Wens

Posted by Paul Joubert on Friday, November 27, 2015 Under: Afrikaans: Gedigte

Die seerkry in jou oë
is woorde ongesê
van liefdesdrome
wat brokstuk om jou voete lê.

Jou gisters is versplinter,
oor jou toekoms druip die nag
en waarin sterreprag moet glinster
skroei die pynvlam van vandag.

Ek wil die hemel vir jou losbreek
rosynekoeke bring,
jou met soetappels verkwik
en ʼn bossie nardusblomme
soos ʼn string geluksklokkies
om jou hals rangskik.

© C. Potgieter

In : Afrikaans: Gedigte 


Tags: wens  afrikaans gedigte 
www.myvolk.co.za Logo