
Brakpan-outjie: "Ons is vyf kinders, en elkeen het sy eie pa."