Wie sal?

Wie sal onthou as ons vergeet
en wie sal nog ons waarheid weet,
ons antwoord gee op al hul vrae,
onthou van al ons mooiste dae – 
die dieptes ken van al ons leed?

Wie sal nog praat as ons nou swyg
oor alles wat ons volk bedreig?
Hoe sal ons dan oorlewing vind
as ons nou nutteloos ontbind – 
gaan lê en net na asem hyg?

Wie sal kan sien as ons verblind
geen koers of rigting meer kan vind,
deur duisternis maal sonder lig,
met vensters toe en deure dig – 
net wegwaai soos die westewind?

Wie sal nog hoor, lawaai verdoof, 
die ware woorde van geloof,
is als vir ons finaal verby
‘t die Boerestam verniet gely – 
nou uitgekap en oopgekloof?

Wie sal ons soek as ons verdwyn
of afbreek soos ’n stukkie lyn,
ons lewensdraad probeer te las
selfs net onthou dat ons hier was –
of meeleef met ons sterwenspyn?

© Pieter F. Bruwer