# Afrikanerhart - die Trekpad van 'n Nasie

Pietie loop by 'n bar in, en gaan sit langs 'n moerse sexy blond, en staar na sy horlosie. Die blond sê: "Ag shame, is jou date laat?"

"Nee, ek is net besig om my nuwe watch uit te check, antwoord Pietie.

"So wat se daai horlosie van jou nou?" vra die blond nuuskierig.

"My nuwe watch sê my dat jy nie 'n panty dra nie."

"Jou horlosie moet gebreek wees, want ek het verseker 'n panty aan," antwoord die blond.

Pietie tik op die horlosie: "O, lyk my die ding is 'n halfuur of wat te vinnig!" 17.10.2017

1.

Ek wil net vir julle sê wees versigtig hier is 2 blonde 19-jarige meisies wat saamry geleentheid soek tussen Vereeniging en Alberton, as hul in klim soen een jou dadelik ander een maak jou broek los en gee jou 'n bj dan klim sy op jou en doen die daad, maar dis net om jou te beroof. Hulle het my maandag, dinsdag, woensdag en donderdag so gevang!! 

2.

Die blond stap op die strand en loop ‘n omie raak wat visvang. Blond: “Hoeveel visse het oom vandag gevang?. ”Omie: “Een galjoen." "Een galjoen!” gil sy en werp haar op die grond neer. “Dis verskriklik, hoekom doen oom dit aan die seelewe." "Hoe bedoel jy nou meisie?” vra die oom. Blond: “Hoeveel is een galjoen?"

3.

Blond soek werk by hardeware winkel. Bestuurder vra haar : “Ken jy die verskil tussen 'n spyker en 'n paperclip?“ Blond giggel van skaamheid en antwoord: “Nee meneer, ek was nog nooit gepaperclip nie maar dit klink lekker!“

4.

‘n Man waai sy arms om aandag te trek op die N1 waar hy langs sy gebreekte bakkie staan. ‘n Gawe blond trek af om die ou te help. Die man loop na haar kar toe: “Hello dame, jy gaan nie dalk Pretoria se kant toe nie?”, vra hy.“Sure”, antwoord sy. “Het jy ‘n lift nodig?” “Nee, nie vir my nie. Ek moet my bakkie probeer fix, maar hierdie twee chimps moet by die Pretoria dieretuin uitkom. Hulle is al klaar bietjie uitgefreak en ek wil hulle nie heeldag op die pad hou nie. Kan jy hulle dalk dieretuin toe vat? Ek sal jou R200 vir jou moeite gee.”

Met ‘n glimlag antwoord die blond:

“Natuurlik. Ek is mal oor diere! Ek doen dit met graagte!” Sy sit die twee outjies in haar kar en strap die seatbelts vas en daar gaan hulle. Paar ure later ry die man in Pretoria in en ry toevallig verby die blond en sien die chimps nog steeds in haar kar. Hy beduie haar om af te trek en hardloop hoogs die ^&*(*) in na haar kar toe. “Wat maak die chimps nog steeds in jou kar?!

Ek het jou R200 gegee en mooi gevra om hulle dieretuin toe te vat!” “Ek weet”, antwoord die blond. “Ek het hulle dieretuin toe gevat, maar daar is nog geld oor, so ons is oppad Brooklyn toe om te gaan fliek.”

5.

Hoe herken jy 'n blond by 'n begrafnis?
Dis die een wat die ruiker probeer vang.

6.

Hoekom staar die blondine vasgenael na die resepteboek?
Die resep se: "Moenie roer nie"

7.

Hoekom maak die blondine net een skoenveter vas?
Want op die skoen staan " Taiwan "

8.

Hoekom gooi die blondine krummels in die toilet?
Sy voer die Toilet Duck

9.

Hoekom staan 17 blondines buite die kroeg?
Want hulle moet 18 wees om te kan ingaan.

10.

Jammer, ek kan nie gaan draf nie," sê die blondine
"My walkman is stukkend."

11.

Wat het vier blondines in gemeen?
Niks waaraan hulle kan dink nie.

12.

Hoekom neem dit 'n blondine so lank om 'n soutpotjie vol te maak?
Sy sukkel om die sout deur die gaatjies te kry.

13.

Die blondine koop twee pakkies motbolletjies by die apteek.
Die volgende dag is sy terug om nog te koop.
"Sjoe, maar daar moet baie motte in jou woonstel wees," sê die apteker.
"Nie regtig nie," sê die blondine. "Ek sukkel net om hulle raak te gooi."

14.

Die man kom by die huis en kry sy blonde vrou bewusteloos voor die
televisie.
Na 'n groot gesukkel kry hy haar uiteindelik by. "Wat het gebeur?" vra hy. "Ek was besig om aërobiese oefeninge voor die TV te doen. Die instrukteur
het gesê: 'asem in, asem uit ....',
en toe gaan die krag af."

15.

Hoekom kon die blondine nie "11" skryf nie? 
Sy het nie geweet watter een kom eerste nie.

16.

Hoekom gee 'n mens nie vir blondines by die werk teetyd nie?
Dit vat te lank om hulle weer op te lei.

17.

Hoe hou jy 'n blondine ure lank besig?
Gee vir haar 'n papier met die woorde Blaai Om Assebief op albei kante geskryf.

18.

Daar staan twee blondines op 'n brug, reg om 'n reksprong te doen. Hoe weet mens watter een is eg?
Die een met die tou om haar nek.

19.

Op 'n dag kyk ek vir my vrou so, en sê: "Liefie, toe ons dertig jaar gelede getroud is, het ons 'n goedkoop woonstel en 'n goedkoop kar gehad. Ons het op 'n sofabed geslaap en na 'n swart-en-wit TV-stel gekyk. Maar ek het elke aand by 'n vuurwarm blondine in die kooi geklim. Nou het ons 'n mooi huis, 'n mooi kar en en 'n plasma TV-skerm. Maar ek slaap elke aand by 'n vrou van 55. Ek dink nie jy is besig om jou kant te bring nie. 

My vrou is 'n baie redelike mens. Sy sê toe ek moet gaan en vir my 'n warmbloedige, hot sexy 25-jarige blondine soek. Dan sal sy wat my vrou is, seker maak dat ek weer in 'n goedkoop woonstel bly, in 'n goedkoop kar ry, en op 'n sofabed slaap en na 'n klein swart-en-wit TV kyk. 

20.

Dit was die dag dat die dominee kom huisbesoek doen, en pa was weg vir werk. Klein Sannie se ma besluit toe sy sal maar vandag vir dominee ontvang saam met haar blondekop dogtertjie. Sannie is egter goed voorgesê voor die dominee gearriveer het. 

"As die dominee vra wat jou naam is, wat sê jy?"

"Sannie!"

"As die dominee vra hoe oud jy is?"

"Ses jaar!" 

"En as die dominee vra wie het jou gemaak?"

"Hmmm...O ja, Liewe Jesus!" 

So het die dominee opgedaag en inderdaad gevra na die mooi blondekoppie se naam en hoe oud sy is. Die derde vraag het selfs sy opwagting gemaak. 

"En wie het jou gemaak Sannie?"

"Hmmm...mamma het vir my gesê wat die oom se naam is dominee, maar ek het 'n bietjie vergeet!"

21.

Pietie loop by 'n bar in, en gaan sit langs 'n moerse sexy blond, en staar na sy horlosie. Die blond sê: "Ag shame, is jou date laat?"

"Nee, ek is net besig om my nuwe watch uit te check, antwoord Pietie.

"So wat se daai horlosie van jou nou?" vra die blond nuuskierig.

"My nuwe watch sê my dat jy nie 'n panty dra nie."

"Jou horlosie moet gebreek wees, want ek het verseker 'n panty aan," antwoord die blond.

Pietie tik op die horlosie: "O, lyk my die ding is 'n halfuur of wat te vinnig!"