# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Bobotie (6 Porsies) 

2              dik snye bruinbrood

500ml      melk (2k)

2             groot uie gekap

3             appelkoos konfyt (3t)

5ml          gemmer (1t)

2             eiers

               paprika (na smaak)

1kg         gemaalde vleis

              olie vir braai

15ml       kerriepoeier (3t)

75g        pitlose rosyne

1            pakkie beesstert soppoeier (69g)

2ml        droeë mosterd

             sout na smaak

5ml        aromat (1t)

Week brood in die helfte van die melk. Braai uie in bietjie olie tot sag en goudbruin. Voeg by kerriepoeier, gemmer, appelkooskonfyt en rosyne en roer. Voeg vleis by en roer, braai deeglik. Voeg soppoeier en brood by. Klits eiers en oorblywende melk, mosterd en sout. Voeg die helfte van die mengsel by vleis. Skep in oondskottel. Gooi res van melkmengsel bo-oor. Bak ongeveeer 45 minute teen 180C. Strooi paprika oor en bedien. 

WAAR WAS JY???

Kan 'n volkstryd soveel vra?
Hoeveel kan 'n jong hart gee?
Kan 'n volk in swye bly verduur
wyl die skadu's in die middernag
met skipbrekeling van trou
en onversplinterde hart, in vasgekluisterde vlaktewinde - 
blink oor 'n eensaam wang skuur.
Kan 'n kloof mense so vervreem
en hoeveel kan 'n hok uit 'n siel uit pers?
Kan 'n volk werklik apaties bly staar
wyl folter ure onbeperk
deur edel uurglas spoel
en die bose se koggelhoon
elke tikkende sekond
met Bosveldkoedoe
grasie
trotseer moet word?
Ek bly jou naam
steeds in ere dra,
maar hoor jy die stem
wat ook na jou hand vra?