My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Honderd Jaar van Afrikaanse Kortverhale Bos

Release Sce™ Forte

Medikasie wat die simptome van angs, depressie, ADD / ADHD, demensie en menopouse kan behandel. 'n Nie-gewoonte vormende natuurlike produk en sonder voorskrif. 
Community-verified icon


Release Sce™ Forte Agent
Honderd Jaar van Afrikaanse Kortverhale

Bos

Daar is 'n soort stilte wat meer behels as die afwesigheid van geluid; 'n stilte sonder beweging; 'n stilte wat byna die dood self is. Die lug is stil, die blare en gras is stil, die voëls is ongelooflik stil. As die meide smiddae die mangopitte los en wegraak tussen die home, dan kom dié stilte. Dis die uur sonder sonbesies - die dooie vuur waarin 'n mens begin vermoed at selfs die son iewers vasgesteek het. 

In so 'n uur kom Kirst.

Die bos se hol voetpaaie bring hom hiernatoe, oor 'n honderd riviere en net soveel vlaktes - elke rivier, elke vlakte, elke nag se hiënas nader aan 'n godverlate oomblik. Hy kom oor die klipplaat aangestap waar die meide soggens mangopitte droog, oor die blink en harde werf; ek hoor sy voetstappe oor die klippers, sien hom teen die houttrap van my hoë stoep opklim, onder die skaduwee in. Dan staan hy tussen die potvarings en ek wag dat hy oor die drumpel moet tree. 

Sy gesig blink waarskynlik van die sweet. Hy kyk na my waar ek langs die tafel sit en miskien dink ek hy het oud geword. Maar ten spyte daarvan herken ek hom. Ek het sy voetstap reeds al herken. 

"Dag, Kirst," sê ek.

Of miskien praat ons nie. Kirst praat in ieder geval nie. Ek hoor hom aankom en wag op hom soos ek al die jare op hom gewag het. My hart tamboer in my, ja, en daar is 'n warm gevoel op my tong; maar dis al wat anders is. Ek roer nie. Ek probeer nie vlug nie. My oë is op die deur gerig en ek wag hom in. en hy verskyn - sy gesig nat van die sweet. Dis reg: sy gesig blink van die sweet. Hy sê niks, en ek sê niks.  

Dis doodeenvoudig.

Miskien nog dieselfde rewolwertjie; 'n klein swart Beretta met 'n stomp neus. Hy rig dit op my en ek haal my pyp uit my mond uit en sit dit op die tafel neer. Wieg hy effens op sy voete? Of is dit ek wat heen en weer beweeg? Aanvanklik kan ek nie besluit nie. eers later besef ek wat skeel: dis my kop; ek is besig om my kop te skud. Miskien wil ek daarmee sê: "Nee, Kirst nie na al dié jare nie!" Of miskien wil iets in my maar net sê hoe verskriklik oud hy geword het.

Maar dis nie ek wat uiteindelik praat nie; dis Kirst wat sê: "Dis Jy..."

Hoe goed onthou ek jou nie, Kirst! Byna 'n leeftydlank haal ek jou gesig dag vir dag uitmekaar en herbou dit weer stuk vir stuk; die breë voorkop onder windverwaaide hare, bruin oë wat deur alles kyk, skerp wangbene en 'n vol en manlike mond, 'n vierkantige ken. Maar nou? Wat is dit hierdie, Kirst? Wat vir 'n verrimpelde voorkop, yl hare, hol wange met stoppelbaard, tandelose rosyntjiemond? Net die skedel is nog onmiskenbaar jy.

Jy tree oor die drumpel en sien my en sê "Dis jy..." asof jy nog tot 'n oomblik gelede geglo het al jou gesoek na my sal op niks uitloop nie. As jy verbaas is om my hier te sien sit, Kirst, is dit miskien omdat ek self nie jonk gebly het nie; hy het byna 'n leeftyd lank na 'n jong en onervare man gesoek, en nou dat jy hom ingehaal het...

Dit sal onvanpas wees om jou iets te drinke aan te bied. En oor jou welstand durf ek ook nie vra nie. Oor myself praat? Wat kan ek sê? Dat ek jou verwag het? Dat ek bly is jy het gekom?

Daar is dalk tog iets waaroor ons lank sou kon gesels. Eensaamheid. Maar ook weer: jou soort eensaamheid en myne was nooit dieselfde nie. Mye was die van iemand wat straf moet uitdeel. Selfbejammering en haat. Dis miskien tog maar dieselfde.

Ek dink daaraan, elke dag. en aan al die plekke in Afrika waar ek jou op 'n straathoek gewaar het, of in 'n kroeg, langs 'n kaai, op 'n rivierboot, by 'n doeane, in 'n herberg. Maar elke keer was ek teleurgesteld dat was tog nié jy nie. 

Op 'n godverlate wit pleintjie in Zanzibar sien ek 'n man met sy skouers. En dit is hy. Na al die jare is dit hy. en hy draai om en sien my en kom aangestap. En ek wag hom in, wag dat sy hand na sy sak toe beweeg, wag vir die klein Beretta en die wit kneukels. Maar die man met Kirst se skouers stap verveeld verby en sien my nie. 

In 'n broeiende hotelkamer in Luanda, 'n kamer met kakkerlakke en krake in die mure en kokkerotte, kom iemand stadig teen die trap op. En ek herken Kirst se voetstap. En wag. Weet: uiteindelik, nou. Maar hy gaan verby; sy voetval raak weg in die gang. 

Iewers in die Karoo, op 'n koue stasietjie waar ek tussen die melkkanne wag op die volgende trein, verskyn hy skielik uit die sinjaalkamer. Hy het 'n vlag in sy hand, maar sy vlag en verslete uniform lei my nie om die bos nie. Ek herken sy neus en hoë voorkop. Hy kom nader in die skemer, baie stadig. En ek wag. Ek weet: as hy langs my  kom, sal die Beretta onder die vlag verskyn en hy sal die loop oplig en daar sal 'n blou vlam uit die skemer spring. Hy staan naby my, meer as 'n kwartier; en die trein kom en ek klim in sonder dat hy hom aan my steur.

Voor die postkantoor in Mbabane, tussen die dooie vis-oë op die mark in Beira, skielik op 'n middag 'n ent agter my tussen die silwerbome teen Seinheuwel, op die gaasdek daardie nag op die Victoriameer onderweg na Muhutwe, in Swakopmund, Coquilhatville, selfs in Ibadan die laaste somer voor ek hierheen gekom het. 

En sedert ek hier is, verwag ek hom. Ek staan tussen die piesangbome en kyk hoe twee bantams in die stowwerige agterwerf onder 'n verskrompelde suurlemoenboompie skrop. Die middagson bewe teen die wit kombuismuur en die bougainvillea is 'n koorsige pers dans teen die staalgrys lug. En hy staan ineens in die voetpad wat van die rivier af opkom, die sweet silwerig in sy wenkbroue.

Dis anders as wat ek verwag het dit sou wees. Al die jare het my laat berus by die gedagte aan sy uiteindelike koms. Ek het gedink ek sal doodstil bly staan as ek hom sien; ek sal nie roer nie, ek sal nie wil vlug nie. 

Maar die vrees is eensklaps in my en so verskriklik soos die son. Hy staan daar, moeg en verwaarloos, baie ouer was wat ek ek verwag het. Sy hand beweeg na sy sak toe en ek weet hy wil sy Beretta uithaal, maar my hand lig na my gesig toe en ek wil sê: "Wag, Kirst - wag eers!" Tog: ek sê niks. My keel is kurkdroog en ek kry geen geluid uit nie; niks. Dis hy wat eerste praat; dis Kirst wat sê: "Dis jy..."

Jy weet seker teen die tyd al self: 'n mens se geheue, as hy ouer word, verloor sy skerpte. Jy het dit tog al ondervind? En nogtans huiwer ek om uit te vra - jy mag dalk dink dis 'n set om my onskuld te probeer bewys. Soos 'n naïewe kind wat 'n kat vermoor en dat met engel-oë fluit-fluit sy ma tegemoet stap as sy kom straf uitdeel. 

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Nee, Kirst. Ek sal niks vra nie. Ek sal miskien selfs nie eens my vrees probeer verberg nie. Ek moet net na jou kyk. En wag. Tog: dit sou eintlik makliker gewees het, sou dit nie? As ek net weer kon onthou? Vreemd, en miskien selfs 'n bietjie komieklik, dat 'n mens om die een of ander rede begin vlug, en verplig word om aan te hou vlug, sy hele lewe instel op dié vlug, hom uiteindelik geheel en al toewy aan die vlug - so toewy daraaan dat hy op die duur vergeet wat die oorsaak was van alles. 

Dis nie ter sake nie. ek weet. Wat ter sake is, is dat jy uiteindelik gekom het; dat jy my oplaas ingehaal het. 

Dis laatmiddag en die riete staan roerloos in die lui rivier. Ek kniel kaalvoet tussen die ronde klippe, skep die lou water met bak hande op, spoel die seep van my gesig en skouers en bors af. Die skuim dam om my bleek knieë, raak dan los en verdwyn weerskante van my kuite. Druppels water klou tussen my ooghare en in dié druppels gaan die son onder, hurk kameeldorings windskeef op die oewer, prik 'n rietsteel die groen aandlug. En, skielik, skuins langs die son, tussen die bome en die riete staan hy roerloos na my en kyk.

Ek maak my oë toe. Maar sy beeld bly. Deur my rooi ooglede sien ek hom staan en kyk, sy gesig uitdrukkingloos, sy arms slag langs sy lyf, net die een hand effens wakkerder as die ander.

Hy kyk na my nakende lyf soos na 'n klip. En ek onthou skielik hoe ek lyk. Die borsspiere reeds verslap, die skouerknoppe deesdae heelwat prominenter, die elmboë skerper, die dye witter en skraler, die are op my hande blouer. 

Dit kon jy my gespaar het, Kirst! Die nakende oomblik.

Maar ook dit, vrees ek, is nou van minder belang. En ek sukkel orent, trap onseker tussen die ronde en donker klippe. En staan regop voor jou in die water en my hande tas vernederd oor my vormlose skaamte. God, was dit dan nodig? By alles oook nog dié oomblik van algehele weerloosheid? Jy was van jongs af genadeloos, Kirst, baie deeglik en verskriklik sekuur. Dit is dan die oomblik, neem ek aan. 

Moenie lag nie, maar ek onthou ineens 'n vreemde vinger op die kaart van Afrika. Hoeveel verskillende nagte het ek hom uitgestuur op safari, al verveelder, 'n klein mikstok op soek na water, wat skielik seëvierend oor Angola of die Soedan stuit en sê: hier is Kirst vannag.

En soms, minder seëvierend, moeër, meestal in die lou en soete hitte van die somer, gebukkend oor 'n al verkreukelder kontinent, die verbitterde gebed: ek gee oor; ek speel nie meer nie. 

In die wit lamplig, die nag 'n onuitgesproke woord buite, die nag soet om die varings en die vlermuise, weet ek skielik dis hy wat voor die venster staan. En ek kyk op en sien sy eensame gestalte, effens onseker onder sy hoed. 

Hy kom uit die nat nag uit. Terwyl ek voor die venster staan en wag dat die klein grys geitjie sy korretjie suiker kom haal, flits die werlig by onsigbaar vinnig agter die reën. Maar die vlietende oomblik is genoeg  om hom te herken: hy staan na die huis en kyk, moeg in sy broeiende reënjas. 

Waar die meide bedags hul bruin mangopitte droogmaak in die son, tussen die donker bome, die eerste lig rosig teen die trosse frangipani's, staan hy skielik. Hy weet nie ek sien hom nie. Of miskien weet hy. Maar hy staan lank en kyk. Hy wag. En ek hou hom dop terwyl hy wag. Ek weet nie of ek bang is nie. Ek weet net dus heeltemal anders as wat ek my dit voorgestel het. Niks in die oomblik is buitengewoon nie. Dis maar net dagbreek en hy staan op die werf.

Dan, baie later, beweeg hy. Ek sien sy hand wegraak in sy broeksak. En dit bly daar. En op die agterwerf, halfhartig, hoor ek die bantam kraai. En hy kom oor die werf aan, tussen die bome uit. 

Die môre ruik na klam grond, na herfsgras, na kiewieteiers. Die môre ruik an Afrika, Kirst. En ek sien jou kom. Ek sien jou stadig aangestap kom oor die droë grint. En die houttrap kraak as jy dit bestyg, op jou gemak, glad nie haastig nie, glad nie bang nie. Ek kyk nie na jou broeksak nie, al wil ek ook. Nee, ek kyk na jou oë; ek soek na jou oë - want, God, jy het oud geword, Kirst! Heeltemal te oud. 

Heeltemal te oud. 

En ek sê, sonder dat ek wou: "Dag, Kirst."

En hy sê: "Dis jy..."

Chris Barnard

Honderd Jaar van Afrikaanse Kortverhale

Saamgestel deur Abraham H. De Vries

Vyfde Hersiene Uitgawe

ISBN 0-7981-3569-7

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >